Briewe van ons Lesers Stuur
briewe en korrespondensie vir my aandag na st@pitkos.co.za. Goeie
dag ST - ek gebruik elke een van die 10 punte. Ek glo ook dat die Heilige Gees
my lei deur vir my 'n gevoel van vrede te gee wanneer 'n saak waaroor ek nie
heeltemal seker is nie, wel reg is nadat ek daaroor gebid het. Dit hou
negatiewe gevoelens uit my gedagtes omdat ek vertrou dat die Here my deur sy
Gees lei en ek vertrou dus die gevoel omdat ek weet dis eintlik Sy leiding.
On 22 June 2006 I had a fire at my house and being a single parent, this severely traumatised me and my children.I looked at the negative impact this was having on our lives and also counted the costs. We were without our house for 6 weeks.In retrospect, I have sooo much to be thankful for, inter alia, there was no loss of life or limb, material possessions were replaced, we were accommodated by neighbours, I was released from a bad relationship with a man, etc. This also links with your next newsletter
on Positive Thinking. So often we miss the message when something happens to
us. We first see the negativity and therefore lose the lesson! Thanks for your "pitkos"....it
is indeed nourishing to the mind and spirit!!! God bless - Pat Baie
dankie vir u nuusbriewe ek Dankie Dr potgieter vir sulke
inspirerende geselsies (briefies) Ek
geniet dit baie en maak gebruik daarvan. Ek stuur dit ook aan mede
kollegas en vriende. Hoe meer mense positief is en bid… kan ons ons dan ‘n
verandering bring in ons land SA. Groete
- Haneley Goeie Môre - Baie dankie vir julle mail. Dit
is wonderlik!!! Mag die Here julle ryklik seën.Vriendelike Groete - Danea Baie,
baie dankie. Ek is 'n onnie en ly aan depressie. Is af vir 3 maande. Sterkte
met wat u doen. - Gerhard Dankie Dr Potgieter vir hierdie positiewe
nuusbrief - dit is lekker om "tools" te kry... hoe om positief die lewe
aan te pak! Groete - Karin Dr Potgieter - dankie vir die voorstelle oor positiewe
denke. Dis 'n pragtige en insiggewende artikel. Vir my die beste
manier om positief te wees is om 'n mens se seëninge te tel. Wanneer ek
soms moedeloos raak en negatief wil raak dink ek maar net aan die
minderbevoorregtes. Daar is duisende mense wat in totale armoede
voortleef elke dag met geen vooruitsig van 'n beter lewe nie. Hulle is
meestal juis die mense wat altyd lag en vriendelik is. Of natuurlik
wanneer ons vrouens oud en lelik voel sien 'n mens 'n "make-over" op
TV van 'n vrou wat Alopecia het met geen hare op haar kop nie, en weer eens
moet 'n mens jou kop in skaamte laat sak omdat jy dalk ontevrede is omdat jou
hare nie sus of so is nie of jou oë te klein is, of jy 'n bril moet dra of wat
ookal. Die belangrikste is natuurlik 'n mens se gesondheid. So baie
mense is in hospitale of inrigtings. Dus is gesondheid sekerlik ook 'n
baie groot seën. Maar nou ja 'n mens bly mens en vergelyk jou nie altyd
met die negatiewe nie, maar soms met dié wat baie meer het en wie se lewens
baie makliker lyk. Groete en dankie vir jou Nuusbrief, dit het groot waarde
en is soms net die regte ding op 'n gegewe oomblik. - Wena Baie dankie vir die voorreg om jou e - mails te kan ontvang. Dis baie leersaam en beteken baie vir my. dankie vir jou as mens wat vir jou medemens omgee. Groete - Ilze Dankie
vir jou mail, ST, sjoe maar jy werk darem laat snags, is dit hoe jy by al die
positiewe denke uitkom, in die middel van die nag? Wel ja dit is seker ook al
tyd wat jy kry om bietjie rustig te raak, weereens dankie vir jou e-mails ek
sien altyd baie uit daarna!! Lekker dag vir jou. Groetetjies - Tania Dr ST - baie dankie vir hierdie stukkie
inspirerende boodskap. Dit is Ironies dat ek onlangs tot dieselfde besef gekom
en `n besluit geneem. Die tien voorstelle kom nie `n minuut te laat nie. Dit is tog so belangrik dat `n mens op
die positiewe fokus. Een van die beweegredes vir my besluit was toe ek `n Epos
ontvang het van verhongerde mense van ons Vaste Land Afrika. Die prente wat my
die ergste getref het was die van mense wat te swak is om te eet en diegene wat
van die grond af eet en selfs tussen diere enige iets wat beskikbaar is. Hier
sit ek en sit en kerm oor hoe swaar ek kry. Die volgende oggend het eers vir die Here
begin dankie sê. Ek het besluit om my seëninge te tel. Ons het baie om dankbaar
te wees en ek het my dit ten doel gestel om wanneer mense kla om positief
te bly en mense op die positiewe te wys. Filippense 4:13 is teen my muur opgeplak enige
persoon wat my kantoor binne kom en ek ook wanneer ek elke keer na my
lessenaar terug stap. (Maklik 70 keer pd). - Harry Goeie môre - baie baie dankie vir die baie bemoedigende en
positiewe brief wat ek van oggend ontvang het en ja, dit is baie spesiaal vir
my.
Beste
ST - die gekopieerde mense sukkel om te registreer vir die weeklikse nuusbief
op die webwerf en om dit te ontvang. Kan u asb. die probleem oplos?Ek het hulle
e-pos adresse gekopieër op die skrywe. Baie dankie vir jou waardevolle
nuusbrief. Groete - Noel Beste Dr ST - ek gaan my bes probeer om hierdie 10 stappe in my lewe te
gebruik. Ek en drie van my vriendinne hier by SARS (elk in verskillende
afdeling) kom elke oggend voor werk in my kantoor bymekaar, dan trek elk van
ons n kraartjie uit n houer waarop staan ‘BROOD VAN DIE LEWE”. Hierdie houer
met kaartjies, is kaartjies met Bybel versies op en elk oggend trek ons so n
kaartjie en lees dit hardop vir mekaar. Dit is vir ons al so n instelling om
dit elke oggend te doen en dankie te sê vir ons Hemelse Vader vir hierdie dag
en ook om so dan mekaar te ondersteun, te bemoedig en mekaar positief te maak
vir die dag wat voorlê. Ek glo nie een van ons kan n dag meer begin voordat ons
n kaartjie getrek het en ons Hemelse Vader daarvoor gedank het nie. Hierdie
nuusbrief van jou dokter gaan ek ook met hulle deel. Beste groete en n
wonderlike dag vir u - Elize Dr. ST - Dankie vir weereens waardevolle
inligting, gedagtes en motivering. Dit gaan dol hier bo in Pretoria, maar jou
nuusbrief gee altyd so bietjie vars en waardevolle "skop" vir die
week. 'n Gemotiveerde en nederige luisteraar. Vriendelike Groete - Naldine Hallo ST - Baie
dankie vir vanoggend se boodskap wat vir my baie beteken. Ja, dis so maklik om
ingetrek te word by negatiewe gedagtes, geselskap of die werksomgewing.. Dit is
‘n doelbewuste besluit wat ek elke dag moet maak om positief te bly… Wanneer ek
negatiewe gedagtes kry, probeer ek konsentreer op al die seëninge wat ‘n mens
as so vanselfsprekend aanvaar (soos om te kan loop, vriende & familie te
kan hê, ens), ..en vrede te maak met dit wat ek nie het nie! Groete - Suné Hallo ST - dankie, ek waardeer jou
nuusbriewe. Eintlik sien ek uit daarna. Dankie ook vir
die stukkie oor dankbaarheid. Weet jy, al die jare wat ek nie kon
gesels of praat nie, het ek my teruggetrek. Nou begin ek en my man eers
ordentlik kommunikeer. En ons het 23 jaar agter ons waarin ons baie gemis
het. Baie verloor het. Gelukkig het ons 'n 2de kans. Dit is
nie almal wat 'n 2de kans kry nie. En daarvoor is ek dankbaar. Daar
is nog baie MISVERSTANDE. Maar ek probeer my bes. Dit is nie
iets waaroor 'n mens wil gesels nie, maar my huwelik het bestaan uit skoonmaak,
kosmaak, kinders grootmaak en werk. Niks verder nie. Dit is nou nog
'n aanpassing om aanraking te aanvaar. Ek was so, dat as iets net lyk dit wil
verkeerd loop, het ek al gesê, moet asseblief nie skiet nie, ek is reeds
gewond!! Ek is 'n geknakte riet en 'n rokende lamppit. Ek het nooit ophou kerktoe gaan nie, en
nooit ophou glo nie. Ek het selfs tot verlede jaar, by ons "ou gemeente"
vir 10 jaar lank Sondagskool gehou. Die kerk gaan nie oor wette, reëls,
ordes en voorskrifte nie, maar oor verhoudings. So skryf Paulus vir Titus
wanneer hy sê dat gelowiges sensitief moet wees vir mekaar en dat hulle
bedagsaam moet wees teenoor alle mense. Skinderveldtogte en liefdelose optrede
is aan die orde van die dag. Onlangs het ek 'n leraar hoor kla oor hoe
liefdeloos sy kerkraad hom behandel. Sonder dat daar ooit direk met hom gepraat
word, word vals stories oor hom versprei en deur kerkraadslede as die waarheid
oorvertel. (Ek het elke dag gehoor hoe 'n sleg ma ek is, 'n hoer,
'n meid, 'n teef, ag, alle name, soveel so dat my selfvertroue daarmee heen
was.) Trouens, so erg gaan dit al dat sy bediening aan flarde is en dat
hy besluit het om tou op te gooi. Dit breek my hart as ek sulke stories hoor.
Ek wonder of daardie gelowiges al Titus 3:2 gelees het. Ek wonder of hulle
verstaan dat die lewende God van hemel en aarde van hulle verwag om inskiklik
en sensitief te wees en om ander bedagsaam te behandel. So, dankie vir jou tyd, liefde, aandag
wat ek deur jou skrywes kry. Groete - Hanni Geagte
Dr Potgieter sal u so goed wees om ons ook in te teken op U Pitkos. Vriendellik
Groete - Heidi Goeie dag my
naam is Jennifer, Ek is pas kennis gegee by my werk en moet die einde van die
maand klaar maak ek het nog nie ‘n ander werk gekry nie, Ek glo ek sal ‘n ander
werk kry mar ek probeer om alles wat positief is in my lewe te kry want ek was
vandat ek kan onthou negatief en was in inrigtings en het al vele sielkundiges
gesien. En ek wil nie weer daardie paadjie volg nie, my pastoor het vir my
sondag in die kerk gese die venster van die hemel is nog oop op my en dit het
my nog moet gegee. Mar ek is moeg gesukkel en ek hoop en bid net alles wil net
reg kom ek weet ek kry ook nie altyd tyd om te bid of om die here te dank vir
alles wat hy my gee nie, mar vandag wil ek hom dank vir die lewe en die krag
wat hy my gee, want ek weet dis alles vir ‘n doel al verstaan ek dit nie, en al
raak ek partykeer so kwaad vir Hom dat ek met Hom stry en baklei mar ek weet
dit sal regkom ek hoop so en hoop dit gebeur gou en vra dat ek net die krag
moet kry om net nog deur die te gan want ek is emosioneel en fisies uitgeput!
Ek het nou onlangs weer begin kerk toe gaan want ek weet ‘n mens het die here
in jou lewe nodig en nie net as ‘n spaarwiel nie mar as ‘n stuurwiel!!!!!
Daarom wil ek net weereens vir die Almagtige Vader baie dankie sê vir alles wat
ek het ek weet daar is mense met groter probleme as ek en met baie minder as ek
en dankie dat ek nog my hele gesin het! En ek vra dat U heilig bloed oor hulle
sal pleit en hulle sal beskerm waar ookal hulle sal gaan! In U naam alleen en
laat U wil geskiet Amen!!!!! - Jennifer Beste ST - eerstens, baie dankie vir jou
weeklikse nuusbrief - ek geniet dit baie.Tweedens wil ek net vra of jy nog
steeds `n boekie/inligting beskikbaar het oor studie metodes. Ek verbeel my ek
het êrens gelees dat jy in `n stadium so `n boekie beskikbaar gehad het. Ek sal
dit waardeer indien jy my kan laat weet, asb. Baie dankie by voorbaat. Groete -
Dalene Beste
Dr. Potgieter - dit was vir my baie aangenaam om `n nuusbrief wat u geskryf via
`n vriend te Hallo
ST - ons soos blare wat warrel in die wind van die lewe.En ons kom van
verskillende bome en dieselfde wind is die ritme wat ons deel.Maar dit is so
jammer dat ons partykeer so na by mekaar verby warrel en nie die tyd maak om
saam die oomblik wat die wind spesifieke unieke blaar langs jou laat rus te
deel nie. Baie dankie vir die pragtige boodskap wat
tog so waar is, hoe maklik vergeet 'n mens (ek) nie om dankbaar te wees vir
alles wat ek so mildelik in die lewe ontvang nie en is so geneig om altyd aan
die slegte kant te dink. Dit is 'n boodskap wat my weereens laat besef het en
dadelik dankie gesê het vir al die seëninge in my lewe. Mag u geseënd wees omdat
u die boodskappies so mooi aan baie oordra. Groete. - Kowie Ek het vandag 'n e-pos ontvang en die
foto van die honger kindjie het net weer eens my hart aangegryp - ons
besef nie hoe geseënd ons is nie! Ek gee dit vir jou deur. Mooi dag
en nogmaals dankie vir al jou nuusbriewe - ek waardeer dit opreg! Groete - Rose Hi
ST - ek hoor jy was weer die Dynamic Dynamite en dan jy 'n klub in Potch of
êrens gaan begin. Jy dra ons klub se naam hoog en kyk net hoeveel lede het al
aangesluit deur jou. Ons het net 4nuwe lede die hele laasjaar gehad en nou
binne die eerste 2maande trek ons al by 5!! Hallo
Dr - ek wil net baie dankie sê vir die opbouende nuusbrief van 12/09 oor dankbaarheid.
'n Mens weet al hierdie dinge, maar dit word weer in perspektief geplaas
wanneer mens dit lees en oordink - ek sê ook dankie dat Dr gehoorsaam is aan
die roeping van ons Here om ons op hierdie manier te Hallo Salomon - Ek het dit REGGEKRY!! Kyk op die
"home" bladsy van http://www.sunlandsouthafrica.co.za. Byna
onder is die koppeling (Link) na PITKOS. Hoop dit help! Ek het nog baie
reklame om te doen. Vriendelike groete - Mien Goeie more ST - Baie dankie vir hierdie
wonderlike gedagte van vandag, dankbaarheid!!!!!!
Beste Dr. Potgieter - baie dankie vir
hierdie week se nuusbriefie - wat 'n inspirasie!!. Ek gaan hierdie
boodskappie van jou uitdruk en teen my yskas plak sodat, nie net ek nie maar
elkeen wat my kombuis betree hierdie positiewe lessie kan lees en hopenlik self
ook probeer toepas. Weens al die misdaad en algemene
agteruitgang van ons pragtige land is dit werklik moeilik om positief te
wees aangesien ons dag en nag onrustig en op ons hoede is en eintlik nooit
werklik kan ontspan nie (veral as 'n gesin al verskeie kere aan die
ontvangkant van misdaad was). Ek gaan werklik 'n positiewe poging
aanwend om elke dag my dankbaarheid teenoor my Skepper te bely en so ook, in
dieselfde gees van dankbaarheid, met ander te probeer omgaan. Hou
asseblief vir my duimvas! Baie groete en beste wense - Elize Baie
dankie ST, ! Hoop dit gaan goed met jou, ek net baie besig by werk, ons oestyd
begin so dit gaan rof, hoop jy het 'n lekker dag, groetetjies - Tania Baie dankie dr. vir die wonderlike
aanmoedigings wat ek van u ontvang op so 'n gereelde basis.Dit laat 'n mens
dink en weer met ander oe na jouself en alles wat die Here elke dag uit sy
groot genade aan jou uitdeel kyk.Ek is 'n boer van beroep in die Douglas[Noord
Kaap] omgewing langs die Vaalrivier en sien die mooi van die skepping in
die vlug van die visarend elke dag-hoe volmaak God alles gemaak het.Ek wens ek
kon elke dag hierdie inspirerende brief van u ontvang-ek dank u daarvoor.Mag u
'n fantastiese dag ervaar. Groete - Henk Hi ST -
Dankie vir jou praatjie nou die dag by my werk, … Eiendomme. Dit is baie
van toepassing en maak baie sense, veral as mens deur dieper waters is, dan is
iets soos eiendomsdeal wat nie uitwerk nie, nie so verskriklik nie! Dit is
dieselfde van jou kop optel elke liewe keer en weer voortgaan, en LEER daaruit!
