Artikels
Sosiale netwerke in die soektog na ‘n werk
In vandag se artikel handel ek oor hoe jy in jou werksoek van die sosiale netwerke gebruik kan maak. Dit gee idees vir jong mense, maar ook vir ouer persoon wat werk soek. In hierdie tye waarin ons leef met die hoë werkloosheid behoort ‘n mens nie net die gewone kanale te gebruik nie. Jy moet inderdaad wyer kyk en ook van die sosiale netwerke gebruik maak. Van hierdie wenke en riglyne wat ek hier noem, het ek deurgegee aan Marlene Malan, joernalis, wat vir die Talent-adeling ...............................................................
Lees meer....


Hoekom bly jou drome jou ontwyk?
Daarom jou idee is nie veel werd op sy eie nie. Dit is eers wanneer dit in jou hande is en jy daadwerklik iets daarmee doen, dat jou idee en droom krag en energie kry. Dis eers wanneer jy jou idee in aksie omskep wat sukses bereik word...............................................................
Lees meer....


Perspektief op jou lewe en probleme
Ons almal ondervind een of ander tyd probleme. En meeste van ons beleef maar dieselfde soort probleme. Dit is egter hoe ons hierdie situasies hanteer wat verskil van mens tot mens. Die perspektief waarmee jy na jou probleme kyk, is belangrik. En dit is nodig om dinge in hul relatiewe belangrikheid tot die groter prentjie te sien. Hoeveel mense hou hulle besig om met onbenullighede hulself te kwel en tyd te mors? Soveel mense trek dinge heeltemal uit proporsie uit en dit .............................................................
Lees meer....


Tyd vir versoening
Ek het Maanadoggend op RSG met Martelize Brink gesels oor die onderwerp van versoening. Hier is so ‘n enkele aantekeninge oor hierdie onderwerp. Natuurlik kan ‘n mens veel meer oor die onderwerp sê, maar hier is my paar gedagtes: Die eerste vraag is: wat beteken versoening? Versoening beteken om weer vriende te word. Om die stukkende verhouding reg te maak, om die verhouding te herstel. Dit gaan nie daarom net om die onreg reg te maak nie, maar versoening beteken dat ons......................................
Lees meer....


Positief vir die nuwe jaar
Nog ‘n nuwe jaar het aangebreek. Maar kan ons werklik positief wees oor die jaar wat voor ons uitstrek? Daar is soveel negatiewe en slegte dinge in hierdie wêreld waarin ons lewe. Neem maar net die gevolge van die resessie op baie mense se lewens. Meer as 8 miljoen mense in Suid-Afrika is in ‘n skuldlas vasgevang waaruit hulle nie kan kom nie. Die meeste ekonome voorspel die resessie se impak sal in 2012 voortduur. Daar is steeds dinge soos korrupsie en misdaad en werkloosheid wat........................................
Lees meer....


Riglyne vir ‘n positiewe vakansie
Dit is weer Desember. Vakansietyd. Maar vakansietyd is ook ‘n tyd wat jy nuttig kan gebruik om as mens te groei en die nuwe jaar met energie, dinamika en ‘n lus vir die lewe te begin. Sommige mense hou vakansie, doen so min as moontlik, raak gou verveeld, eet en drink oormatig........................................
Lees meer....


Verkry ‘n Gebalanseerde Persoonlikheid
Wat is ‘n gebalanseerde persoonlikheid? Dit is nie so ‘n maklike vraag nie en kan uit verskillende perspektiewe benader word. Maar om dit eenvoudig te stel: dit is om op ‘n gesonde wyse balans te vind in jou bestaan, handelinge en emosies. Soms wonder ‘n mens of alles wel is met jouself. Iemand kritiseer jou en jy begin dink of daar nie dalk regtig fout met jou is nie. Of omstandighede draai teen jou en jy begin twyfel aan jouself. Dalk voel jy soos ‘n mislukking, leeg en............................................
Lees meer....


Hoe maak jy dat mense van jou hou
Ons wil almal baie graag hê dat mense van ons moet hou. Maar hoe doen ons dit, hoe kry ons dit reg? Ek bespreek so ‘n paar idees en gedagtes hieromtrent aan die hand van Dale Carnegie se boek Hoe om Vriende te wen en Mense te beïnvloed. In my praktyk, waar ek baie mense konsulteer, het ek gesien en waargeneem wat dit is wat maak dat mense van jou hou of nie, en ek sluit ‘n paar persoonlike waarnemings en wenke in. Dan het my skoonma my nog altyd daarop gewys wat ek.................................
Lees meer....


Doen die werksonderhoud met sukses
Jy is genooi vir ‘n werksonderhoud. Die firma het jou CV deurgelees en besluit jou kwalifikasies en ondervinding is dalk net reg vir hulle. Maar die werksonderhoud sal die finale deurslag gee. Daar is ook ander aansoekers en die werksonderhoud kan die verskil maak of jy die aanstelling kry of nie. Dit is dus belangrik dat jy weet hoe om ‘n werksonderhoud te hanteer. Eerste indrukke is belangrik en heel dikwels blywend. Dra sorg dat jy in die eerste paar sekondes ‘n kragtige en positiewe indruk skep. Hoe doen jy...................................
Lees meer....



Copyright © 2005 All rights reserved. Dr ST Potgieter
email: st@pitkos.co.za