Staan opStaan op
ST se nuutste top verkoper
Staan opStaan op

Vandat jy gebore is, het elke asemteug, elke besluit en elke aksie jou gelei na hierdie tyd van moeilike omstandighede en swaarkry.

Rampe en krisisse tap die energie en lewenslus uit jou hele wese. Dit laat jou moeg en moedeloos; sonder rigting en sonder hoop. Jy veg teen magte wat jou verswelg tot jy uiteindelik alle hoop verloor.

Mense het jou seergemaak. Onreg het jou verniel. Omstandighede het teen jou gedraai. Ernstige probleme staar jou in die gesig. Selfverwyt oor verkeerde keuses druk swaar op jou gemoed.

In Staan op in Moeilike Tye vind jy antwoorde en oplossings vir daardie donker dae in jou lewe. Hierdie is ʼn praktiese gids met toepaslike riglyne om op te staan en te seëvier wanneer storms om jou slaan.

Hierdie boek gaan oor wanneer jou wêreld inmekaar tuimel; wanneer jy al dieper wegsink in die put van gemors en jy nie weet hoe om dit te keer nie. In hierdie boek kry jy antwoorde en riglyne oor hoe om op te staan uit die modder van ellende; hoe om moed en krag te kry om vir ‘n nuwe begin.

Platgeslaan, vertrap? Jy kán opstaan, oorwin en nuut begin.

Die boodskap is duidelik: daar ís hoop en daar ís rigting.

Staan op in Moeilike Tye – ‘n geskenk eerstens vir jouself. Maar ook vir iemand vir wie jy lief is en omgee, iemand wat dalk deur moeilike tye gaan en wie se wêreld inmekaar tuimel. Hierdie boek is vir jou wanneer alles donker en hopeloos geraak het.

Staan op in Moeilike Tye is ‘n boek van 256 bladsye – dit is dus ‘n stewige boek met propvol inligting. Die uitgewers is Naledi-uitgewers. So gaan loer in by jou naaste boekwinkel en vra vir die boek. Indien die boekwinkel nie die boek het nie, vra dat hulle dit asseblief van Naledi-uitgewers bestel. Meeste Exclusive Boekwinkels het die boek op hul rakke en CNA het ook die boek vir hulle takke landswyd bestel. Indien ‘n winkel nie Staan op in Moeilike Tye op die rak het nie, kan hulle dit van Naledi bestel.

Die Naledi-uitgewers het ook die volgende inligting aan my deurgegee:

Direkte verkope, vir onmiddellike en effektiewe uitvoer van bestellings van “Staan op vir Jouself”, by On the Dot:  0861 668 368

Of www.onthedot.co.za bestel by NALEDI

As spesiale vergunning vir Pitkos lesers kan jy enige tyd vir Johnny, die bemarkingsdirekteur van Naledi, skakel by 071-850-8350.

Daar is een boek wat op jou boekrak tuishoort: Staan op in Moeilike Tye. 

Word n aanhanger van ST se nuwe top verkoper en lewer kommentaar

Facebook Logo