Hallo Salomon - Met DANKBAARHEID in my
hart het ek die skrywe ontvang! Soveel dinge het oor ons pad gekom die
jaar, goed en sleg, vreugde en hartseer, skok en verrassing, te veel om sonder
GOD te hanteer. Ons het 'n eie Besigheid
begin, en na 4 maande se DROOGTE het dinge skielik 'n ander wending begin neem
en dank ek GOD vir die vertraging: mens kan terugkyk en besef SY TYD is
die REGTE TYD! Wat kantoor betref, is ek nou al veel
meer professioneel - dinge moet nou net in plek val sodat ons vir ander ook
werk kan skep. Ek het min geskryf die afgelope tyd -
werk letterlik dag en nag om ook ons webblad reg te kry - baie navorsingwerk en
ook erg tydrowend. Dit stimuleer egter die brein ook en wat wil mens
meer? Hoop dit gaan baie goed in die Kaap, Hierdie jaar het ons 'n
buitengewone koue winter beleef en heelwat van ons plante is deur die swart ryp
getref, maar die tuin word alweer pragtig. Hoop om gou weer van jou te hoor en is
ook so dankbaar dat ek weer jou omsendskrywes kan ontvang - vir ‘n tyd lank het
niks opgedaag nie. Dan ook het ons in Bemarking geleer dat
mens niks kry as mens nie vra nie: Aanbeveling om van ons dienste
gebruik te maak, sal hoog waardeer word. Ons kan dit met trots vra, want
het al ambassadeurs en verskeie ander buitelanders vervoer, en ook van een
stugge Duitser 'n brief van waardering ontvang met mededeling dat hy weer van
ons dienste gebruik sal maak - hy kom gereeld na sy fabriek in die
Pretoria-omgewing. Hou die blink kant bo! Vriendelike groete - Mien Hallo ST - ek het jou praatjie van
Saterdag baie geniet. Gryp elke geleentheid aan. Ek het in die
afgelope twee jaar ongelooflike geleenthede gekry om te groei en ook om te
besef dat 'n mens is werklik tot meer in staat as wat jy dink. Ek was by meer as een geleentheid in die
diep kant gegooi, en moes besluit. SINK OF SWEM!!! Ek het besluit om positief te wees en het
so lekker geswem dat ek myself sommer in 'n nuwe selfvertroue
"bracket" ingeswem het. Soms verval 'n mens in 'n groef waar jy
nie dink jy kan 'n beter lewe hê nie, maar dit is wonderlik waneer jy besef die
lewe kan jou so verkeerd bewys. Ek het byvoorbeeld my kinders self groot
gemaak ten minste die eerste 9 jaar, maar moes weens omstandighede weer uitspring
en gaan werk. 'n Nuwe wêreld het vir my oopgegaan en ek is ewig dankbaar
vir my positiewe geaardheid, want ek het leer skilder, groot funksies gereel en
BAIE mensekennis opgedoen ens. in die proses. Ek het met Saterdag se praatjie
geidentifiseer! Dis lekker om te lewe en selfs al is daar die donker dae,
kan 'n mens weet dat daar altyd weer die goeies vorentoe sal wees. Bly altyd so
positief en prettig. Dit was lekker om jou weer te ontmoet. (Ek
lees gereeld jou Tygerburger rubriek!) Groete - Amelia Môre ST - Eerstens wil ek sê baie dankie
vir hierdie brief van dankbaarheid. Dit het net so op die regte tyd in my
lewe gekom. Mens het soveel dinge om voor dankbaar te wees, maar is
geneig om altyd net die negatiewe en verkeerde dinge raak te sien en daarop te
lewe. Soveel dinge dra by daarna toe maar het ek net vanoggend weer eens besef
om die negatiewe dinge en mense wat jou lewe negatief beinvloed omdraai en
positief na alles te kyk want daar deur word mens versterk en net weer bewys as
ek positief bly dan kan dit net goed gaan met my. Dis baie keer moeilik
maar met genade van Bo is alles moontlik. ST dankie vir al die briewe wat jy
uitstuur, dit help baie en baie keer op die regte tyd kry mens net weer daardie
ekstra stootjie wat jou weer aanhelp. Geniet die dag en hoop die lente maak
sommer baie donker wolke helder. Groete - Caren Goeiedag Dr ST - Ek het gewonder of u dalk moontlik vir my raad kan gee
oor my kind se probleem op skool.Ons woon in Kempton Park… Is daar enige raad
of advies wat u moontlik aan my kan gee? Ek as ouer hou egter vas aan die Here,
want ek weet deur gebed kan alles reggemaak word. Die Here het my seun al
so baie geseën. Ek hoor graag van u. Byvoorbaat dankie. Jesus groete - Liana Beste dr ST - Dit klink so maklik om te sê: neem beheer van jou lewe, maar daar is omstandighede buite ‘n mens se beheer wat jou lewe beinvloed… Dis om die minste te sê “hel’ om in sulke omstandighede te lewe. Kortliks, mens word in elke opsig “beheer en gemanipuleer ”. Wat is die doel van so ‘n lewe? Hoe behou mens nog jou drome? Somstyds is dit moeilik om op God te vertrou en nog op Hom te fokus. Is daar genesing vir sulke mense en hoekom hoor jy nooit van geesgestremdes wat genees is nie? Groetnis - Annetjie Hallo ST - Goed
om weer van jou te hoor! Dit was vir my aangenaam om jou te
ontmoet. Baie dankie
vir jou inspirerende praatjie Saterdag – jou boodskap het my weer bewus gemaak
dat ‘n mens nie bang moet wees om nuwe geleenthede in die lewe aan te pak/uit
te probeer nie (al is daar die moontlikheid van mislukking). En om te misluk, is ook nie die einde van die wêreld nie en is menslik. Sal myself net daaraan moet herinner by tye!
Beste ST - dankie vir die stuk wysheid. Nadat ek
hierdie stuk gelees neem ek die vrymoedigheid om die e-pos aan te stuur.
Ek plaas die afgelope paar maande elke Sondag “My Gebed Vir Die
Week” op die Kletskerk en ander webwerwe. Die inspirasie daarvoor is dit
wat ek gedurende die week ervaar en beleef. Ek sou dit graag vir jou wil
aanstuur vir jou briewe kolom, as ek mag, en dan kan jy dit gebruik of nie
gebruik. Ek wil nie jou webwerf “cloud” nie, maar op die wyse begin ons as christene ʼn ketting van week
tot week. 1. Dankie dat daar miljoene mense
vandag met sang en gebed U kon loof en prys 2. Dankie dat ons almal wat siek is
aan U kan opdra, die wat fisies en andersins siek is soos o.a. depressielyers
(2 Kor. 7:5-7) 3. Dankie dat ons nie in U krag
hoef te twyfel nie, U krag wat U aan ons gee is dieselfde krag wat Christus uit
die dood opgewek het (Efes 1:18-23). Here 1. Help ons met ons monde en dade U
elke dag te bely. 2. Die druk op ons gewone mense is
sommige dae net te veel om uit eie krag te hanteer, help ons om dan onsself na
U te draai en te mag vra – help ons ! (Efes 1:18-23). 3. Ons raak baie keer mismoedig
want dit lyk asof U, U rug op ons draai, ons voel dan verlore. Help ons
om dit te verstaan, want Here, dit is moeilik om te verstaan. Groete en sterkte - Rico Beste ST - baie dankie vir hierdie
ongelooflike skrywe, ek het dit vandag verskriklik nodig gehad, ek sal hierdie
brief oor en oor lees, dankie vir jou en jou wonderlike bediening. Ek sal graag eendag by jou ‘n afspraak reel
en dalk kry ek iets spesiaal wat ek nodig het.
Maar baie dankie, jy is ‘n blessing. Sterkte ook vir jou! Mooi dag - Riekie Hi
dr - dankie vir jou skrywe,ek dink Christo wat 9 is nou het ook n droombord ek
dink syne is n lekker vakansie wat on nie nou kan bekostig nie,baie wysheid-het
gesukkel opskool, sukkel nou nog maar dit gaan beter elke dag ons dank God daarvoor.Ek
dink hy wil graag n boomhuis he en seker altyd speelgoed.Ma sal graag daai
anders motot wil he dit hoef nie nuut te wees nie maar kyk moet in n goeie
toestand wees,Jesus daai Isuzi vir Pa en die OU LAPA of afdak maar dankie dat
ons groot droom is om by U te wees. Dankie - Christina Ek is deur ‘n vriendin na die webwerf toe
verwys. Nou nie, omdat ek probleme of enige rampe in my lewe het nie.
Tensy, ‘n vinnige pas oor die naweek ‘n probleem genoem kan word. Ek weet
ek prop omtrent ‘n hele week in een Saterdag in maar na 2nm kom ek darem weer
tot ruste. Dit is waar dat ons jaag van een dag na die ander. Ek word
skilpad genoem deur my mede-werkers omdat ek so stadig ry werk toe en terug
elke dag. Hulle zoem by my verby in die oggende en weer in die
namiddae. Ek het doel voor oë hoekom ek so stadig ry. Ek ry die
lekkerste en prentjie mooi roete werk toe elke oggend en middag. Ek
bly in Kuilsrivier en werk in Stellenbosch. Terwyl hulle so jaag sit ek
rustig en bekyk die veranderende tonele om my elke dag. Nie een dag, lyk
dit dieselfde nie. Die wingerde gooi die mooiste kleure, die lote lank en
leeg en dan ewe skielik is hulle die sagte groen skynsel op. Voor jy kan
sê ‘Betty Boop’, dan is elke loot oortrek van die sagste groen blaartjies. Dan
kom die druiwe korrels en dan die swaar donker groen blare om hulle teen die
son te beskerm. Die trosse raak so groot en swaar hulle hang onder uit,
lyk partymaal soos ‘n klomp stout kinders wat onder die matras uitloer! Op die oomblik is al die voëlverskrikkers
op in Polkadraai aarbeiplaas. Hulle staan en hou wag op die nuwe aarbeie
wat groei vir die Desember vakansie gangers wat soos ‘Indian Minors” kom
verwoesting saai met die pluk van die aarbeie. Ek sien hierdie jaar hang party
van hulle sommer so teen die pad se draad. Laas jaar het die rugby koors
hoë gety gevier en was al die voëlverskrikkers as rugby spelers
aangetrek. Ek wag vir 2010, ek weet sommer dat die sokker koors hier sal
vlak staan in die vore tussen die aarbeie.
Ek sal graag u nuusbrief wil ontvang. Liefde - Annelene Hello Dr ST - Dit is vir my waarlik ‘n
voorreg om op jou nuusbrief in te kan skryf. Riana het die een vir my aan
gestuur en ek is baie bly.Ek en sy is baie spesiale vriendinne en ek is opreg
dankbaar dat sy aan my gedink het i.v.m. die brief.
Goeie môre - dankie vir die
stukkie. Jy is heeltemal reg. Die enigste droom wat ek kan droom is
om die ewigheid te beerwe. En wanneer mens daardie droom najaag dan val
alles reg in plek. Wat maak aardse goed tog saak? My vrese is/was my
oudag, hoe om te oorleef maar ek glo ook dat as jy God werklik in jou lewe het
en dien dan sal God self daarna ook omsien. Die ou duiwel probeer hard om sy
kloue van vrees in my in te slaan maar ek sal op God vertrou. Ek gaan net
positief wees. Ek besef ek sal uit moet begin beweeg en wil so graag by
kerklike instansies aansluit maar het nie die moed daarvoor nie. Jy sien,
ek leef in 'n gemaksone, net "me and myself ". Trek my
huis se deure agter my toe en wolla! Vrede met die res. Dit sal moet
verander. Ek sal baie dinge in my lewe moet verander om te kan uit
beweeg. Bid vir my asb dat die Here vir my duidelik sal wys waarnatoe. Groete
in Jesus - Marthie Hallo ST - Baie dankie dat jy nie skroom
om geloof in die lewende God te verkondig nie. Mag jy 'n dubbele seën op die
werke van jou hande ontvang! Groete - Elzette Baie dankie, ST! Dankie nogmaals vir jou
optrede gisteraand! Dit was baie lekker en waardevol om na jou te luister en
dit het vir mense baie beteken. Baie groete en seën met jou goeie werk. - Frikkie Dankie Dr Potgieter vir die inspirerende
nuusbriewe dit gee mens weer nuwe uitkyk op die lewe. Die droombord gaan
ek beslis vir my opstel en in my kantoor en huis opplak, ek gaan dit ook aan my
vriende deurgee. Soms het mens so baie drome dan maak jy niks daaraan nie, Maar
ek gaan werk daar aan. Nogmaals dankie en ‘n mooi dag vir u!!!!!!! - Haneley Hallo, Dr ST - jou nuusbriewe dek altyd
sulke interessante onderwerpe dat dit iets is waarna ek met afwagting uitsien. Die inligting aangaande hoe om ‘n toespraak voor te
berei en aan te bied kom baie handig te pas,aangesien ek al n paar keer
in so n situasie beland het,veral een met n nadraai,maar meer daaroor n
volgende keer. Hoe nou gemaak?Ek wil so graag die nuwe
motortjie hê, maar wat van Volla.? Dit herinner my aan Dozi se liedjie "Ou
ryperd ,ons ry die pad tesame,deur die lewensbane". Dit is wat ons twee
letterlik die afgelope jare gedoen het.Daar was tye wat ons gaan staan
het,gelukkig elke keer naby die huis,en dan moes manlief maar kom help.Wat ek
nooit kon verstaan nie hoe dit moontlik
is dat die oomblik my man agterdie stuurwiel inklim ,dan vat Volla asof daar
nooit n probleem was nie.Sy ken ook die
pad so goed dat sy selfs weet watter aande is dit reguit huistoe of moet ons
eers n draai by die winkels gaan maak.Net soos vir my het die jare ook sy merk op haar gelaat.Verbleik met n
paar roeskolle en boetie se pogings om te leer bestuur is ook daar.
Beste ST - dankie vir die nuusbrief wat
ek ontvang het. 'n Mens kan nie genoeg geestelike skrywes of boeke hê
nie. My "Geestelike Biblioteek" het my aan die lewe gehou toe
ek in die diepste donkerste put was. En as ek op laas aan die einde van
die tonnel 'n liggie gesien het, was dit die bankbestuurder wat net weer kom
geld soek. Ek het baie boeke, en ek maak
aantekeninge in almal en soek in Die Bybel na verwysings van wat ek
lees. Met al die 'aantekeninge', kan ek al 'n dagboek skryf. (Ek
het al begin.) Nie dat dit regtig die lig sal sien nie, maar dit is 'n
droom. (droombord) Ek het regtig donker jare beleef. En dit
is 'n la....aang storie. Maar omdat die Here my gehelp het om deur die
proses op te staan, moet ek dit deel. Ek was verskeie kere in 'n
senukliniek. En elke keer net 'n beter mens daaruit gekom . Hier is
'n verkorte weergawe…Dankie vir die geleentheid. Lekker dag. My droombord dagboek is in wording!! Groete
- Hanni Drome?
Ek het lankal opgehou droom. My droom is om te oorlewe op my oudag
wat om die draai is. Ek lewe van dag tot dag, opstaan regmaak vir werk, werk,
terug huis toe, kosmaak, bad,stiltetyd, slaap........ opstaan ens, ens.
Elke dag behalwe naweke dan breek ek die roetine met 'n besoek aan my kinder
& kerk toe gaan. Dis dit. Te oud vir drome droom. Jong
tyd gesukkel om kinders groot te kry - alleen - nou, is ek moeg. - Marthie Goeie more Dr Potgieter - daie dankie vir die interessante
leesstof wat u publiseer op die website. Dit gee vir my ‘n nuwe uitkyk op
die lewe as ek dit klaar gelees het. Graag wil ek u raad vra aangaande
vakkeuses… Ek sal dit baie waardeer indien u vir my terugvoer kan gee sodra u
‘n kansie kry. Sterkte en mag u ‘n wonderlike dag beleef. Groete - Laetitia Beste Dr Potgieter - dit is ‘n
uitstekende plan – die droombord – ek gaan so gou moontlik die naweek daaraan
werk. My grootste droom as enkel
ouer is om my vir die oudag finansieël onafhanklik van iemand (staat) te maak,
asook my kinders (dogter -22 en seun 14) om die reguit paadjie te stap en dat
hul drome bewaarheid moet word…. Ek was
nog nooit oorsee nie, nog nooit eens ons land goed deur gereis nie, maar die
strande met die palms was nog altyd ‘n droom (Mauritius ens). Dit sal ek
eenkant toe stoot om liewers vrede, liefde en geluk te kan smaak in my lewe. Lekker
dag - Susan Dear
ST - What a pleasure to receive this particular mail! I chose my board
about 1 month ago and found a few pictures of my "dreams" and since
then, I have been so busy that I put it aside. This to me is a reminder that I
need to complete it and that my goals are important. Thanks - Desiree Dr. ST - dit is baie praktiese
manier. Ek het aan die begin van die
jaar aangevoel dit gaan ‘n positiewe jaar wees en 1 van my drome het waar
geword – ‘n ander motor ! Die volgende
is ‘n ander huis en ek glo met die nodige tyd sal dit ook waar word. Groete vir
eers - Marietha Dr ST - Baie dankie vir die
wonderlike idee!! Ek gaan net een probleem hê, my bord sal 'n droommuur moet
wees.....heeltemal te veel goed wat ek nog wil sien en beleef. Gelukkig is ek
nog relatief jonk en die wêreldse begeertes darem aan die min kant! Heerlike
dag verder. Vriendelike Groete - Naldine Ek hou van die idee
- sal dit beslis gebruik en promoveer. - Elzette Hallo
baie dankie vir jou Pitkos. My droombord is al my uitstaande profetiese Woord,
dat ek mense kan help om hulle huise en kos te gee en dat die Here my volle
potensiaal kan gebruik. Die Here seën en dankie dankie vir die kosbare saad wat
jy saai. - Thelma Beste
Dr ST Potgieter – baie dankie vir jou e-mail ivm Droomborde en hoe om jou drome
te te realiseer. Ek het egter ‘n ander siening in die verband wat ek graag met
jou wil deel.
Beste ST - baie dankie vir jou geweldige
inspirende nuusbrief en baie goeie webbladsy. Baie dankie vir die erkenning vir Toastmasters wat jy op die blad het. Ek is nou al 14 jaar `n Toastmaster en dit het vir my wonders gedoen. Ek was dan ook verlede jaar nasionale sekretaris gewees. Sterkte met jou lewe en jou werk, jy maak `n verskil in mense se lewens. Groete - Barry Hi - Net so vinnige e-pos. Het in 2001/2 'n kursus gedoen oor drome wat deur 'n "lifestrategist" aangebied is, en het hy dieselfde konsep aan ons deur gegee. Ons is so 5 vriendinne wat nogsteeds so twee maal per jaar bymekaar kom, en ons prentjies met mekaar deel, en net weer fokus op dit wat ons regtig graag wil he, op ons drome, en ook om mekaar "accountable" te hou. Ek verander so een maal 'n jaar my prentjie, en kyk na kort en lang termyn doelwitte wat ek wil bereik. Al my prente en doelwitte is in 'n leer, maar ek is sommer nou net weer vuur en vlam om vir my 'n bord te kry sodat ek elke keer kan kyk! Baie dankie vir jou nuusbrief, dit is voorwaar vir my 'n
baie groot seën. Groete - Adele Môre - ek wil met jou iets deel wat met
my gebeur het. Woensdag die vakansiedag lê ek in die bed, en is baie moeg. Iets
sê vir my jy moet gaan stap en maak ook so. Ek begin stap en stap en ek hoor
net hierdie stem vir my sê jy mag nie om kyk nie stap net. Ek kom later by die
punt dat die pad op hou en nog steeds sê die stem ek moet stap en niet die om
kyk nie, ek moet ook nie die maklike pad kies nie. Ek stap maar aan deur die
bosse en begin toe planne maak hoe gaan ek ander kant die draad deur kom. Maar
steeds hoor ek die stem sê stap net. Die volgende oomblik is daar op oop
gedeelte in die draad waar deur ek kan stap en kon ek terug huis toe stap. Ek
moet toe die bult uitstap maar wens dat my man of kinder my sal kom haal maar
steeds hoor ek die stem jy moet nog hierdie bult ook uitkom Ek stap die build
uit en kom toe bo, en die stem sê toe vir my jy moet nog hierdie bult ook nog
stap dan sal jy bo uit kom.
Dr Potgieter - baie dankie vir die wyse
raad, ek lei kinders van verskillende ouderdomsgroepe op om redenaars te kan
PRAAT, u 6 tekens wat die gehoor wil hoor kom handig te pas. My dogtertjie van 14 het juis nou die dag
nasionaal deurgedring met haar toespraak, pro-genade dood, alhoewel dit nie
haar persoonlike oortuiging was nie het sy daarin geslaag om die gehoor te
oortuig sonder fieterjasies en deur te fokus op wat die mense wil hoor. Nogmaals
baie dankie, ek waardeer u raad! - Juanita Goeie
dag ST - ek gebruik elke een van die 10 punte. Ek glo ook dat die Heilige Gees
my lei deur vir my 'n gevoel van vrede te gee wanneer 'n saak waaroor ek nie
heeltemal seker is nie, wel reg is nadat ek daaroor gebid het. Dit hou
negatiewe gevoelens uit my gedagtes omdat ek vertrou dat die Here my deur sy
Gees lei en ek vertrou dus die gevoel omdat ek weet dis eintlik Sy leiding. Groete - Elzanne Hallo ST - I am responding in English for ease of
expression.I was deeply moved by your newsletter on
"Thankfulness". On 22 June 2006 I had a fire at my house
and being a single parent, this severely traumatised me and my children.I
looked at the negative impact this was having on our lives and also counted the
costs. We were without our house for 6 weeks.In retrospect, I have sooo much to
be thankful for, inter alia, there was no loss of life or limb, material
possessions were replaced, we were accommodated by neighbours, I was released
from a bad relationship with a man, etc. This also links with your next newsletter
on Positive Thinking. So often we miss the message when something happens to
us. We first see the negativity and therefore lose the lesson! Thanks for your "pitkos"....it
is indeed nourishing to the mind and spirit!!! God bless - Pat Baie
dankie vir u nuusbriewe ek Dankie Dr potgieter vir sulke
inspirerende geselsies (briefies) Ek
geniet dit baie en maak gebruik daarvan. Ek stuur dit ook aan mede
kollegas en vriende. Hoe meer mense positief is en bid… kan ons ons dan ‘n
verandering bring in ons land SA. Groete
- Haneley Goeie Môre - Baie dankie vir julle mail. Dit
is wonderlik!!! Mag die Here julle ryklik seën.Vriendelike Groete - Danea Baie,
baie dankie. Ek is 'n onnie en ly aan depressie. Is af vir 3 maande. Sterkte
met wat u doen. - Gerhard Dankie Dr Potgieter vir hierdie positiewe
nuusbrief - dit is lekker om "tools" te kry... hoe om positief die lewe
aan te pak! Groete - Karin Groete en dankie vir jou Nuusbrief, dit het groot waarde

u die boodskappies so mooi aan baie oordra. Groete. - Kowie Beste ST - baie dankie vir jou nuusbriewe
- ek deel dit graag met my geliefdes en jou onlangse skrywe oor die
beginsel van dankbaarheid het ons weer goed aan die praat gehad. My seun in matriek word gereeld blootgestel
aan vriende met baie hoë materiële verwagtinge en waar geld ook nie 'n probleem
is om aan hul verwagtinge te voldoen nie. 'n Jong 18jarige matriekseun het pas
sy lisensie gekry en het daarmee saam sy ma se Mercedes Kompressor ge-erf.
Sy ma het natuurlik opgradeer na nog 'n duursamer stel wiele. Ek het vandag 'n e-pos ontvang en die

tyd gesukkel om kinders groot te kry - alleen - nou, is ek moeg. - Marthie
Hallo ST - I am responding in English for ease of
expression.I was deeply moved by your newsletter on
"Thankfulness". On 22 June 2006 I had a fire at my house
and being a single parent, this severely traumatised me and my children.I
looked at the negative impact this was having on our lives and also counted the
costs. We were without our house for 6 weeks.In retrospect, I have sooo much to
be thankful for, inter alia, there was no loss of life or limb, material
possessions were replaced, we were accommodated by neighbours, I was released
from a bad relationship with a man, etc. This also links with your next newsletter
on Positive Thinking. So often we miss the message when something happens to
us. We first see the negativity and therefore lose the lesson! Thanks for your "pitkos"....it
is indeed nourishing to the mind and spirit!!! God bless - Pat Baie
dankie vir u nuusbriewe ek Dankie Dr potgieter vir sulke
inspirerende geselsies (briefies) Ek
geniet dit baie en maak gebruik daarvan. Ek stuur dit ook aan mede
kollegas en vriende. Hoe meer mense positief is en bid… kan ons ons dan ‘n
verandering bring in ons land SA. Groete
- Haneley Goeie Môre - Baie dankie vir julle mail. Dit
is wonderlik!!! Mag die Here julle ryklik seën.Vriendelike Groete - Danea Baie,
baie dankie. Ek is 'n onnie en ly aan depressie. Is af vir 3 maande. Sterkte
met wat u doen. - Gerhard Dankie Dr Potgieter vir hierdie positiewe
nuusbrief - dit is lekker om "tools" te kry... hoe om positief die lewe
aan te pak! Groete - Karin Dr Potgieter - dankie vir die voorstelle oor positiewe
denke. Dis 'n pragtige en insiggewende artikel. Vir my die beste
manier om positief te wees is om 'n mens se seëninge te tel. Wanneer ek
soms moedeloos raak en negatief wil raak dink ek maar net aan die
minderbevoorregtes. Daar is duisende mense wat in totale armoede
voortleef elke dag met geen vooruitsig van 'n beter lewe nie. Hulle is
meestal juis die mense wat altyd lag en vriendelik is. Of natuurlik
wanneer ons vrouens oud en lelik voel sien 'n mens 'n "make-over" op
TV van 'n vrou wat Alopecia het met geen hare op haar kop nie, en weer eens
moet 'n mens jou kop in skaamte laat sak omdat jy dalk ontevrede is omdat jou
hare nie sus of so is nie of jou oë te klein is, of jy 'n bril moet dra of wat
ookal. Die belangrikste is natuurlik 'n mens se gesondheid. So baie
mense is in hospitale of inrigtings. Dus is gesondheid sekerlik ook 'n
baie groot seën. Maar nou ja 'n mens bly mens en vergelyk jou nie altyd
met die negatiewe nie, maar soms met dié wat baie meer het en wie se lewens
baie makliker lyk. Groete en dankie vir jou Nuusbrief, dit het groot waarde
en is soms net die regte ding op 'n gegewe oomblik. - Wena Dankie
vir jou mail, ST, sjoe maar jy werk darem laat snags, is dit hoe jy by al die
positiewe denke uitkom, in die middel van die nag? Wel ja dit is seker ook al
tyd wat jy kry om bietjie rustig te raak, weereens dankie vir jou e-mails ek
sien altyd baie uit daarna!! Lekker dag vir jou. Groetetjies - Tania Dr ST - baie dankie vir hierdie stukkie
inspirerende boodskap. Dit is Ironies dat ek onlangs tot dieselfde besef gekom
en `n besluit geneem. Die tien voorstelle kom nie `n minuut te laat nie. Dit is tog so belangrik dat `n mens op
die positiewe fokus. Een van die beweegredes vir my besluit was toe ek `n Epos
ontvang het van verhongerde mense van ons Vaste Land Afrika. Die prente wat my
die ergste getref het was die van mense wat te swak is om te eet en diegene wat
van die grond af eet en selfs tussen diere enige iets wat beskikbaar is. Hier
sit ek en sit en kerm oor hoe swaar ek kry. Die volgende oggend het eers vir die Here
begin dankie sê. Ek het besluit om my seëninge te tel. Ons het baie om dankbaar
te wees en ek het my dit ten doel gestel om wanneer mense kla om positief
te bly en mense op die positiewe te wys. Filippense 4:13 is teen my muur opgeplak enige
persoon wat my kantoor binne kom en ek ook wanneer ek elke keer na my
lessenaar terug stap. (Maklik 70 keer pd). - Harry Goeie môre - baie baie dankie vir die baie bemoedigende en
positiewe brief wat ek van oggend ontvang het en ja, dit is baie spesiaal vir
my.
Beste
ST - die gekopieerde mense sukkel om te registreer vir die weeklikse nuusbief
op die webwerf en om dit te ontvang. Kan u asb. die probleem oplos?Ek het hulle
e-pos adresse gekopieër op die skrywe. Baie dankie vir jou waardevolle
nuusbrief. Groete - Noel Beste Dr ST - ek gaan my bes probeer om hierdie 10 stappe in my lewe te
gebruik. Ek en drie van my vriendinne hier by SARS (elk in verskillende
afdeling) kom elke oggend voor werk in my kantoor bymekaar, dan trek elk van
ons n kraartjie uit n houer waarop staan ‘BROOD VAN DIE LEWE”. Hierdie houer
met kaartjies, is kaartjies met Bybel versies op en elk oggend trek ons so n
kaartjie en lees dit hardop vir mekaar. Dit is vir ons al so n instelling om
dit elke oggend te doen en dankie te sê vir ons Hemelse Vader vir hierdie dag
en ook om so dan mekaar te ondersteun, te bemoedig en mekaar positief te maak
vir die dag wat voorlê. Ek glo nie een van ons kan n dag meer begin voordat ons
n kaartjie getrek het en ons Hemelse Vader daarvoor gedank het nie. Hierdie
nuusbrief van jou dokter gaan ek ook met hulle deel. Beste groete en n
wonderlike dag vir u - Elize Dr. ST - Dankie vir weereens waardevolle
inligting, gedagtes en motivering. Dit gaan dol hier bo in Pretoria, maar jou
nuusbrief gee altyd so bietjie vars en waardevolle "skop" vir die
week. 'n Gemotiveerde en nederige luisteraar. Vriendelike Groete - Naldine Hallo ST - Baie
dankie vir vanoggend se boodskap wat vir my baie beteken. Ja, dis so maklik om
ingetrek te word by negatiewe gedagtes, geselskap of die werksomgewing.. Dit is
‘n doelbewuste besluit wat ek elke dag moet maak om positief te bly… Wanneer ek
negatiewe gedagtes kry, probeer ek konsentreer op al die seëninge wat ‘n mens
as so vanselfsprekend aanvaar (soos om te kan loop, vriende & familie te
kan hê, ens), ..en vrede te maak met dit wat ek nie het nie! Groete - Suné Hallo ST - dankie, ek waardeer jou
nuusbriewe. Eintlik sien ek uit daarna. Dankie ook vir
die stukkie oor dankbaarheid. Weet jy, al die jare wat ek nie kon
gesels of praat nie, het ek my teruggetrek. Nou begin ek en my man eers
ordentlik kommunikeer. En ons het 23 jaar agter ons waarin ons baie gemis
het. Baie verloor het. Gelukkig het ons 'n 2de kans. Dit is
nie almal wat 'n 2de kans kry nie. En daarvoor is ek dankbaar. Daar
is nog baie MISVERSTANDE. Maar ek probeer my bes. Dit is nie
iets waaroor 'n mens wil gesels nie, maar my huwelik het bestaan uit skoonmaak,
kosmaak, kinders grootmaak en werk. Niks verder nie. Dit is nou nog
'n aanpassing om aanraking te aanvaar. Ek was so, dat as iets net lyk dit wil
verkeerd loop, het ek al gesê, moet asseblief nie skiet nie, ek is reeds
gewond!! Ek is 'n geknakte riet en 'n rokende lamppit. Ek het nooit ophou kerktoe gaan nie, en
nooit ophou glo nie. Ek het selfs tot verlede jaar, by ons "ou gemeente"
vir 10 jaar lank Sondagskool gehou. Die kerk gaan nie oor wette, reëls,
ordes en voorskrifte nie, maar oor verhoudings. So skryf Paulus vir Titus
wanneer hy sê dat gelowiges sensitief moet wees vir mekaar en dat hulle
bedagsaam moet wees teenoor alle mense. Skinderveldtogte en liefdelose optrede
is aan die orde van die dag. Onlangs het ek 'n leraar hoor kla oor hoe
liefdeloos sy kerkraad hom behandel. Sonder dat daar ooit direk met hom gepraat
word, word vals stories oor hom versprei en deur kerkraadslede as die waarheid
oorvertel. (Ek het elke dag gehoor hoe 'n sleg ma ek is, 'n hoer,
'n meid, 'n teef, ag, alle name, soveel so dat my selfvertroue daarmee heen
was.) Trouens, so erg gaan dit al dat sy bediening aan flarde is en dat
hy besluit het om tou op te gooi. Dit breek my hart as ek sulke stories hoor.
Ek wonder of daardie gelowiges al Titus 3:2 gelees het. Ek wonder of hulle
verstaan dat die lewende God van hemel en aarde van hulle verwag om inskiklik
en sensitief te wees en om ander bedagsaam te behandel. So, dankie vir jou tyd, liefde, aandag
wat ek deur jou skrywes kry. Groete - Hanni Geagte
Dr Potgieter sal u so goed wees om ons ook in te teken op U Pitkos. Vriendellik
Groete - Heidi
Goeie dag my
naam is Jennifer, Ek is pas kennis gegee by my werk en moet die einde van die
maand klaar maak ek het nog nie ‘n ander werk gekry nie, Ek glo ek sal ‘n ander
werk kry mar ek probeer om alles wat positief is in my lewe te kry want ek was
vandat ek kan onthou negatief en was in inrigtings en het al vele sielkundiges
gesien. En ek wil nie weer daardie paadjie volg nie, my pastoor het vir my
sondag in die kerk gese die venster van die hemel is nog oop op my en dit het
my nog moet gegee. Mar ek is moeg gesukkel en ek hoop en bid net alles wil net
reg kom ek weet ek kry ook nie altyd tyd om te bid of om die here te dank vir
alles wat hy my gee nie, mar vandag wil ek hom dank vir die lewe en die krag
wat hy my gee, want ek weet dis alles vir ‘n doel al verstaan ek dit nie, en al
raak ek partykeer so kwaad vir Hom dat ek met Hom stry en baklei mar ek weet
dit sal regkom ek hoop so en hoop dit gebeur gou en vra dat ek net die krag
moet kry om net nog deur die te gan want ek is emosioneel en fisies uitgeput!
Ek het nou onlangs weer begin kerk toe gaan want ek weet ‘n mens het die here
in jou lewe nodig en nie net as ‘n spaarwiel nie mar as ‘n stuurwiel!!!!!
Daarom wil ek net weereens vir die Almagtige Vader baie dankie sê vir alles wat
ek het ek weet daar is mense met groter probleme as ek en met baie minder as ek
en dankie dat ek nog my hele gesin het! En ek vra dat U heilig bloed oor hulle
sal pleit en hulle sal beskerm waar ookal hulle sal gaan! In U naam alleen en
laat U wil geskiet Amen!!!!! - Jennifer Beste ST - eerstens, baie dankie vir jou
weeklikse nuusbrief - ek geniet dit baie.Tweedens wil ek net vra of jy nog
steeds `n boekie/inligting beskikbaar het oor studie metodes. Ek verbeel my ek
het êrens gelees dat jy in `n stadium so `n boekie beskikbaar gehad het. Ek sal
dit waardeer indien jy my kan laat weet, asb. Baie dankie by voorbaat. Groete -
Dalene Beste
Dr. Potgieter - dit was vir my baie aangenaam om `n nuusbrief wat u geskryf via
`n vriend te Hallo
ST - ons soos blare wat warrel in die wind van die lewe.En ons kom van
verskillende bome en dieselfde wind is die ritme wat ons deel.Maar dit is so
jammer dat ons partykeer so na by mekaar verby warrel en nie die tyd maak om
saam die oomblik wat die wind spesifieke unieke blaar langs jou laat rus te
deel nie. Baie dankie vir die pragtige boodskap wat
tog so waar is, hoe maklik vergeet 'n mens (ek) nie om dankbaar te wees vir
alles wat ek so mildelik in die lewe ontvang nie en is so geneig om altyd aan
die slegte kant te dink. Dit is 'n boodskap wat my weereens laat besef het en
dadelik dankie gesê het vir al die seëninge in my lewe. Mag u geseënd wees omdat
u die boodskappies so mooi aan baie oordra. Groete. - Kowie Beste ST - baie dankie vir jou nuusbriewe
- ek deel dit graag met my geliefdes en jou onlangse skrywe oor die
beginsel van dankbaarheid het ons weer goed aan die praat gehad. My seun in matriek word gereeld blootgestel
aan vriende met baie hoë materiële verwagtinge en waar geld ook nie 'n probleem
is om aan hul verwagtinge te voldoen nie. 'n Jong 18jarige matriekseun het pas
sy lisensie gekry en het daarmee saam sy ma se Mercedes Kompressor ge-erf.
Sy ma het natuurlik opgradeer na nog 'n duursamer stel wiele. Ek het vandag 'n e-pos ontvang en die
foto van die honger kindjie het net weer eens my hart aangegryp - ons
besef nie hoe geseënd ons is nie! Ek gee dit vir jou deur. Mooi dag
en nogmaals dankie vir al jou nuusbriewe - ek waardeer dit opreg! Groete - Rose Hi
ST - ek hoor jy was weer die Dynamic Dynamite en dan jy 'n klub in Potch of
êrens gaan begin. Jy dra ons klub se naam hoog en kyk net hoeveel lede het al
aangesluit deur jou. Ons het net 4nuwe lede die hele laasjaar gehad en nou
binne die eerste 2maande trek ons al by 5!! Hallo
Dr - ek wil net baie dankie sê vir die opbouende nuusbrief van 12/09 oor dankbaarheid.
'n Mens weet al hierdie dinge, maar dit word weer in perspektief geplaas
wanneer mens dit lees en oordink - ek sê ook dankie dat Dr gehoorsaam is aan
die roeping van ons Here om ons op hierdie manier te Hallo Salomon - Ek het dit REGGEKRY!! Kyk op die
"home" bladsy van http://www.sunlandsouthafrica.co.za. Byna
onder is die koppeling (Link) na PITKOS. Hoop dit help! Ek het nog baie
reklame om te doen. Vriendelike groete - Mien Goeie more ST - Baie dankie vir hierdie
wonderlike gedagte van vandag, dankbaarheid!!!!!!
Beste Dr. Potgieter - baie dankie vir
hierdie week se nuusbriefie - wat 'n inspirasie!!. Ek gaan hierdie
boodskappie van jou uitdruk en teen my yskas plak sodat, nie net ek nie maar
elkeen wat my kombuis betree hierdie positiewe lessie kan lees en hopenlik self
ook probeer toepas. Weens al die misdaad en algemene
agteruitgang van ons pragtige land is dit werklik moeilik om positief te
wees aangesien ons dag en nag onrustig en op ons hoede is en eintlik nooit
werklik kan ontspan nie (veral as 'n gesin al verskeie kere aan die
ontvangkant van misdaad was). Ek gaan werklik 'n positiewe poging
aanwend om elke dag my dankbaarheid teenoor my Skepper te bely en so ook, in
dieselfde gees van dankbaarheid, met ander te probeer omgaan. Hou
asseblief vir my duimvas! Baie groete en beste wense - Elize Baie
dankie ST, ! Hoop dit gaan goed met jou, ek net baie besig by werk, ons oestyd
begin so dit gaan rof, hoop jy het 'n lekker dag, groetetjies - Tania Baie dankie dr. vir die wonderlike
aanmoedigings wat ek van u ontvang op so 'n gereelde basis.Dit laat 'n mens
dink en weer met ander oe na jouself en alles wat die Here elke dag uit sy
groot genade aan jou uitdeel kyk.Ek is 'n boer van beroep in die Douglas[Noord
Kaap] omgewing langs die Vaalrivier en sien die mooi van die skepping in
die vlug van die visarend elke dag-hoe volmaak God alles gemaak het.Ek wens ek
kon elke dag hierdie inspirerende brief van u ontvang-ek dank u daarvoor.Mag u
'n fantastiese dag ervaar. Groete - Henk Hi ST -
Dankie vir jou praatjie nou die dag by my werk, … Eiendomme. Dit is baie
van toepassing en maak baie sense, veral as mens deur dieper waters is, dan is
iets soos eiendomsdeal wat nie uitwerk nie, nie so verskriklik nie! Dit is
dieselfde van jou kop optel elke liewe keer en weer voortgaan, en LEER daaruit!
Hallo Salomon - Met DANKBAARHEID in my
hart het ek die skrywe ontvang! Soveel dinge het oor ons pad gekom die
jaar, goed en sleg, vreugde en hartseer, skok en verrassing, te veel om sonder
GOD te hanteer. Ons het 'n eie Besigheid
begin, en na 4 maande se DROOGTE het dinge skielik 'n ander wending begin neem
en dank ek GOD vir die vertraging: mens kan terugkyk en besef SY TYD is
die REGTE TYD! Wat kantoor betref, is ek nou al veel
meer professioneel - dinge moet nou net in plek val sodat ons vir ander ook
werk kan skep. Ek het min geskryf die afgelope tyd -
werk letterlik dag en nag om ook ons webblad reg te kry - baie navorsingwerk en
ook erg tydrowend. Dit stimuleer egter die brein ook en wat wil mens
meer? Hoop dit gaan baie goed in die Kaap, Hierdie jaar het ons 'n
buitengewone koue winter beleef en heelwat van ons plante is deur die swart ryp
getref, maar die tuin word alweer pragtig. Hoop om gou weer van jou te hoor en is
ook so dankbaar dat ek weer jou omsendskrywes kan ontvang - vir ‘n tyd lank het
niks opgedaag nie. Dan ook het ons in Bemarking geleer dat
mens niks kry as mens nie vra nie: Aanbeveling om van ons dienste
gebruik te maak, sal hoog waardeer word. Ons kan dit met trots vra, want
het al ambassadeurs en verskeie ander buitelanders vervoer, en ook van een
stugge Duitser 'n brief van waardering ontvang met mededeling dat hy weer van
ons dienste gebruik sal maak - hy kom gereeld na sy fabriek in die
Pretoria-omgewing. Hou die blink kant bo! Vriendelike groete - Mien Hallo ST - ek het jou praatjie van
Saterdag baie geniet. Gryp elke geleentheid aan. Ek het in die
afgelope twee jaar ongelooflike geleenthede gekry om te groei en ook om te
besef dat 'n mens is werklik tot meer in staat as wat jy dink. Ek was by meer as een geleentheid in die
diep kant gegooi, en moes besluit. SINK OF SWEM!!! Ek het besluit om positief te wees en het
so lekker geswem dat ek myself sommer in 'n nuwe selfvertroue
"bracket" ingeswem het. Soms verval 'n mens in 'n groef waar jy
nie dink jy kan 'n beter lewe hê nie, maar dit is wonderlik waneer jy besef die
lewe kan jou so verkeerd bewys. Ek het byvoorbeeld my kinders self groot
gemaak ten minste die eerste 9 jaar, maar moes weens omstandighede weer uitspring
en gaan werk. 'n Nuwe wêreld het vir my oopgegaan en ek is ewig dankbaar
vir my positiewe geaardheid, want ek het leer skilder, groot funksies gereel en
BAIE mensekennis opgedoen ens. in die proses. Ek het met Saterdag se praatjie
geidentifiseer! Dis lekker om te lewe en selfs al is daar die donker dae,
kan 'n mens weet dat daar altyd weer die goeies vorentoe sal wees. Bly altyd so
positief en prettig. Dit was lekker om jou weer te ontmoet. (Ek
lees gereeld jou Tygerburger rubriek!) Groete - Amelia Môre ST - Eerstens wil ek sê baie dankie
vir hierdie brief van dankbaarheid. Dit het net so op die regte tyd in my
lewe gekom. Mens het soveel dinge om voor dankbaar te wees, maar is
geneig om altyd net die negatiewe en verkeerde dinge raak te sien en daarop te
lewe. Soveel dinge dra by daarna toe maar het ek net vanoggend weer eens besef
om die negatiewe dinge en mense wat jou lewe negatief beinvloed omdraai en
positief na alles te kyk want daar deur word mens versterk en net weer bewys as
ek positief bly dan kan dit net goed gaan met my. Dis baie keer moeilik
maar met genade van Bo is alles moontlik. ST dankie vir al die briewe wat jy
uitstuur, dit help baie en baie keer op die regte tyd kry mens net weer daardie
ekstra stootjie wat jou weer aanhelp. Geniet die dag en hoop die lente maak
sommer baie donker wolke helder. Groete - Caren Goeiedag Dr ST - Ek het gewonder of u dalk moontlik vir my raad kan gee
oor my kind se probleem op skool.Ons woon in Kempton Park… Is daar enige raad
of advies wat u moontlik aan my kan gee? Ek as ouer hou egter vas aan die Here,
want ek weet deur gebed kan alles reggemaak word. Die Here het my seun al
so baie geseën. Ek hoor graag van u. Byvoorbaat dankie. Jesus groete - Liana Beste dr ST - Dit klink so maklik om te sê: neem beheer van
jou lewe, maar daar is omstandighede buite ‘n mens se beheer wat jou lewe
beinvloed… Dis om die minste te sê “hel’ om in sulke omstandighede te lewe.
Kortliks, mens word in elke opsig “beheer en gemanipuleer ”. Wat is die doel van so ‘n lewe? Hoe behou mens
nog jou drome? Somstyds is dit moeilik om op God te vertrou en nog op Hom te
fokus. Is daar genesing vir sulke mense en hoekom hoor jy nooit van
geesgestremdes wat genees is nie? Groetnis - Annetjie Hallo ST - Goed
om weer van jou te hoor! Dit was vir my aangenaam om jou te
ontmoet. Baie dankie
vir jou inspirerende praatjie Saterdag – jou boodskap het my weer bewus gemaak
dat ‘n mens nie bang moet wees om nuwe geleenthede in die lewe aan te pak/uit
te probeer nie (al is daar die moontlikheid van mislukking). En om te misluk, is ook nie die einde van die wêreld nie en is menslik. Sal myself net daaraan moet herinner by tye!
Beste ST - dankie vir die stuk wysheid. Nadat ek
hierdie stuk gelees neem ek die vrymoedigheid om die e-pos aan te stuur.
Ek plaas die afgelope paar maande elke Sondag “My Gebed Vir Die
Week” op die Kletskerk en ander webwerwe. Die inspirasie daarvoor is dit
wat ek gedurende die week ervaar en beleef. Ek sou dit graag vir jou wil
aanstuur vir jou briewe kolom, as ek mag, en dan kan jy dit gebruik of nie
gebruik. Ek wil nie jou webwerf “cloud” nie, maar op die wyse begin ons as christene ʼn ketting van week
tot week. 1. Dankie dat daar miljoene mense
vandag met sang en gebed U kon loof en prys 2. Dankie dat ons almal wat siek is
aan U kan opdra, die wat fisies en andersins siek is soos o.a. depressielyers
(2 Kor. 7:5-7) 3. Dankie dat ons nie in U krag
hoef te twyfel nie, U krag wat U aan ons gee is dieselfde krag wat Christus uit
die dood opgewek het (Efes 1:18-23). Here 1. Help ons met ons monde en dade U
elke dag te bely. 2. Die druk op ons gewone mense is
sommige dae net te veel om uit eie krag te hanteer, help ons om dan onsself na
U te draai en te mag vra – help ons ! (Efes 1:18-23). 3. Ons raak baie keer mismoedig
want dit lyk asof U, U rug op ons draai, ons voel dan verlore. Help ons
om dit te verstaan, want Here, dit is moeilik om te verstaan. Groete en sterkte - Rico Beste ST - baie dankie vir hierdie
ongelooflike skrywe, ek het dit vandag verskriklik nodig gehad, ek sal hierdie
brief oor en oor lees, dankie vir jou en jou wonderlike bediening. Ek sal graag eendag by jou ‘n afspraak reel
en dalk kry ek iets spesiaal wat ek nodig het.
Maar baie dankie, jy is ‘n blessing. Sterkte ook vir jou! Mooi dag - Riekie Hi
dr - dankie vir jou skrywe,ek dink Christo wat 9 is nou het ook n droombord ek
dink syne is n lekker vakansie wat on nie nou kan bekostig nie,baie wysheid-het
gesukkel opskool, sukkel nou nog maar dit gaan beter elke dag ons dank God daarvoor.Ek
dink hy wil graag n boomhuis he en seker altyd speelgoed.Ma sal graag daai
anders motot wil he dit hoef nie nuut te wees nie maar kyk moet in n goeie
toestand wees,Jesus daai Isuzi vir Pa en die OU LAPA of afdak maar dankie dat
ons groot droom is om by U te wees. Dankie - Christina Ek is deur ‘n vriendin na die webwerf toe
verwys. Nou nie, omdat ek probleme of enige rampe in my lewe het nie.
Tensy, ‘n vinnige pas oor die naweek ‘n probleem genoem kan word. Ek weet
ek prop omtrent ‘n hele week in een Saterdag in maar na 2nm kom ek darem weer
tot ruste. Dit is waar dat ons jaag van een dag na die ander. Ek word
skilpad genoem deur my mede-werkers omdat ek so stadig ry werk toe en terug
elke dag. Hulle zoem by my verby in die oggende en weer in die
namiddae. Ek het doel voor oë hoekom ek so stadig ry. Ek ry die
lekkerste en prentjie mooi roete werk toe elke oggend en middag. Ek
bly in Kuilsrivier en werk in Stellenbosch. Terwyl hulle so jaag sit ek
rustig en bekyk die veranderende tonele om my elke dag. Nie een dag, lyk
dit dieselfde nie. Die wingerde gooi die mooiste kleure, die lote lank en
leeg en dan ewe skielik is hulle die sagte groen skynsel op. Voor jy kan
sê ‘Betty Boop’, dan is elke loot oortrek van die sagste groen blaartjies. Dan
kom die druiwe korrels en dan die swaar donker groen blare om hulle teen die
son te beskerm. Die trosse raak so groot en swaar hulle hang onder uit,
lyk partymaal soos ‘n klomp stout kinders wat onder die matras uitloer! Op die oomblik is al die voëlverskrikkers
op in Polkadraai aarbeiplaas. Hulle staan en hou wag op die nuwe aarbeie
wat groei vir die Desember vakansie gangers wat soos ‘Indian Minors” kom
verwoesting saai met die pluk van die aarbeie. Ek sien hierdie jaar hang party
van hulle sommer so teen die pad se draad. Laas jaar het die rugby koors
hoë gety gevier en was al die voëlverskrikkers as rugby spelers
aangetrek. Ek wag vir 2010, ek weet sommer dat die sokker koors hier sal
vlak staan in die vore tussen die aarbeie.
Ek sal graag u nuusbrief wil ontvang. Liefde - Annelene Hello Dr ST - Dit is vir my waarlik ‘n
voorreg om op jou nuusbrief in te kan skryf. Riana het die een vir my aan
gestuur en ek is baie bly.Ek en sy is baie spesiale vriendinne en ek is opreg
dankbaar dat sy aan my gedink het i.v.m. die brief.
Goeie môre - dankie vir die
stukkie. Jy is heeltemal reg. Die enigste droom wat ek kan droom is
om die ewigheid te beerwe. En wanneer mens daardie droom najaag dan val
alles reg in plek. Wat maak aardse goed tog saak? My vrese is/was my
oudag, hoe om te oorleef maar ek glo ook dat as jy God werklik in jou lewe het
en dien dan sal God self daarna ook omsien. Die ou duiwel probeer hard om sy
kloue van vrees in my in te slaan maar ek sal op God vertrou. Ek gaan net
positief wees. Ek besef ek sal uit moet begin beweeg en wil so graag by
kerklike instansies aansluit maar het nie die moed daarvoor nie. Jy sien,
ek leef in 'n gemaksone, net "me and myself ". Trek my
huis se deure agter my toe en wolla! Vrede met die res. Dit sal moet
verander. Ek sal baie dinge in my lewe moet verander om te kan uit
beweeg. Bid vir my asb dat die Here vir my duidelik sal wys waarnatoe. Groete
in Jesus - Marthie Hallo ST - Baie dankie dat jy nie skroom
om geloof in die lewende God te verkondig nie. Mag jy 'n dubbele seën op die
werke van jou hande ontvang! Groete - Elzette Baie dankie, ST! Dankie nogmaals vir jou
optrede gisteraand! Dit was baie lekker en waardevol om na jou te luister en
dit het vir mense baie beteken. Baie groete en seën met jou goeie werk. - Frikkie Dankie Dr Potgieter vir die inspirerende
nuusbriewe dit gee mens weer nuwe uitkyk op die lewe. Die droombord gaan
ek beslis vir my opstel en in my kantoor en huis opplak, ek gaan dit ook aan my
vriende deurgee. Soms het mens so baie drome dan maak jy niks daaraan nie, Maar
ek gaan werk daar aan. Nogmaals dankie en ‘n mooi dag vir u!!!!!!! - Haneley Hallo, Dr ST - jou nuusbriewe dek altyd
sulke interessante onderwerpe dat dit iets is waarna ek met afwagting uitsien. Die inligting aangaande hoe om ‘n toespraak voor te
berei en aan te bied kom baie handig te pas,aangesien ek al n paar keer
in so n situasie beland het,veral een met n nadraai,maar meer daaroor n
volgende keer. Hoe nou gemaak?Ek wil so graag die nuwe
motortjie hê, maar wat van Volla.? Dit herinner my aan Dozi se liedjie "Ou
ryperd ,ons ry die pad tesame,deur die lewensbane". Dit is wat ons twee
letterlik die afgelope jare gedoen het.Daar was tye wat ons gaan staan
het,gelukkig elke keer naby die huis,en dan moes manlief maar kom help.Wat ek
nooit kon verstaan nie hoe dit moontlik
is dat die oomblik my man agterdie stuurwiel inklim ,dan vat Volla asof daar
nooit n probleem was nie.Sy ken ook die
pad so goed dat sy selfs weet watter aande is dit reguit huistoe of moet ons
eers n draai by die winkels gaan maak.Net soos vir my het die jare ook sy merk op haar gelaat.Verbleik met n
paar roeskolle en boetie se pogings om te leer bestuur is ook daar.
Beste ST - dankie vir die nuusbrief wat
ek ontvang het. 'n Mens kan nie genoeg geestelike skrywes of boeke hê
nie. My "Geestelike Biblioteek" het my aan die lewe gehou toe
ek in die diepste donkerste put was. En as ek op laas aan die einde van
die tonnel 'n liggie gesien het, was dit die bankbestuurder wat net weer kom
geld soek. Ek het baie boeke, en ek maak
aantekeninge in almal en soek in Die Bybel na verwysings van wat ek
lees. Met al die 'aantekeninge', kan ek al 'n dagboek skryf. (Ek
het al begin.) Nie dat dit regtig die lig sal sien nie, maar dit is 'n
droom. (droombord) Ek het regtig donker jare beleef. En dit
is 'n la....aang storie. Maar omdat die Here my gehelp het om deur die
proses op te staan, moet ek dit deel. Ek was verskeie kere in 'n
senukliniek. En elke keer net 'n beter mens daaruit gekom . Hier is
'n verkorte weergawe…Dankie vir die geleentheid. Lekker dag. My droombord dagboek is in wording!! Groete
- Hanni Drome?
Ek het lankal opgehou droom. My droom is om te oorlewe op my oudag
wat om die draai is. Ek lewe van dag tot dag, opstaan regmaak vir werk, werk,
terug huis toe, kosmaak, bad,stiltetyd, slaap........ opstaan ens, ens.
Elke dag behalwe naweke dan breek ek die roetine met 'n besoek aan my kinder
& kerk toe gaan. Dis dit. Te oud vir drome droom. Jong
tyd gesukkel om kinders groot te kry - alleen - nou, is ek moeg. - Marthie Goeie more Dr Potgieter - daie dankie vir die interessante
leesstof wat u publiseer op die website. Dit gee vir my ‘n nuwe uitkyk op
die lewe as ek dit klaar gelees het. Graag wil ek u raad vra aangaande
vakkeuses… Ek sal dit baie waardeer indien u vir my terugvoer kan gee sodra u
‘n kansie kry. Sterkte en mag u ‘n wonderlike dag beleef. Groete - Laetitia Beste Dr Potgieter - dit is ‘n
uitstekende plan – die droombord – ek gaan so gou moontlik die naweek daaraan
werk. My grootste droom as enkel
ouer is om my vir die oudag finansieël onafhanklik van iemand (staat) te maak,
asook my kinders (dogter -22 en seun 14) om die reguit paadjie te stap en dat
hul drome bewaarheid moet word…. Ek was
nog nooit oorsee nie, nog nooit eens ons land goed deur gereis nie, maar die
strande met die palms was nog altyd ‘n droom (Mauritius ens). Dit sal ek
eenkant toe stoot om liewers vrede, liefde en geluk te kan smaak in my lewe. Lekker
dag - Susan Dear
ST - What a pleasure to receive this particular mail! I chose my board
about 1 month ago and found a few pictures of my "dreams" and since
then, I have been so busy that I put it aside. This to me is a reminder that I
need to complete it and that my goals are important. Thanks - Desiree Dr. ST - dit is baie praktiese
manier. Ek het aan die begin van die
jaar aangevoel dit gaan ‘n positiewe jaar wees en 1 van my drome het waar
geword – ‘n ander motor ! Die volgende
is ‘n ander huis en ek glo met die nodige tyd sal dit ook waar word. Groete vir
eers - Marietha Dr ST - Baie dankie vir die
wonderlike idee!! Ek gaan net een probleem hê, my bord sal 'n droommuur moet
wees.....heeltemal te veel goed wat ek nog wil sien en beleef. Gelukkig is ek
nog relatief jonk en die wêreldse begeertes darem aan die min kant! Heerlike
dag verder. Vriendelike Groete - Naldine Ek hou van die idee
- sal dit beslis gebruik en promoveer. - Elzette Hallo
baie dankie vir jou Pitkos. My droombord is al my uitstaande profetiese Woord,
dat ek mense kan help om hulle huise en kos te gee en dat die Here my volle
potensiaal kan gebruik. Die Here seën en dankie dankie vir die kosbare saad wat
jy saai. - Thelma Beste
Dr ST Potgieter – baie dankie vir jou e-mail ivm Droomborde en hoe om jou drome
te te realiseer. Ek het egter ‘n ander siening in die verband wat ek graag met
jou wil deel.
Beste ST - baie dankie vir jou geweldige
inspirende nuusbrief en baie goeie webbladsy. Baie dankie vir die erkenning vir Toastmasters wat jy op die blad het. Ek is nou al 14 jaar `n Toastmaster en dit het vir my wonders gedoen. Ek was dan ook verlede jaar nasionale sekretaris gewees. Sterkte met jou lewe en jou werk, jy maak `n verskil in mense se lewens. Groete - Barry Hi - Net so vinnige e-pos. Het in 2001/2 'n kursus gedoen oor drome wat deur 'n "lifestrategist" aangebied is, en het hy dieselfde konsep aan ons deur gegee. Ons is so 5 vriendinne wat nogsteeds so twee maal per jaar bymekaar kom, en ons prentjies met mekaar deel, en net weer fokus op dit wat ons regtig graag wil he, op ons drome, en ook om mekaar "accountable" te hou. Ek verander so een maal 'n jaar my prentjie, en kyk na kort en lang termyn doelwitte wat ek wil bereik. Al my prente en doelwitte is in 'n leer, maar ek is sommer nou net weer vuur en vlam om vir my 'n bord te kry sodat ek elke keer kan kyk! Baie dankie vir jou nuusbrief, dit is voorwaar vir my 'n
baie groot seën. Groete - Adele Môre - ek wil met jou iets deel wat met
my gebeur het. Woensdag die vakansiedag lê ek in die bed, en is baie moeg. Iets
sê vir my jy moet gaan stap en maak ook so. Ek begin stap en stap en ek hoor
net hierdie stem vir my sê jy mag nie om kyk nie stap net. Ek kom later by die
punt dat die pad op hou en nog steeds sê die stem ek moet stap en niet die om
kyk nie, ek moet ook nie die maklike pad kies nie. Ek stap maar aan deur die
bosse en begin toe planne maak hoe gaan ek ander kant die draad deur kom. Maar
steeds hoor ek die stem sê stap net. Die volgende oomblik is daar op oop
gedeelte in die draad waar deur ek kan stap en kon ek terug huis toe stap. Ek
moet toe die bult uitstap maar wens dat my man of kinder my sal kom haal maar
steeds hoor ek die stem jy moet nog hierdie bult ook uitkom Ek stap die build
uit en kom toe bo, en die stem sê toe vir my jy moet nog hierdie bult ook nog
stap dan sal jy bo uit kom.
Dr Potgieter - baie dankie vir die wyse
raad, ek lei kinders van verskillende ouderdomsgroepe op om redenaars te kan
PRAAT, u 6 tekens wat die gehoor wil hoor kom handig te pas. My dogtertjie van 14 het juis nou die dag
nasionaal deurgedring met haar toespraak, pro-genade dood, alhoewel dit nie
haar persoonlike oortuiging was nie het sy daarin geslaag om die gehoor te
oortuig sonder fieterjasies en deur te fokus op wat die mense wil hoor. Nogmaals
baie dankie, ek waardeer u raad! - Juanita Dankie, ST...waardeer baie...so bly ek het
ingeteken op jou nuusbrief.. Dit gaan geweldig dol by die werk, maar
altyd lekker om jou skrywe te ontvang, net nie altyd tyd om terug te antwoord
nie. (en ek is nogals geweldig "opinianated" - vol opinies...) So, by
dit alles leer jy my om meer selfbeheersing toe te pas. Op
so vrolike noot, uit 'n koue, winderige, maar sonnige Pretoria - Naldine
Goeiedag
Lede - ST was hierdie week twee maal uitgenooi om op die radio te
praat. In albei
gevalle het soos een van sy vorige toesprake gesê het ,,,,,,“Gryp die
Geleentheid”,,,,,, woord by daad gesit, en Toastmasters ten volle aanbeveel.
Ons kry reeds een nuwe besoeker uit die vorige praatjie , en ‘n moontlike nuwe
klub in Potchefstroom. Ek het reeds Lois in kontak met die persoon gebring
wat weer op haar beurt reeds aksie geneem het. Baie dankie en baie geluk
ST ons by Toastmaters Tygerberg is trots op jou. Groete - Elna Beste Dr
Potgieter - Dankie vir 'n interessante
rubriek. Alvorens ons regering nie die grense van ons land behoorlik begin
beman met eerlike offisiere wat hulle nie aan omkoop beskikbaar stel nie, sal
ons nie misdaad en werkloosheid onder die knie Mense stroom
daagliks vrylik vanaf ander lande oor ons grense en aangesien hulle
meestal nie hier families het om voor te sorg nie, is hulle bereid of vir 'n
appel en 'n ui te werk, wat beteken dat daar vir ons eie mense nie genoeg
werk beskikbaar is nie. Dit word ook algemeen gevoel dat dit hierdie
individue is wat mense met geweld behandel. Dit is een ding om by 'n ander te
steel, en heeltemal iets anders om iemand koudbloediglik te martel en te
verkrag! Die ander baie
groot probleem is natuurlik ongewensede TV-programme, waarin geweld en
seks so vrylik uitgesaai word. Die mens se demokratiese reg om na die grootste
snert te kyk, kry voorkeur bo die realiteit van die skade wat die
uitbeelding van moord, geweld en seksuele losbandigheid op vandag se jeug
het. En dan word lande buite ons grense
ook finansieël ondersteun, terwyl ons eie volk in armoede moet voortsukkel! Nee
wat, ek is nie mismoedig en swartgallig nie, net realisties as ek sê ek sien
maar sien min
Beste ST -
Baie dankie vir jou prikkelende nuusbriewe asook jou baie waardevolle insetsel
nou die dag op RSG t.o.v. Toastmasters. Uitstekend! Groete - Carl Hi ST - Dit
bly maar n voorreg om van jou te hoor. Dit is regtig opbeurend om jou artikels te lees en te
verstaan... Hoop om gou van jou te hoor.
- Barry-John
Beste Dr. Potgieter - Baie dankie vir
hierdie nuttige inligting. My seun is in graad 4 en is juis besig om voor te
berei vir ‘n debat en hierdie inligting gaan baie handig te pas kom. Groete - Ilona Dankie, hierdie nuusbrief is so van
pas op die oomblik ek is besig om 'n vergadering voor te berei en al het ek dit
al soveel kere gedoen.....is ek so seker ek gaan dit bou om hierdie resep en
dit Beste ST - Dankie dat jy my bekendgestel het aan
Toastmasters… Ek het besluit om my met oorgawe op hierdie reis te begewe.
Dit is toe hoekom ek toe sommer gisteraand al my “speech” voorberei gehad het!
Ek het dit ook gedoen sonder enige riglyne – so miskien sal die Toastmaster
handleidings my op die regte spoor plaas. Ek wil nie hê dat my Icebreaker
‘n ysblok moet wees nie! Miskien ST -
Wanneer eet ons? As 'n vriendin se seun weier om skool te gaan moet sy
en die seun 'n sielkundige gaan sien? - Simon Goeiemore Dr Potgieter - Baie dankie vir
die wonderlike pitkos wat ek elke week kry. Dit beteken baie en gee my
sommer moed vir elke dag!! Waar Dear Dr Potgieter, I used to receive your
newsletters, and would like to continue receiving them as they are very useful
and informative. Thank you. - Dawn Dr ST - Baie dankie vir jou onderwerp
hierdie week. Ons wêreld draai mos maar om kommunikasie. Ek het eendag
(omtrent nou 'n jaar terug onderhoud op RSG gehoor met die wenner van
Toastmasters- prys (kan nie die detail onthou nie, het per toeval daar
ingeskakel) en het gehoop om meer uit te vind oor hulle byeenkomste. Ek sal
definitief so plan maak, sommer my man ook saamsleep en ekjou terugvoering gee.
Vriendelike Groete - Naldine Hallo Dr Potgieter - Ek geniet jou
nuusbriewe geweldig en leer ook ontsettend baie daaruit. Vandag het ek 'n
versoekie wat ek tot jou wil rig… baie dankie. Groete - Karen Goeie more
Dr - u stuur sulke mooi stukkies , baie dankie daarvoor. Weet nie of u tyd het
om na die ligter sy te luister nie maar ek stuur hierdie enetjie aan
u want dis ook baie mooi. Groete - Corrie
Ek wonder net baiekeer of ons nie maar
hierdie sake en onderwerpe bespreek om uitlaatklep vir ons eie vermoë en
kreatiwiteit te hê nie. Die regering aan bewind kom uit heeltemal ander milieu
as ons, is soos groot familie wat lankal bande gesmee het. Ons
"geleerdes" se gepratery, oordenkings ens. het geen invloed op wat op
pad is om te gebeur nie. Misdaad is maar een van die groot probleme, u vorige
brief het gehandel oor opvoeding. Ek dink natuurlik dis waar verandering moet
plaasvind. Kinders moet blootgestel word aan die wêreld, moet denkwyse aankweek
waar hulle vergelykings Die probleem is...ons Ekskuus, ek is miskien baie sinies maar
dis amper soos die Lotto...lang toue mense wat staan en wens om te wen...almal
stuur gebede op...wie se nood is die grootste?... Mmm...ja ek weet dit gaan nie oor die
nood nie...maar oor die geloof...."aan die wat glo sal gegee
word" maar as jou gesin, jou menswees bedryg word...is dit baie
moeilik om jou gebede op regerings...besluite en gemoedsveranderinge te
vestig... Dis maar eintlik my punt...ek praat nie
uit ondervinding nie...(en ek hoop en bid ek hoef nooit...vir my kinders se
onthalwe..) Die denkrigting van u is definitief in die regte rigting...en sal
fantasties Maar ek is baie skepties oor
uitvoerbaarheid....sal ons regstellende persoon Baie Groete en dankie vir die
geleentheid, (en jammer oor die lang brief... ek het ook bietjie van my
furstrasies ontslae geraak) Hier uit ST – net so ʼn
gedagte. My erflating aan die mensdom Ons word
deesdae gereeld gekonfronteer met die dood van iemand na aan ons. Tydens
die roudiens is daar mooi woorde, opregte waardering en dit hoort so. Maar dink ons
verder, wat gaan ons werklike erflating wees ? Geld, gerief, sekuriteit of
bloot ʼn materialiste erflating. Het ons lewens en bestaan dan werklik ʼn
verskil gemaak? Hoe wil jy onthou word, nie dit wat op die roudiens se kaartjie
staan nie, of op die grafsteen nie, maar wat is ons werklike erflating.
Want hoe jy onthou wil word behoort ook jou doelstellings vir die hier en nou
te wees, die motivering vir ons bestaan, die sin van ons lewens. Ek glo
nie die sin van die lewe is net om te glo nie, maar ook ʼn bydrae wat lank
onthou sal word. Groete - Rico Hallo Dokter - Ek het vandag vir die
eerste keer tyd ingeruim om te gaan kyk op die webblad en ek wil Dokter
gelukwens. Dankie vir die tyd wat Dokter inruim om die webblad, die nuusbrief
en al die kommentaar in te pas, by 'n besige dag - glo ek. ST - Ons het toe gisteraand ons vergadering gehad en basies is daar ‘n baie
sterk moontlikheid dat ons die datum van die geleentheid ST - ek het jou brief ontsaglik geniet. Ek moet
nogal sê dat ek by tye verbaas was oor jou benadering, veral in die gedeelte
waar jy verwys na “’n mens se gedrag gemotiveer word deur vrees“ My
persepsie was nog altyd dat die beginsel deur sielkundiges ten sterkste
verwyder wil word. Ek sien in groot mate die feit dat sonde al meer en meer
sielkundige verwysings kry as die groot probleem. Die eerste stap deur
howe in meeste gewelddadige misdaadgevalle is om die persoon vir sielkundige
waarneming te stuur en dankan dit as versagtende omstandighede in sy/haar guns
tel. Verstaan my asb. reg, ek is nie teen sielkundige hulp
nie, ek is ten sterkste daarvoor. As oud-onderwyser wat baie daaraan dink om terug te gaan
in die onderwys, is juis hierdie een punt wat jy noem, die hoofrede waarom ek
nie ernstig is oor my terugkeer na die onderwys nie. En praat jy met huidige
onderwysers (selfs in laerskole) word jy al meer gewaarsku om maar eerder te
„bly waar jy is, die onderwys is nie wat dit was nie“ Dit is hartseer,
want ek is gek oor kinders en sal enige tyd terugkeer, maar met van die stories
wat ek hoor is ek maar eerder versigtig. Groete vir eers - Eben Beste ST - baie dankie vir die inligting. As ‘n jong, 29-jarige vrou, is ek ‘n gereelde luisteraar van RSG en het al na heelwat van jou praatjies geluister, ek geniet ook die gereelde bydraes/stukkies wat jy in die Tygerburger skryf. Dankie & groetnis - Suné Baie dankie vir die inligting ek sal dit beslis opvolg
en luister. Ek wil graag weer vra wat is die moontlikheid dat u die enkel ouers
of ondersteuners groep in Sarepta
Môre ST - dankie
vir die inligting. Ek was nou die dag in die Kaap en het die artikel in die
Burger gelees oor wat jy gesê het oor 'n persoon se breinprofiel. Ek is 'n
"practitioner" van die Neethling breinprofiel en het nogal baie te
doen met mense en hul breinprofiele. Ek kan nie anders as 100% met jou saam te
stem nie. Ek hoop net meer en meer organisasies wil dit so insien. Ons probeer
ook sterk om dit deel te maak van spanbou -sessies deur die normale "river
rafting" ens. af te wissel met mense se dink voorkeure, ens. Groete - Callie Beste ST - ja, hierdie is ʼn realiteit.
Toevallig - vanaand is een van ons busse wat werkers vervoer met klippe bestook
omdat hulle nie aan ʼn staking wil deelneem nie. En toe sien ek
jou e-pos. Toevallig? Nee - dit is hoe die Heilige Gees werk. Die 4 pilare van ons samelewing is besig om te verkrummel
: 1. Gesinne
–
ons gesinne is stukkend en ek is net dankbaar dat my gesin heel is – Jesus se genade
met ʼn pragtige vrou en 2 seuns wat my maats is. 2. Skole,
universiteite – godsdiens, dissipline en orde in nie meer “cool” nie. Selfs
die debat by US is ʼn sprekende voorbeeld. Stellenbosch
universiteit se leiers takel mekaar in die pers – na my beskeie
mening is dit onvolwasse en elf onverskoonbaar en dan bedank die rektor nadat
die vuur reeds brand. Ek het so berig daaroor in Rapport geskryf – dit is uiters
swak as geleerde mense mekaar in die pers aanvat. Hoe verduidelik ek dit aan my
2 seuns wat daar studeer? 3. Die
kerk – ek wonder of die kerk nog oor 10 jaar in haar huidige vorm gaan bestaan en
of ons “streek kerke” gaan kry waar die massas is. In kleiner gemeentes
van al die denominasies raak lidmate al minder. Die gesig van die kerk en
christendom is besig om te verander, maar ek glo onvoorwaardelik dat God Sy
kerk in stand sal hou. Kerkleiers takel mekaar ook in die kerkbode, wat se
selfgenoegsaamheid is dit nie of wil sommige kerkleiers in Luther se spore loop
? Ek dink Calvyn en Luther se spore is so diep getrap, dat die paar kerkleiers
daarin sal verdwaal – die een betwyfel Christus se opstanding en dan
word die debat verder in die pers gevoer. Waar is ons kerkleiers? – die stilte is
skrikwekkend, kruip hulle weg of is hulle te gemaklik? 4. Ons
gemeenskapslewe is voor die TV. Ons lewe in ʼn droom van
materialisme sonder enige uitreik na ander. Ek neem aktief deel aan die kerkbode se kletskerk en dit
was vir my ʼn openbaring die afgelope 6 maande.
Deelnemers is versprei oor die hele wêreld, maar die
aanslag op die Christendom is ook daar sigbaar. Ek plaas die afgelope
paar maande elke Sondag my gebed vir die week. En weet jy – daar is mense wat
dit in flarde ruk en my self “name” noem en vloekwoorde gebruik teenoor my
verlosser. Maar, stil sal ek nie word nie. Maar – self die ateïste neem aktief
deel, dalk omdat die tema rondom Christus hulle so aantrek of dat ons as
christene besig is om die saadjie oor die wêreld te versprei.
Dieselfde geld vir die ekerk.co.za Dit is regtig stof tot nadenke en so
ook jou webwerf. My voorstelle wat ek gereeld uitleef is : 1. In
my werk probeer ek soos ʼn Christen leef – soms is dit
moeilik, soos vanaand toe ek die berig van die aanval op ons bus gekry het. Ek
was kwaad, teleurgesteld, want my werkers was op die bus oppad na hulle
gesinne. En ja- terloops sien ek jou e-pos en nou sit ek lekker en
skryf. 2. Neem
deel aan al die forums, die kerk, die e-kerk ens en dra die boodskap uit. 3. Bevraagteken
dit wat verkeerd is – die woord is magtiger as die swaard en met die
woord sluit ek die geskrewe woord in. 4. Kom
ons bid meer en meer, en klae minder en minder. 5. Weet
jy ST – vir my is die onverklaarbaarste aspek van my lewe die volgende – hoekom lewe ek
nou, vandag, hierdie aand ? Ek is so dankbaar dat ek in die tyd mag leef,
want ek weet dat God ʼn doel het met my lewe. Môre is weer eens
die eerste dag van die res van my lewe. Jong – nou moet ek ophou – lekker slaap en
ek geniet jou insette en ek bid ook vir jou webwerf. - Rico Geagte
Dr. Potgieter - die artikel oor
die misdaad in Suid-Afrika is aangrypend, maar dit is nie net beperk
tot SA
nie, hier in die VSA en veral New Orleans het die misdaad heeltemal
hand
uitgeruk en daar word besprekings, seminare ens. gehou om die probleem
te
bespreek. Nou is die National Guard hier om te probeer om die misdaad
te
bekamp, nog geen resultate nie. Die probleem is dat hier sowel as in SA
het ons
met elemente te doen wat geen respek vir ander se lewens of eiendom het
nie.
Ook die feit dat hulle weet hulle nie gestraf gaan word nie, omdat in
beide
lande die resgstelsel 'n grap geword het. In New Orleans is daar geen
regters
nie, die howe is nog nie eens 'n werkende eenheid geword na Katrina
nie. Die
vrees om as rassis gedoop te word is is so groot dat die boewe liewer
losgelaat, alleen gelaat word om met hulle terreurveltogte voort te
gaan. Nie
voordat die oorsaak van die probleem aangespreek en iets aan gedoen
word nie,
sal niks verander nie, dit is net die simptome wat behandel word, die
kanker
kan nie so genees word nie. Die groot konfrontasie is op die voordeur
van die
algemene man in die VSA en dit gaan nie 'n aangename les wees om te
leer nie.
Die groot probleem is ook dat die grootste kriminele in
regeringsposisies is,
of dit nou of in SA is, dit is dieselfde siekte. Groete uit Babilon - Monica Hi
ST - ek voorspel
dat jy oor hierdie onderwerp die
meeste reaksies ooit sedert die instelling van jou nuusbrief van jou
intekenare/lesers gaan kry, want almal in
hierdie land is nou al so gatvol oor die misdaad in ons land. Jy het
egter nou
hierdie nuusbrief aan die verkeerde persoon gestuur, want ek sit hier
en
oorkook en kan my nie weerhou van kommentaar nie, dis mos wat jy wil
hê. Ek sal
volstaan by slegs 'n paar ongepubliseerde menings en ek is
seker jy sal
in jou persoonlike kapasiteit heel waarskynlik daarmee saamstem. Lets
compare
notes. Wie
het hierdie
hierdie wettelose, ordelose en respektlose samelewing en omstandighede
geskep
het waarin ons vandag lewe en hoe het dit gebeur? Maklik, reg geraai,
die
regering vanaf 1994 moet tot verantwoording gebring word hiervoor. Die
sogenaamde
MENSEREGTE en al die ander landswette het so verander het dat
die meeste
van die regsmag van ons Polisie en landburgers weggeneem is sodat hulle
hande
afgekap is om daadwerklik op te tree teen korrupsie en ernstige misdade
en geharde
moordenaars en misdadigers het nou al 12 jaar lank menseregte? Die Regering het met dieselfde Menseregte wette veranderinge ook sirkusse van skole gemaak met die ontneming van mag en dissipline van die opvoeders. In die proses het hulle die opvoedkundige pillare wat die gronslag van 'n nasie is en waarop hierdie land gebou is en op gestaan het, stelselmatig afgebreek dat ons vandag in ons reeds siek samelewing ook die produk daarvan in ons jeug sien (en soos Danie vra, van sy opmerkings is onpubliseerbaar!!) - Danie Dr
Potgieter - Ek stem volkome saam met jou aangaande dis misdaad
bekamping. My
suster se dogter woon in Dubai - sy kan met ' n geruste hart haar
melk en sap geld om 3 uur die middag buite op haar koeler houer sit en
teen
vanaand 6 uur is dit steeds daar - of die melk en sap sal daar
wees. Toe
sy per abuis haar beursie op 'n hopie materiaal in 'n winkerl vergeet
het, kon
sy teruggaan en dit 20 minute later steeds op die hopie kry.
Sal dit nie
wonderlik wees om so hier in ons mooi land te kan leef? Wat
die onderwysers en hoofde betref - is jy weereens in die
kol. Ek self het 3 kinders en het van meet af vir
die onderwysers
gesê as hulle stout is - straf hulle. Ongelukkig
weet ek ook dat ouers
amper 'n groter probleem as van die kinders kan wees - want niemand mag
tog
hulle bloedjie "verkleineer" deur met hom te raas - hetsy oor gedrag,
lang hare, huiswerk nie gedoen, en die lys word net langer.
Het sommige
van ons ouers nie 'n groot aandeel in die traak-my-nie-agtige houding
in die
skool teenoor die onderwysers - in baie gevalle - sommer teenoor
volwassenes
ook nie? Weet ons kinders werklik wat die woorde respek en
konsiderasie
teenoor jou medemens beteken? Ek vra maar net. Ek
sê glad nie gee
pak links en regs nie - ek sê net kinders moet eers by die
huis opgevoed word
om respek en eerbied vir 'n onderwyser/hoër gesag te
hê. By die skool
moet hierdie reëls voortgesit word. Ja maak werk met
al die belhammels en
diegene wat nie hul kant in die samelewing wil bring nie. Ons
wil regtig
nie ons kinders tussen dwelmsmouse, wapendraers, ens. skool toe laat
gaan nie. Gaan ons ooit die polisiediens regkry? Dis so jammer dat almal oor dieselfde kam geskeer word, want ek glo tog daar is diegene wat werklik alles wat hulle het in hulle werk sit, geen korrupsie sal duld en alles sal opoffer om wetteloosheid te bekamp en hulle werk geloofwaardig te maak. Miskien, net miskien leef ons eendag in 'n utopia! Groetnis – Lynda Liewe vriend - Ek wil eerstens vir jou baie dankie sê vir die weeklikse inspireerende briewe wat jy met groot moeite saamstel en uitstuur. Dit bemoedig ons ontvangers van hierdie briewe en so help jy om 'n positiewe verskil in ander se lewens te weeg te bring. Ek
wil graag net in kort 'n paar gedagtes rondom jou
skrywe oor die misdaad in ons land met jou uit ruil. Ek sê
nie dit is die alfa
en omega oplossing hierdie, maar ek weet dit is die begin van 'n
herstel
proses. Mense
moet weer tot die besef gebring word van
"eie verantwoordelikheid". · Elkeen
moet besef jy gaan verantwoording moet doen vir wat
jy tydens jou aardse bestaan jou self mee besig gehou het. · Jy
moet ook in elk geval besef dat dit waarmee jy jou
besig hou het gevolge vir jou en vir ander hier op aarde. Jou
verantwoordelikheid-sin dryf jou daartoe om eerder goed te doen teenoor
jouself, jou naaste en ander as om enige een te benadeel in die proses.
Eie
verantwoordelikheid soek nooit net eie gewin nie. Eie
verantwoordelikheid soek
ook net die beste vir jou naaste en samelewing. · Elke
mens het 'n gesonde verstand ontvang en behoort dis
baie mooi hulle brein te benut en mooi te dink en dinge uit te redeneer
voordat
hulle sommer net iets doen of hulle self blootstel aan nonsens.
Volwasse mense
kan nog vir kinders dink tot op 'n stadium, maar daarna het elkeen 'n
verantwoordelikheid om self jou gesonde verstand te gebruik
en nie
sommer net voorgesê te word oor hoe jy iets moet doen of
voorgeskryf te word
deur die norm van die samelewing nie. Eie
verantwoordelikhied beteken ook dat jy nie jou
verantwoordelikheid afskyf op 'n ander een nie.
· Hoe
dikwels is die mens geneig om altyd die skuld vir iets
by 'n ander party te soek - Jy besef dalk jy het 'n fout gemaak maar
dan
regverdig jy die fout wat jy gemaak het deur te sê dat dit
nie eintlik jou
skuld is nie want vooraf het dit en dat gebeur of die en daai het 'n
invloed
gehad op die situasie waarin jy jou bevind en daarom het die fout nou
deur
getrek tot by jou (as jy verstaan wat ek bedoel) · Ons
mense moet besef jy kan nie jou verantwoordelikheid
afskyf op die skool, of die kerk, of die polisiemag of watter
organisasie of
regering ookal nie. Jy self het die verantwoordelikheid om disipline
toe te pas
by die huis. Jy self het die verantwoordelikheid om 'n gesonde
verhouding met
God te behou. Jy self het die verantwoordelikheid om toe te sien dat jy
die
regte ding doen en nie ander benadeel deur dit wat jy gaan doen nie. Jy
self
het 'n verantwoordelikheid om jou naaste te help en toe te sien dat
hulle nie
die verkeerde dinge doen nie. Eie
verantwoordelikheid beteken ook om te kan vergewe
en te kan vergeet.
· Ons
leef nie in 'n volmaakte wêreld nie. Almal maak foute.
En ja, dalk tot groot skok van sommige mense, God laat toe dat mense
foute
maak. En nee, die duiwel het nie die oorhand gekry oor God nie. Daarom
is dit
noodsaaklik dat ons as mense moet leer om te vergewe. Ons moet dit wat
vir ons
sleg was en wat gebeur in die verlede het, vergewe en op die agtergrond
plaas.
Ons moet vergeet daarvan. Ons moet eerder die gevolge van die sleg wat
plaasvind so help verander dat dit tot voordeel in die toekoms is en
nie
probeer "'n oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand" te speel nie. · Moenie
die persoon heeltemal afskryf en uitskyf wat 'n
fout gemaak het nie. Gebruik hierdie persoon eerder in die proses om
die
nagevolge van die fout so te verander dat dit tot voordeel is van almal
en
alles. En as die mens 'n eie verantwoordelikheid-sin weer aan geleer het, sal alles spontaan weer begin reg kom binne 'n jaar of twee. Wisdom statement: Peace is not the absence of problems. If God brings you to it, He will brings you through it. Baie sterkte en vriendelike weskus groete - Walter Dr. ST - Dankie vir die nuusbrief – dit is sommer lekker om weer van u te hoor. I.v.m. die inhoud slaan u die spyker op sy kop. Ek glo is dit wat almal wil hê moet gebeur, maar dat daar ‘n plafon is wat dit keer gebeur en dit is die plafon wat verwyder moet word. Dit is waar dat misdadigers ‘n vrees moet hê vir hul straf en dus van hul plan moet afsien, maar dit gebeur nie, maar hoe anders as die voorbeeld dan is dat voorheen gevangenisse nou in bestuursposte geplaas word. Hoe kan ‘n regering bv. nou weer geld wil bestee om ‘n lughawe se naam te verander, maar daar is soveel meer noodsaaklike dinge wat aandag, tyd en geld DRINGEND benodig. Daar is soveel honger mense, ai ek wens mens kan sommige mense net wakker skud! My bede is steeds dat daar ten minse 1 dag sal wees waar niemand aangerand, beroof, nêrens ingebreek ens. ens. ens. van hierdie slegte dinge sal wees. Groete vir eers en ‘n lekker dag. - Marietha Goeie môre - Ek ontvang weekliks 'n nuusbrief van Dr. S.T. Potgieter en vanoggend was dit toevallig dat sy nuusbrief gaan oor "Misdaad in ons land". Ek het gisteraand hierdie week se uitgawe van Huisgenoot gekoop en gekyk na die voorstelle van ons bekendes en toe ek vanoggend deur Dr. Potgieter se nuusbrief lees kon ek nie help om te dink dat ek dit vir julle MOET aanstuur nie. Genoeg is genoeg en ons moet saamstaan. Ek cc die e-pos na Dr. Potgieter sodat hy kennis neem dat ek dit vir Huisgenoot aanstuur indien julle van sy voorstelle wil publiseer. Baie dankie - Louisa Beste dr Potgieter - Ek sou graag 'n ander benadering wil byvoeg, een wat van 'n ander hoek af begin, naamlik by die oorsake. Ek sou graag wou sien dat daar ondersoek ingestel word na die oorsake vir die geweld in Suid-Afrika en dat dit op 'n deurtastende manier aangespreek word. Ek
dink byvoorbeeld dat die kinders wat in die vorige
bedeling nie by hulle ouers kon grootword nie omdat huishulpe nie mans
of
kinders by hulle mag hê en trekarbeiders ook sonder gesinne
moes werk en leef,
maar op grootouers afgeskuif is, een groot oorsaak vir geweld en gebrek
aan
dissipline is. Ook die gedwonge verskuiwings van gemeenskappe en die
skeuring
en verbrokkeling van samehorigheid wat daarmee gepaard gegaan het, het
myns
insiens gelei tot 'n gebrek aan identiteit, tot wantroue en
wetteloosheid. Daar bestaan sekerlik nog meer redes wat sosioloë sal kan uitlig. Ek dink so 'n positiewe, proaktiewe aanslag sal beter kanse op sukses hê as 'n drakoniese reaksie. Groete - Margot Hi
Dr ST - Dankie vir
die. Your vision is long term and
will address root causes of the despondency that threatens to decend on
this
beautiful land and its extraodinary people. I
lived in the Middle East for nearly
five years, and was confronted with Sharia (Islamic) Law, where in
Saudi
murderers are publically executed. Thieves lose a finger and sometimes
even a
hand for crime. Rapists are publically stoned to death. Harsh? Maybe,
but
needless to say, there is almost no crime. Fear does prevent crime. Thank you again for your
wonderful
newsletter. Hierdie engelsman geniet dit tog baie...! - Mark ST
-
Ek stem 100% met jou saam. Saam met jou voorstelle
ook die idee van
"strafkampe" waar hierdie geharde misdadiger fisiese harde
handearbeid doen en ook sommer iets sinvols soos paaie bou of tuine
maak en kos
produseer, ens. Soos jy sê, vrees inboesem blyk 'n
goeie
idee te wees. Een groot probleem wat ek voorsien is die sogenaamde
menseregte
van die klomp. Ons is mos meer gepla oor 'n misdadiger se menseregte as
die
wetsgehoorsame burger s'n. Ek
hoop dat
die regering nou ernstig gaan raak oor die aangeleentheid en dat
dit nie
net weer by praat bly nie, iets waarin ons ook die
wêreldkampioene is!! Groete
- Callie Ek meen
rêrig waar wat word van ons land. Ons gesin is ook al beroof
2 maal waar hulle
alles gevat het ..alles. Die laaste keer was nog net voor ons op
vakansie
gegaan het. Al die tasse was gepak en alles reg om daai middag te ry so
dra die
skole uit kom. Ek en ma het gery om padkos te koop en die
opgewondenheid was al
erg in ons. Toe ons by die huis kom en ek stap na die voordeur toe sien
ek hy
staan oop. Ek neem toe aan my pa is al terug en ons kan dalk
vroeër ry. Maar
tot my skok staan ek toe gesig tot gesig met ‘n man wat ek
nie ken nie en in sy
hand is my ma se geliefkooste blompot ons het vir mekaar gestaan en
kyk. Ek met
haat in my oë en hy met skok, maar waar ek die
skielike spoed vandaan
gekry het om te hardloop en ma te gil sy moet ry weet ek nie. Dit sal
my altyd
by bly wat ek daai dag gevoel het. Ek het ook
as kind ‘n baie nare ondervinding gehaat. Ons het vir my
tannie in Bloemfontein
gaan kuier. Ek het met my neef se fiets op en af gery in die straat.
Toe ek
agter kom daar is n bakkie met ‘n jong man wat ook die
heeltyd in die omgewing
ry. Ek as kind het my eers nie daaraan gesteur nie. Maar later onthou
wat my
juffrou my geleer het oor dat as iemand jou ongemaklik laat voel vertel
n groot
mens. Dis toe ek maar besluit om in die erf rond te ry. My tannie hulle
se huis
het nie mure of iets om gehaar voor nie so dis oop. Dit was nie 5min
toe stop
die bakkie en die jong man roep my. Ek bly toe op die fiets en ry langs
die
bakkie waar ek toe gaan staan. Hy het my gevra waar is die winkel is.
Ek
verduidelik toe dis net om die draai hy kan maar net reguit ry hy sal
in dit
vas ry. Dis waar hy toe vra ek moet saam ry. Ek het yskoud geword en
besef wat
aan gaan. Ek se toe vir hom nee ek mag nie my sal nie lat ek nie. Toe
ek
probeer weg trek met die fiets veloor ek beheer en val teen die bakkie
waar my
hand toe aan die deur vas gryp. Dis waar hy sy geleendhied sien en my
toe gryp.
Ek het begin gil maar niks het uit gekom nie. Ek het gedink dis verby.
Gelukkig
toe kom my oom se vriend wat toevalig n polisieman is en sien wat
gebeur. Die
man het geskrik en my laat gaan. Dit was absoluut n nare ondervinding
ek kry
nog steeds so koue gevoel as ek aan dit dink. Na die voorval het vir
byna 3 dae
met niemand gepraat nie. Net voor die tv gesit. As ek net dink wat
alles al kon
gebeur het. Hulle het die man gevang maar hy is weer n paar jaar later
vry
gelaat vir goeie gedrag. Ek was een van die gelukkiges. Sy ander
slagoffers was
nie so gelukkig nie. Hoe meer ek
dink aan al die negatiewe dinge wat met my en mense om my al gebeur het
dan
voel ek haat in my self. Dis n soort haat wat jy voel jy kan moor. En
ek hou
nie daarvan nie. Ek stem
saam dat as ons daai 3 stappe kan volg dan sal dinge kan verbeter. So
dis waar
ek vandag ook ‘n belofte aan al die slagoffers van misdaad
maak dat ek sal
alles in my menslike vermoee doen om te help. Maar ek wil nie net my
naam op ‘n
lysie sit nie ek wil iets doen en ‘n verskil maak. Ek is
offer my self aan vir
enige veldtog wat ek kan help. Die tyd is nou en as ek een mens kan
help en die
pyn voorkom dan weet ek, ek het iets gedoen en nie net gesê
nie maar gedoen. - Laurienne Geagte
Dokter - Ek wil my stem byvoeg en
sê Amen - ek ondersteun hierdie voorstelle. Ek
hoor graag van u. Groete -
Johan Dankie,
en ja, as 'n mens net voorstelle
soos joune by die "regte" mense kon uitbring. Aan die anderkant, sal
hulle gehoor gee daaraan?! Sterkte! Groete - Lynette Môre
- Dit begin weer by die begin. Gee
baie liefde vir kinders en aandag sodat hulle nie op ander plekke moet
gaan
soek nie. Stel belang in jou kind en ondersteun hom in wat hy doen moet
nie
altyd afbreek nie al dra dit nie jou goedkeuring weg nie. Die kind of
self
ondervind dat dit nie werk nie want hy glo nie 'n ouer nie. Dit begin
alles by
die ouer huis, maar verkeerde maats of verkeerde invloed kan ook 'n
invloer hê.
Dit is so jammer dat jongmense nie meer respek het vir ouer mense nie.
Hallo
ST - Ja hier waar
ons in Oranjemund bly ken ons
nie regtig misdaad nie. Ons is nog van die
gelukkiges. Dit is 'n toe
dorp en elkeen moet 'n permit he om hier in te kom.
Jy
moet eers 'n "police clearance" kry. As jy 'n
kriminele
rekord het kry jy nie 'n permit nie. Hier word so nou en dan
in iemand se
motorhuis ingebreuk, dan is die hele dorp in rep en roep. (Dit is
gewoonlik van
die kinders wat vir die vakansie huis toe kom). Hier kan die
kinders nog in die aand gaan vliek en huis toe stap.
My klein
seuntjie van 7 ry ook in die straat met sy fiets en gaan kuier vir sy
vriende. Ons moet net oppas vir die gemsbokke wat los hier
rondloop. Ons is 'n klein dorpie met net 'n
laerskool met so 800
kinders. As ons af Kaap toe gaan of Windhoek toe
gaan is ek skoon
in 'n toestand. My kinders moet die heel tyd by my wees, want
ek is tog
so bang iemand steel hulle. Ons besef nie altyd hoe geseend
ons is om
hier te bly nie. Ek bid vir almal daar buite wat elke dag in vrees moet
lewe. Lekker dag. - Karien Hallo
Dokter, kan
u en u vriende asseblief ‘n gebed vir ‘n vriendin
van my doen…sy is op die
oomblik in kraam en die baba is in gevaar. Daar is ‘n
moontlikheid dat hulle ‘n
nood keisersnee sal moet doen. Haar naam is ook Chantal en sy is nog op
skool…
Ek vra dat u en almal om u haar en die baba in gebed sal opdra aan die
Here
asseblief? Baie dankie – God seën u! - Chantel Baie
dankie vir elke stukkie kosbare
leesstof wat ek ontvang. Al
is ek so
stil – ek is elke keer opgewonde
as ek
sien daar is ietsie om te lees. Dankie
daarvoor en vir die direkte aanspreek, dit voel asof jy dit dan net vir
my
skryf. Baie dankie - Naomi Geagte
Dokter, baie dankie vir die baie
opbouende nuusbrief vandag. Dit was duidelik dat ek, 'n gewone
alledaagse mens, ook hierdie moes lees, want gisteraand met ons
omgeegroepbyeenkoms, het presies dieselfde boodskap navore gekom - met
die klem op ons elkeen se uniekheid deur God geskape, - nie net DNA
gewys nie, maar ook op ander gebiede en dat God elkeen van ons NET SOOS
ONS IS 'n spesiale bediening gee in sy Koninkryk met die talente (baie
nog onontwikkel en waarvan ons nog nie bewus is nie) net soos hy dit
wil gebruik - dus is die boodskap ook probeer alles, maak foute, MAAR
hou aan probeer. Het
Maandag aand net gou by Tjekkers
(Proteahoogte) ingehol en uitgehol en toe die ontdekking: my 21 jarige
ou
karretjie is gesteel! Het geen markwaarde gehad nie, was geroes maar
dit was al
wat ek gehad het. My arme vrou is in 'n "state" maar ek glo dat die
Here vir my iets beters in gedagte het. Intussen het ek darem 'n fiets
waarmee
ek by werk kan kom (8km) en kan een kind by skool aflaai. Voel of ek
nog onder
narkose is. Dalk sal die volle impak my later tref. Ek tel my
sëeninge. Die
karre en busse en taxis moet darem net die fietsryers ook in gedagte
hou. – Renier Beste
Dr ST baie dankie vir hierdie goeie
raad. Hierdie raad deel ek altyd saam met my kolegas hier by die werk,
my ouers
en aan my enigste kind (seun). Ons as huisgesin gaan tans deur n
moeilike tyd.
My vraag aan u dokter is hoe inspireur of moedig n mens jou kind in die
lewe
aan, as ek en my kind sielkundige deur sy vader afgebreek word met
alles wat
ons doen of sê. Niks wat ons doen is reg in sy oë en
soek altyd fout met alles.
Groete - Elize Ja,
dis moeilik om weer selfondfersoek te
doen.Ek het die drankduiwel onder beheer, maar sukkel met die sex
addiction...dis omdat dit nie sigbaar is nie, en mense nie daarvan weet
nie. ek
moet eintlik SLAA meetings bywoon en kom nie so ver nie. Daars
‘n goeie online
support group by yahoo en ek wou nie die postings meer lees Eben of
myself wil jou kontak oor 'n geleentheid waar ons Familiebedieningsspan
van
Heidekoppie gemeente jou graag wil betrek as spreker wat ons met jou
wyse raad
kan bedien. Die geleentheid sal 8 Augustus die aand
wees. Is jou
dagboek nog oop? Indien wel, wanneer sal vir jou gelee wees dat Eben
jou kan
kontak met meer besonderhede? Dankie vir jou tyd en ek hoop en vertrou
dat jy
ons wel daardie aand sal kan toespreek. Vriendelike groete.
- Carien More
ST - Het 'n tydjie terug met jou
gepraat oor die optrede by die skool. Ek gaan vir jou 'n paar datums gee en dan kan
jy maar vir my
laat weet watter datum jou die beste pas. Die tyd is van 08:00
tot 08:30
in die oggend. Baie dankie, praat weer met jou.- Lizane Dagsê,
dlk kan jy vir my hierop
antwoord. Dis iets wat ek nie kan verstaan. Waarom
sien 'n man 'n
mooi vrou raak al is sy vriendin/vrou als wat 'n man
soek en het
hy haar baie lief. My eks het dit nooit gedoen nie en ek sit met 'n
vriend wat
so is. Ek glo dat wanneer jou man jou opreg liefhet, sal hy
slegs oe vir
jou he en slegs op jou konsentreer en nie ander raaksien of is ek
onredelik? Ek voel dit moet so van die vrou se kant ook wees.
Groete - Belinda Liewe Dr
Potgieter - Ek vind u nuusbrief ongelooflik by tye want dit is net
positiewe
dinge wat hieruit kom. Ek het nie op die oomblik toegang tot die
webwerf nie en
dus sal ek bie sekere aantekeninge kan besigtig nie. Graag wil ek net u
hiermee
geluk wens op die besonderse sukses wat u en u lesers behaal het in hul
persoonlike lewe. Ek is seker almal kan net iets goeds hieruit leer. Ek
dank u
graag hiermee. - Firgil Hi Daar -Ek
wil net baie dankie sê vir die wonderlike inisiatief met die
nuusbrief. Ek het
dit van n vriendin gekry, wat
tien teen
een gevoel het ek sal dit waardeer,
en
sy was nie verkeerd nie. Baie keer dan wonder n mens hoe kan jy ander
help, want geld het
jy nie, tyd is daar
nie, dan kom so n
idée, en
dit is meer as wat n mens ooit in geld sal
kan omsit. Baie dankie - Ashline More,
graag wil ek
vanoggend vra dat u asb my
mammie opdra in u
gebede sy is siek. Tot
‘n volgende keer. Groete - Rhiet Dankie
Dr Potgieter vir hierdie stukkie
wysheid - net die inspirasie wat ek vanoggend nodig gehad
het! My seun is
tans eerstejaar by Maties en dit het nie te goed gegaan met die eksamen
nie -
al het hy baie hard studeer. Hy is tans baie mismoedig en is
onseker oor
die pad vorentoe. Ek gaan dit vir hom uitprint en gee vir
motivering vir
die res van die jaar wat voorlê. Ek probeer hom
elke dag moed inpraat -
maar die regte woorde ontbreek dikwels. Jou kinders hou jou
op jou knieë
né! Groete - Mari Hallo
ST - Ek het gister in ons VAN ALLES
EN NOG WAT jou bydrae geplaas: 'n Straat met die naam Doodloop. Ons het
toe
onderstaande briefie van iemand ontvang. Ria Hallo
Julle, ek skryf vir julle twee net
'n e-pos met 'n dankie vir die Dokter se inspireerende boodskap in "Van
alles en nog wat". Ek weet ek moenie dit na Hallo ST, seker baie waar wat jy sê as 'n mens nie gelukkig is in jou werk nie moet jou lewe 'n hel wees. Ek het nog nooit so daaraan gedink nie, wat seker beteken dat ek redelik gelukkig moet wees in my werk. Ek wil nie graag werk nie, hou van huisvrou wees, maar as enkellopende MOET ek werk… Ek neem aan jy's amper iets soos Dr Phil. 'n "Life skills: terapeut. Dit moet baie "rewarding" werk wees. Wens ek kon ook meer doen om mense te help. Dankie vir jou briefie waarin jy my meedeel wat jy doen. Ek wil baie graag een of ander tyd 'n afspraak maak vir my oudste seun. Ek is eintlik jammer dat ek en my kinders nie na jou gekom het nadat ek geskei is nie. 'n Mens besef nie hoe alkoholisme 'n gesin kan aantas en skade kan aanrig nie. Ek besef nou dat ek dalk 'n beter ouer sou gewees het as ek dalk terapie gehad het waarin ek kon "deal" met my eie pyn. Ek groet eers. Ek geniet veral die briewe op jou "website" waar mense hul lewensverhaal of liewer hulle krisisverhale oordra. Vriendelike groete - Wena ST, ons het ontsettend las begin kry van mense wat “Gemorspos “ begin stuur het. So het ons van ‘n persoon met die naam Joe Moran begin pos kry sonder dat ons ooit daarvoor gevra het. Probleem is dat dit ons stelsel so oorlaai het dat dit soggens ure geneem het om af te laai. Ons “ Helpdesk” kon gelukkig daarin slaag om dit te blokkeer en ek vermoed dat hulle jou nuusbriewe ook blokkeer het in die proses. Ek stuur nou dadelik vir hulle ‘n E.Pos om te vra dat hulle daarna kyk en dit oopstel. Nogmaals baie dankie vir die harde werk. Jou weeklikse nuusbriewe is regtig vir ons almal ‘n aanmoediging en inspirasie en daar is geen manier dat ons dit nie sal wil ontvang nie. Groete - Francois Hallo Dr. Ja u het al my briefies geantwoord maar baie dankie ek waardeer dit en als maak nou meer sin en gelukkig het ek tot nou toe nog nie weer ‘n woord van hom gehoor nie. Lekker dag en ons praat weer. Groete - Ronel Ja,
elke dag is al klaar 'n bewys van Sy
groot genade!! Maar soms vat ons as mens dit as vanselfsprekend......my
fout is
dat ek te veel in die verlede leef en die goeie van vandag heeltemal
miskyk! En
ek hoop dat ek 'n daadwerklike poging sal kan aanwend om vir die hier
en nou te
lewe want ek wil die mense vir wie ek so baie lief is, nie verloor
nie!! Lekker
dag vir jou!! - Cheryl Goeie
dag
ST, Baie dankie vir die bemoediging, dit is altyd great om van jou te
hoor! - Riekie Hallo
ST - Ek sien vandag ook jou artikel
in Die Burger. Wonderlik om mense so te kan
ontleed. Ek het nog
altyd geweldig belanggestel in die sielkunde. Dit fassineer
my.Groete, en
dankie vir die goeie wense, moet darem sê as die son so
lekker skyn help dit
vir die gemoed. Ek kry bietjie seisoenale
depressie. As dit vir dae
lank so reen en betrokke is voel dit asof iemand 'n kombers oor my kop
getrek
het. Ek het regtig die sonskyn nodig. Sterkte
ook vir jou in jou beroep waar jy
ook seker soms kan terneergedruk raak wanneer jy gedurig na ander se
probleme
moet luister. Maar dit lyk my jy's meer in die
Beroepsrigting. Groete - Wena Dr.
ST - Baie dankie – dit is ‘n pragtige
en baie waar artikel. Dit
is so ‘n
pragtige dag en vanoggend sê ek vir my kollega ek wil sommer
huppel i.p.v.
stap, want ja ons moet ‘n bietjie die blindings oopmaak en
gordyne oopmaak en
die son in nooi en die plante, berge ens. daarbuite raaksien en die
Here dankie
sê vir dit alles. Ja
ek voel baie keer ook maar mismoedig
en maak ‘n klein probleempie ‘n berg en dit is al
wat ek ‘raaksien’ totdat ek
‘n bietjie buite kyk en besef dat die Here wel in beheer is
en dat as Hy vir
die natuur kan sorg sal hy my probleem ook beter maak en dan gebeur dit. Ek weet dit klink seker
maklik – ek moet
erken ek is die Here dankbaar dat ek nie ‘n gestremde
kind/dwelms/skei of sulke
groot dinge al te doen gehad het nie en kan my indink dat ‘n
mens dan in sulke
omstandighede sekerlik baie meer mismoedig voel. Daar
is baie tye wat ek sommer net ‘n
baie groot uitveër en ‘n baie groot pot Tipp Ex wil
hê om almal se seer te kan
uitwis, dan oorweldig die trane my sommer sonder ophou. Ek
het gister ‘n gebed per e-pos ontvang
en stuur dit graag vir u. Ek
het die
naweek op die voorblad van die Huisgenoot die foto gesien van die
meermin kind
wat begin stap het en ek kan nie ophou vra hoekom laat die Here sulke
dinge
plaasvind ? Opnuut
het ek in die gebed
weer besef daar is dinge wat ‘n mens nie moet probeer
verstaan nie, maar net
aan die Here moet oorlaat om te beheer. Mag
u ook ‘n mooi sonskyn dag verder hê!
Groete - Marietha Wil
sommer die volgende net met iemand
deel: Ek
het nou sommer so tussen die werk deur
gebid vir almal in die wye wêreld dat niemand vandag vir
iemand enige seer sal
aandoen nie. Ek
bedoel nou nie soos ‘n operasie
wat maar gepaard gaan met seer nie, maar dat daar nie vandag iemand
beroof,
iemand anders se goed gevat word, iemand verkrag of noem dit maar op
sal
plaasvind nie. Dat
almal i.p.v. dit
doen, net buite sal kyk en die natuur sal geniet en die Maker daaragter
sal
bedank. Sal dit nie
wonderlik wees as
daar so ‘n dag kan wees nie. My
seuntjie (het 01/06 7
geword) bid elke aand: ‘Liewe
Jesus gaan asb. met al die mense in
die hospitaal, dat hulle gou gesond sal word en gou weer uit kan kom en
lekker op
die aarde kan lewe”. Dit is so spesiaal. Groetnis - Anoniem More Dr
Potgieter. Eerstens baie baie dankie vir al die mooi briefies en lesse
wat ek
elke keer van jou af kry. Mismoedig is ek vanoggend behoorlik want ek
sit met
‘n krisis wat ek nie weet hoe om te hanteer nie en ek Bid
hard daaroor maar my
emosies ry wipplank met my en dalk kan dr vir my raad gee groot asb.
– Ronel Baie dankie ..Dr Potgieter vir die
bemoedigings,,mag
God u ryklik seen,, Prys die heilige naam van Ons koning,Jesus
Christus,, - David Hierdie was
‘n baie treffende nuusbrief. Baie
dankie. Ek kry ook baie
swaar en het ‘n gestremde kind om te versorg, finansies wat
druk en as gevolg
is ek dan baie geneig om beswaard te raak en dan kry dit my
onder.
Hierdie tipe bemoediging maak dat ek weer oor die lewe dink
en besef ek
is te negatief, maar ai soms kan ek ook nie help nie, ook maar mens!
Groete - Rina Dr,
baie, baie dankie vir hierdie
inspirerende stukkie!!!! Net wat ek nodig gehad het!!! My hele lewe is
gekenmerk deur pyn, teleurstelling en moedeloosheid en hierdie stukkie
het my
laat besef dat die lewe nie stil staan nie en dat ek elke dag moet
aangryp. Net
gisteraand nog was ek in die donker dal van depressie oor dinge wat
dalk met my
kan gebeur! En ek besef nou dat deur so mismoedig deur die lewe te
gaan, gaan
veroorsaak dat dit waarvoor ek die bangste is, wel gaan gebeur!!! Want
ek is
bang dat ek die mense naaste aan my gaan verloor...en deur my
negatiwiteit en
depressie gaan ek hulle dalk net verloor want ek dryf hulle weg van my
af. - Cheryl Goeie
Môre, - Baie dankie vir die e-mail.
Dis 'n puik idee om dit persoonlik te hou deur mense as
individue te sien
en nie net deel van die stroom nie ... Ek
wil graag 'n vraag vra wat my al lankal
pla ?! Nee, ek vra nie vir gratis konsultasies
nie... Volgens die medici in die breë is ek
"gediagnoseer"
met maniese depressie. (Ek kan u dinge van myself vertel wat mens se
hare laat
rys - ek kan vandag getuig dat dit die Here is wat my deur Sy genade,
dra) Ek
wil graag weet indien u 'n pasiënt
konsulteer (bv met my kondisie) of u hulle uit 'n sielkundige oogpunt
behandel
en of u ook vir die Here en Sy genesing voorstel ?? (Ek het 'n idee dat
u sal).
Dank die Here dat Hy my gered het, ek wonder as u bv 'n totale
antichris
konsulteer, hoe u dan die situasie hanteer? Word daar dan oorgeskakel
na suiwer
sielkunde ? Net 'n vragie wat al lankal byt. Sterkte
en God se rykste seën in u lewe.
Shalom - Anoniem Baie
dankie weer eens vir ‘n baie gepaste Nuusbrief.
Ek het dit beslis nodig gehad. My gemoed was so goed die
afgelope tyd en
Saterdag toe duik dit net skielik. Ek sien iets hartseer op
die TV
Saterdagaand en huil my byna dood. Van toe af is ek sommer
mistroostig en
wil-wil die depressie my net oorweldig. Ek besef hoeveel
seëninge ek wel
het, maar soms staar ‘n mens jou net blind aan dit wat jy nie
het nie, en maak
dit ‘n mens sommer bedruk voel. Bygesê -
ek het weer sinus, en depressie
gaan maar daarmee saam. Nouja, so waar is jou
Nuusbrief. Ek kon
vanoggend in ‘n hospitaal gelê het - ek kon
wagtende gewees het vir bestraling
van kanker. Dit kon so anders gewees het. Die Here
skud seker soms
sy kop vir ons ondankbaarheid. ‘n
Lekker dag vir jou. En dankie dat jy ons net weer
herinner aan die gawes van die Lewe. Groete - Wena Beste
Dokter - Ja, dit
voel vir my ook of ek by die doodloop
straat gekom het en nie meer weet watter kant toe nie, of die wereld sy
rug
elke keer op my draai en dat daar nooit n einde kom aan elendes,
hartseer,
verbittering en verneerdering kom nie. Dan gaan ek maar weer op my
kniee en rig
my hoof na bo, om weer vir my krag te gee vir vandag en môre. Goeie
dag - Ek wil net graag weet hoe daar bepaal word dat iemand se
serotonin vlakke te laag is? Word dit dmv ‘n bloedtoets
bepaal? Indien nie, is
dit nie gevaarlik om Cipralex vir iemand voor te skryf as die serotonin
vlakke
dalk normal is nie? Wat is die gevare? Byvoorbaat dank - Anoniem Ek het werklik jou e-pos gemis die afgelope tyd maar ons het ongelooflike probleme met ons internet verskaffer gehad en dit lyk asof dinge nou weer uigesorteer is. Blykbaar is al my e-pos teruggestuur aan die afsenders. Hoop om spoedig weer e-pos van jou te ontvang. Groete - Louise Beste Dr Potgieter - Ek loop nou al weke met die gedagte om aan u te skryf maar my moed begewe my elke keer. Maar nadat ek vanaand u nuusbrief gelees het, het ek besluit nou is die tyd om te skryf. As
die brief deurmekaar klink is dit
omdat ek skryf soos die gedagtes by my op kom. Ek
is…. daie
dankie dat ek my hart kon uitstort. - Maryke Dok,
jou briefie bly pitkos. Ja die ou
mensdom reageer tog net op twee uiterstes pyn en plesier.
Lekker week. - Allan Geagte
Dr
Potgieter, baie dankie vir die moeite wat u doen met u nuusbriewe. U
weet ons
het seker maar almal ‘n geraamtetjie in die kas. Ek is, na 30
jaar diens by my
maatskappy verlede jaar, skielik en sonder waarskuwing afgelê
en dit was nogal
traumaties. Ek was SO kwaad vir die wêreld. In die gymnasium
waar ek oefen het
‘n JONG pastoortjie ook geoefen. Ek het toe aan hom gevra hoe
ek opreg vir die
mense wat verantwoordelik was vir my posisie kan bid aangesien ek so
kwaad en
bitter was. Daar, in die “changeroom” van die
gymnasium het Jaco (die pastoor)
my van liefde geleer. Ek glo vandag Jaco is deur die Here in my pad
geplaas,
net soos hy jou ook in baie mense, myne inkluis, se pad plaas
om ons deur
hierdie tye te sien! Ek bid dat jy vir jare aaneen nog met die goeie
werk sal
volhou! Baie groete - Henry Hallo
ST, dankie vir jou gereelde pos.
Deur die genade is ek nie vanoggend in 'n doodloopstraat nie. Maar ja,
ek was
ook al daar. In sy genade het die Here my wonderbaarlik daar kom
uithaal.
Mens raak verlam en blind in sulke omstandighede. Kom jy
anderkant uit en
jy kyk terug en wees eerlik met jouself sien jy heel dikwels die
probleem
het by verkeerde keuses begin, so die ou in die
speiël is verantwoordelik
vir meeste van jou moeilikheid. Dit vra ook 'n stuk bekering
om tot die
besef te kom maar dit is ook 'n punt waar jy begin verantwoordelikheid
aanvaar
en nou is alles nie meer 'hulle' skuld nie. 'n Stukkie wysheid wat ek
vir 'n
groot deel van my lewe saamdra en baie waar en kosbaar is vir my is:
'Happiness
is always an inside job". Geniet die dag & groete. - Piet Dr. ST, baie dankie vir elke week se nuusbriefie – ek stuur dit vir 2 van my kollegas aan elke keer en ek geniet die inhoud van die nuusbriewe. I.m.v. vandag se ‘doodloopstraat’ artikel – ja elke mens gaan sekerlik deur sulke tye en natuurlik hang dit af wat JY daarmee doen, maar ja die feit dat daar weer nuwe deure oopgaan en ‘n nuwe môre aanbreek gee mens mos altyd hoop en die hoop is die Here. Aan Sy bestaan moet niemand twyfel nie. Groete en ‘n mooi dag. - Marietha Geagte
Dr ST Potgieter, Baie dankie vir
jou boodskappe en motivering. - Ansa Hi
ST, ek wil net sê dat jou briewe help
baie. Jy kies ook jou tyd vir die regte boodskap op die regte
tyd, maar
ek dink behalwe jy is daar iemand anders wat ook weereens my
aandag
probeer kry. Ek luister al vir 'n tydjie nie. Ek
sal probeer om
later weer te skryf want ek wil raad vra oor wat ek dink ek hoor en wat
is
realiteit. Maar vir nou wil ek net dankie se want vandag se
brief het net
mooi al die regte knoppies gedruk en nou is my "mood" sommer meer
positief. Dankie - Karen Baie
dankie weereens vir jou besondere
boodskap. Ek wil net by jou aansluit, jou cul de sac. Ons hele lewe is
vol
padtekens. Doodloopstrate, snelheidsgrens, padtekens soos slaggate,
skerp
draaie vorentoe, stopstrate, pad vernouings, padwerke voor. Al hiedie
padtekens
bring my terug na my eie lewe. Toe ek vandag jou stukkie lees is dit
weer die
Here wat met praat. Ja ek struikel ook, maar ek staan weer op. God het
my die
krag gegeePad tekens is daar vir n doel in jou lewe. Lees en verstaan
God se
boodskappe en wandel volgens SY wil. Baie dankie dan ook weereens vir
al jou
e-mail wat ek so gereeld ontvang. Mooi dag en mag die Here jou ryklik
seen.- André
Dankie
vir pitkos - dit is beslis vir
baie mense van onskatbare waarde! Ek wil graag die volgende deel -
bloot ter
bevestiging van vandag se boodskap en ook uit dankbaarheid teenoor die
'amazing' God wat ons dien. Ek het my 'n maand terug in 'n
doodloopstraat
bevind… Die Here het ons kom wys ons moet ons prioriteite
regkry, ons fokus
verander en volkome toegewy aan Hom lewe. Deur Sy
genade het ek
onvoorwaardelik vergewe en is ons vol vertroue en opgewonde oor ons
toekoms
saam. Ek kan werklik getuig dat mens soms in 'n
doodloopstraat MOET beland,
sodat jy weer jou rigting kan vind en op 'n pad kan beland waar
ongekende
vreugde, vrede en geluk op jou wag. Ons Here werk meesterlik en moet
soms pyn
en hartseer oor ons ‘n
Vriendin van my het vandag vir my ‘n
briefie gemail wat julle dink ek weekliks
uitstuur? Ek sal dit waardeer indien u my ook op u
adreslys kan sit.
Baie dankie - Dalene More ST, Baie dankie vir jou wonderlike eposse, dit is so
ongelooflik bemoedegend,
ek ontvang dit beslis wanneer ek dit nodig het, en ja, so werk die Here
verseker. Daar is soveel dinge wat ek al in my lewe ervaar het, en elke
keer
waneer jy voel dat dit nou die einde is, dan is daar weer ‘n
afdraaipad, so,
die pad loop nooit regtig dood nie. Ek
gaan
Junie/Julie vakansie vir my kinders oorsee kuier, sien baie uit daarna,
ek mis
hulle ongelooflik, as ek terug kom en weet wat hulle planne vir
volgende jaar
is, kan ek beplan vir my toekoms, my kinders bly by my as hulle in SA
is. Mooi
dag vir jou. Groete. - Riekie Noem
my asb. net Sandra. Baie dankie vir
hierdie boodskap. Dit is asof jy diepe insig in die
woeste storm op die oomblik in my lewe het. Dit voel
asof hierdie
boodskap spesiaal vir my is, ek het so nodig gehad om
dit juis vandag
te lees. Dankie en groete.- Sandra Baie
dankie vir jou pragtige
motivering oor drome dit was great en dit is moer waar.
Groete - Andre Baie baie baie dankie Dr Potgieter - jou artikels is vir my 'n ongelooflike inspirasie. Baie seën en sterkte. - Diane Môre,
baie dankie vir die
pitkos vandag,al die dinge in my
lewe het my al
so laat voel elke dag, dit was nou regtig
wat ek
nodig gehad het om aan te gaan... Dankie - Rhiet Beste Dr
Potgieter, baie dankie vir die nuus brief wat ek vandag ontvang het .
Dit voel
asof die brief net vir my bedoel was . Op die oomblik voel ek in n
doodloopstraat. Ek voel hartseer en weet nie watter kant toe nie . Ek
weet nie
of ek my probleem met u kan deel nie . Indien ek kan sal ek bly wees.
Groete - Rita Dr.
Potgieter, vandag wil ek gebruik maak
van die geleentheid om vir u en soveel ander van God se goedheid
te vertel. Ek was verlede week in die hospitaal opgeneem met
breinontsteking. Ek was buite myself, baie siek en dit het
gevoel asof ek
van my kop af geraak het. Ek het soveel onbeskryflike pyn
beleef wat net
nie wou opklaar nie. Wonder bo wonder is ek genees... en dit
is net uit
God se genade en liefde. Soveel gebede het hy beantwoord en ek het geen
letsel
oor van die siekte nie. Hy is 'n amazing God wat wonders kan
doen en
mense se omstandighede in 'n oogwink kan verander. Ek kon
vandag verlam
gewees het of verstandelik vertraag gewees het, maar God het my in Sy
hand
gehou, en geen wapen wat teen my gevestig was kon tot my deurdring nie,
want
God het dit klaar oorwin. Ek wil net getuig en vir God al die
lof en eer
bring dat Hy my as mensekind verlos het van soveel pyn en lyding en my
ten
volle herstel gebring het. Ek loof en prys Sy groot en
wonderlike
Naam! Mag ons nooit vergeet wie aan stuur van ons lewens is
nie, en wie
tot alles instaat is. Ons dien 'n God van liefde, van wonders - ons
dien 'n
lewende God. Dankie vir almal wat my opgedrae het aan die Hemelse
Vader, hy't
een en elkeen se gebede verhoor. - Vanessa Ek
wil net baie dankie se vir hierdie
week se nuus brief. Dit het so baie vir my beteken want ek is omtrent
in die
put. Gelukkig hou ons styf vas aan ons HEMELSE Vader se hand en kyk
boontoe, Sy
genade en liefde is so groot. Nogmaals dankie vir die nuusbriewe dit
beteken
werklik baie vir my. Groete - Tilla Môre
Dr. Potgieter, die boodskap van
vandag is baie bemoedigend.Dit is presies waar ek nou op die
oomblik in
my lewe is . Dit voel of alles en almal teen my werk. Dit voel of ek
nie meer
beheer het nie. Ek will u bedank vir u nuus brief want dit
gee my tog hoop
en dit beteken vir my regtig baie. Dankie en Groetnis
- Harry Baie
dankie vir die pragtige nuusbrief
van vandag - die onderwerp is sekerlik oor ‘n plek waar ons
almal al in ons eie
lewens was. Ek dink in my lewe, as ek terugkyk op die pyn wat
ek beleef
het, waarvan die meeste mislukte- en onvervulde verhoudings was, dan
kan ek
altyd in retrospek sien dat dit alles vir die beste was en dat dit wat
ek daaruit
geleer het my verryk het en toegerus het met beter insigte vir die lewe
vorentoe. Maar daar is ook dinge wat gebeur wat ons soms net
nie kan
begryp wat die nut daarvan kan wees nie. En ek dink dit is
die moeilikste
om te verwerk. Maar ek dink ook dat die Here soms mense se
swaarkry
gebruik om aan ander te wys hoe dit lyk om met moedigheid en
dapperheid, onder
moeilike omstandighede staande te bly. Maar soos jy tereg
gesê het as ons
op moedverloor se vlakte sit, kan dit net beter gaan - nie slegter
nie.
Soms neem dit dalk ‘n lang tyd. Maar beter sal dit
altyd gaan. Die
geluk in die lewe is dat NIKS OOIT DIESELFDE BLY NIE. Alles
verander
voortdurend. Met hierdie volgende aanhaling sluit ek dan af: “The world is
round and the place which may
seem like the end may also be only the beginning.” Groete – Wena ST,
baie dankie vir jou vinnige reaksie
en dat ek ook nou deel van die "PITKOS" elke week kan wees. Sjoe, jy
prikkel my nuuskierigheid nou erg! Gewoonlik as Tshikondeni tersprake
kom dink
die mense dis iewers daar ver in die woeste donker Afrika en verseker
nie deel
van ons land nie. En nou was jy al hier! Sal baie graag wil weet hoe jy
hier
beland het en hoe jy ons wêreld ervaar het? Groete uit 'n
baie warm bosveld!
(vandag 32 grade!) – Tokkie Beste
Dokter, ja, ek glo ‘n mens moet kan
droom en ook doelwitte hê in die lewe. Soms voel dit egter
dat jy nie daardie
droom of doelwit kan bereik nie as gevolg daarvan dat iets of iemand
dalk in
jou pad staan. Maar ek glo as jy daaraan kan werk kan jy dit bereik. U
is ook
reg met die punt wat u maak dat ons dalk te veel in ons eie klein
wêreld leef
en dat ons nie die mense om ons raak sien wat dalk ook hulp of raad
nodig het
sien nie. Ek gaan dus van vandag af probeer om meer met my vriende,
kollegas,
families en ook die mense na aan my, na hulle te luister en om ook meer
daar
vir hulle te wees in tye van nood, hartseer, geluk ens. Soos Hudson
Taylor sê:
AS JY WIL VORDER OP DIE PAD VAN HEILIGMAKING, GAAN VORENTOE OP JOU
KNIEE.
Dankie vir u raad en stukkie wysheid vir die week. Groete - Elize Baie dankie
vir u brief wat ek vandag ontvang het. Ek probeer en is seker dat ek
betekenis
gee in mense se lewe, my ouers , kinders en vriende. Die lewe is altyd
‘n
gejaag en daar is nie altyd tyd nie. Ek is self verlede jaar en nog
steeds deur
‘n moeilike tyd en het baie ondersteuning gekry van familie
en vriendinne by
die werk. Ek het ‘n spesiale vriend ontmoet wat op die
oomblik deur ‘n moeilike
tyd gaan. Ek is heeltyd by hom om hom moed in te praat en te
ondersteun.
Somtyds is dit moeilik om raad te gee en dan luister ek . Deur net te
luister
laat die seer ook genees. Groete – Rita Dok,
jou briefie bly pitkos. Ja die ou
mensdom reageer tog net op twee uiterstes pyn en plesier. Lekker week.
- Allan Geagte
Dr
Potgieter, baie dankie vir die moeite wat u doen met u nuusbriewe. U
weet ons
het seker maar almal ‘n geraamtetjie in die kas. Ek is, na 30
jaar diens by my
maatskappy verlede jaar, skielik en sonder waarskuwing afgelê
en dit was nogal
traumaties. Ek was SO kwaad vir die wêreld. In die gymnasium
waar ek oefen het
‘n JONG pastoortjie ook geoefen. Ek het toe aan hom gevra hoe
ek opreg vir die
mense wat verantwoordelik was vir my posisie kan bid aangesien ek so
kwaad en
bitter was. Daar, in die “changeroom” van die
gymnasium het Jaco (die pastoor)
my van liefde geleer. Ek glo vandag Jaco is deur die Here in my pad
geplaas,
net soos hy jou ook in baie mense, myne inkluis, se pad plaas
om ons deur
hierdie tye te sien! Ek bid dat jy vir jare aaneen nog met die goeie
werk sal
volhou! Baie groete - Henry Hallo
ST, dankie vir jou gereelde pos.
Deur die genade is ek nie vanoggend in 'n doodloopstraat nie. Maar ja,
ek was
ook al daar. In sy genade het die Here my wonderbaarlik daar kom
uithaal.
Mens raak verlam en blind in sulke omstandighede. Kom jy
anderkant uit en
jy kyk terug en wees eerlik met jouself sien jy heel dikwels die
probleem
het by verkeerde keuses begin, so die ou in die
speiël is verantwoordelik
vir meeste van jou moeilikheid. Dit vra ook 'n stuk bekering
om tot die
besef te kom maar dit is ook 'n punt waar jy begin verantwoordelikheid
aanvaar
en nou is alles nie meer 'hulle' skuld nie. 'n Stukkie wysheid wat ek
vir 'n
groot deel van my lewe saamdra en baie waar en kosbaar is vir my is:
'Happiness
is always an inside job". Geniet die dag & groete. - Piet
Hi
ST, dankie vir jou
briefie! Ek dink as mens
net jou sin van humor Môre,
ek geniet u nuusbriewe wat ek ontvang
baie, en ontvang baie pitkos vir my Hi ST, many thanks for such a speedy reply. Do you ever sleep? Or are you just a very organised person? I will definately contact Dr Mc and see him to explore my questions. By the way, your articles exude a warmth, generosity of spirit and sincerity that transends the words and paper. Thank you.- M Nogmaals
dankie vir die wonderlike praatjie
vanaand by Kleuterkoukus - het dit regtig geniet en dankie dat jy die
moeite
gedoen het om die notas hier op jou webwerf te sit. Ek print
dit nou vir
my man - het al klaar vertel, maar dit sal hom geen skade doen om te
lees ook
nie. Hou so aan! - Heidi
Baie
dankie vir jou gedagtes rondom “woord.” Dit het my
aand en dag
gemaak. VOEL NOG VRYER OP "Freedom day" Geniet jou dag. - Nic Dr
ST, Ek wil graag
met jou deel die invloed wat woorde nou onlangs op my gehad
het. Ek, met my span werkers, het 'n taak verrig waar daar afwykings
van die
oorspronklike kontrak was en was my faktuur (eis) aan die klient
verskillend
van die kwotasie. Onder andere het die klient my op 'n stadium
beskuldig van
"Jy is absurd" om so 'n eis te maak! Omdat
die woordgebruik my erg geprikkel het,
het ek die woordeboek nadergesleep en die volgende ontdekking gemaak: ABSURD
:
DWAAS, BELAGLIK DWAAS
:
WAT ONVERSTANDIGE DINGE DOEN : GEK :
DOM BELAGLIK
:
BESPOTLIK GEK
:
KRANKSINNIG :
VERSPOT :
SNAAKS DOM
:
MET MIN VERSTAND KRANKSINNIG :
GEESTELIK GEKRENK :
WAANSINNIG Soos
u Ek
lees u weeklikse skrywes sedert ek
ingeteken het met aandag en verseker u dat dit
my "aanraak". Ek sien uit na volgende week! Groete.
– Baie
dankie vir al die pitkos wat ek van
u ontvang het, dit het my regtig versterk, bemoedig en
geleer. Ek het
vandag my bedanking ingesit en sal dus nou nie meer die
e-mail Hello,
Presies wat ek nodig het. Goeie more ST, Jy onthou seker nog die gesinsweek byeenkomste wat jy kom toespreek het by die VGK Sarepta, waar Gerald Fortuin ook lidmaat is. Ons het nou ‘n Ondersteuners groep begin wat bestaan uit enkelouers. Die groep het al ‘n paar keer byeen gekom en wil baie graag by die volgende byeenkoms oor die ouer en kind verhouding praat. Ons soek dus ‘n kundige spreker soos jy om met ons oor hierdie onderwerp te gesels, juis omdat baie van die enkelouers teenwoordig soms sukkel met sommige van die vrae en gedrags patrone van hul kinders. Dit is veral vrae en probleme wat deur die ontbrekende party hanteer moes word. - Alvester Goeiedag, Ek het die oggendtee
Saterdag by Laerskool Brackenfell bygewoon en sal
graag die nuusbriefie wil ontvang. Moet sê ek (en
ek glo almal
teenwoordig) het die praatjie vreeslik geniet! Groete. - Dr.
ST, Met verwysing na die essensie van
‘n vrou – ek het ook lank daaroor gedink, woorde
gesoek en mettertyd van die
e-pos vergeet, maar ja Ezra Coetzer het ‘n goeie bydrae.
– Marietha Goeie
Dag, Ek woon in Hello
Dr ST Potgieter, ek wil net vir jou
dankie sê vir al die lewenswaarhede wat jy met my deel, daar
het al klaar 'n
paar deure in my lewe oopgegaan agv. wat jy al gesê het.
Graag bespreek ek die
volgende met jou miskien Jy
som die man se essensie so pragtig op
– en om te dink ons as vrouens het daardie mag in ons hande!
- Ezra Baie
dankie vir die deel van jou rubriek waar mense hul ware lewensverhale This is so
true . We have been married for 35years this year and I think we
have applied
most of this advice in our relationship. I must add that the years have
just
got better with time. Thanks so much for
your e-mails, really enjoy
them. Regards - Jenny Hallo ST,
Sjoe! watter wonderlike webblad het jy nie! Ek
gaan definitief gereeld daar pitkos vir my uithaal. - Elette Uitstekend,
dankie Dr Potgieter ek het dit werklik
nodig gehad. –
Firgil
Dr
Potgieter, baie dankie vir die wonderlike insetsel oor depressie.
Ek het
my vriend verloor as gevolg van depressie (hy het selfmoord
gepleeg) en
dit het my persoonlik baie laat navors oor depressie en hoe om dit te
oorkom.
My persoonlike mening mag drasties verskil van u mening en
navorsers se
teorie maar ek deel dit graag: jy is ‘n depressie lyer omdat
jy dit self
toelaat. Ek sien uit na u briewe en oordink dit die hele week totdat
die volgende
een verskyn!! Sterkte ook
vir u vir die volgende week!! Groete. - Janet Ek is nou
al 20 jaar ‘n depressie lyer. Dit is nou al
Bipolêre depressie-ek weet
dis nie die regter benaming nie, maar dis al hoe ek dit onthou. Ek was
al
op verskeie medikasies net omdat die dokter nie wil hê ek met
te lank op een
pil wees nie. Ek is nou by ‘n psigiater ook wat my op lithium
het en dan ook
nog ander medikasies. Dis waar
wat u sê as jou vriende en familie nie verstaan nie is dit
vir die lyer moeilik.
Omdat ek weet wat die simptome is,is dit ook vir maklik om
ander mense te
sien en te weet wat verkeerd is. Daar is tog mense wat nie
glo aan
depressie nie en dus ook nie aan die behandeling nie. Dankie vir
u artikels daaroor, ek hoop nie mense sien dit raak en dit help ander
om te
verstaan. Sterkte met u goeie werk. Dankie. - Nellie Baie
dankie Dr Potgieter vir jou inspirasie wanneer 'n mens dit die nodigste
het! Voorwaar 'n ligpunt! Groete - Mari Baie, baie
dankie. Fantasies!!!!!!!!! Ek woon in Bellville en soek
ondersteuningsgroepe in hierdie Area asb!!!
Baie dankie. - Karin Hi, Baie
dankie vir die interessante briewe van U self
en van mede lesers.se menings.ek myself voel maar baie keer in die
donker
waters van depressie,en om dan net weer krag te kry om darem weer aan
te
gaan.ek self was al op medikasie,ek dreig al hoe lank om iemand te gaan
sien,
maar ek wil ook nie iemand gaan sien wat die heeltyd net notas maak en
ek sit
en praat soos ‘n orrel nie,om die regte hulp te kry is
belangrik. - Aloma Hi ST. Ek
staan in die enkel ouer bediening so as enigiemand kan gehelp word deur
n beter
lewe en beter vooruitsigte te he' in hierdie lewe vol hartseer en
emosionele
pyn gee ek nie om dat jy besonderhede gee nie. Inteendeel God het ons
gevorm en
hier op aarde gesit om n verskil te maak en as ons dit nie doen nie
moet ons
eendag voor Hom verantwoording doen. Dankie vir hierdie uitstekende
manier hoe
jy weer op jou beurt n diens lewer en mense in die regte rigting kan
kanaliseer.
Soos wat die tyd verloop sal ek nog van my ervaringe met jou deel. Ek
wil net
al my feite agtermekaar kry en wil nie net goed uit my duim suig nie. Mooi dag
vir jou en laat die goeie werk nooit ophou nie. Die Here seen jou. - André Dr.
Potgieter, die stuk wat julle deur gestuur het, is absoluut waar,
depressie is
die lelikste siekte wat ek nog gesien het, wat kan 'n persoon doen om
dit te
wen? Groete. - Mark Hallo ST,
Dankie vir jou gereelde nuusbriewe. Ek geniet dit om dit te
lees en leer
ook Dr
Potgieter baie dankie
vir u eerste artikel oor depressie. Ek is self van tyd tot
tyd 'n
depressielyer. Gelukkig ken 'n mens die simptome.
Ek dink u sal
seker nog in opvolgende artikels skryf dat dit mans gewoonlik op 'n
ander
manier as vrouens affekteer. Ek het al gevind dat mans met
depressie soms
baie aggressief raak. Dalk is ek verkeerd, maar ek sien dit
ook as 'n
vorm van depressie. Dis interessant om ook waar te neem dat
dit nie net
een persoon in 'n familie tref nie, maar dat daar baie male meer as een
persoon
in 'n familie aan depressie ly. Amper soos 'n oorgeerfde
siekte. Mense
wat geneig is tot
depressie kry dit gewoonlik wanneer iets negatief met hulle
gebeur. Ander
is seker endogene depressielyers. Die
belangrikste is om
seker op te pas vir medikasie, want sommiges vererger die toestand, of
maak
mense slaaploos, wat dan 'n kringloop veroorsaak. Ek het 'n
wonderlike
pilletjie ontdek wat ek sommer net sulke klein stukkies van drink wat
my baie
help. Dit is Trepilene. Die dr het dit een keer
voorgeskryf vir
rugpyn. Dit is blykbaar 'n pynpil en ook 'n
anti-depressant. Ek was
nog nooit op 'n reeks pille nie. Wat
natuurlik ook
depressie veroorsaak is wanneer 'n mens se hart en jou kop in twee
verskillende
rigtings trek. Wanneer jou hart een ding wil doen en jou
verstand vir jou
iets anders voorskryf. M.a.w. innerlike konflik veroorsaak
ook
depressie. Magteloosheid 'n ander rede. Die
belangrikste is dat 'n
mens nie net pille neem nie, maar by die oorsaak moet uitkom.
Soms wil
mense natuurlik ook nie deur 'n proses gaan soos rou nie, en wil dit
omseil
deur antidepressante te neem. 'n Mens het nodig om soms net
depressief en
sleg te voel om sodoende deur sekere dinge te werk. Nou
ja, nou vertel ek vir
'n sielkundige alles wat hy weet. Ek dink die gejaagde lewe
is een van
die grootste oorsake van depressie, m.a.w. voortdurende
stres. Mense het
soms ook nie 'n uitweg uit 'n probleem nie. Dankie
vir die
insiggewende artikels. Dit help baie as mense insig kry in
hul probleem
en net weet dat wat hulle voel deel is van 'n siekte bv. soos
depressie.
Ek was een maal dr toe en het vir hom gesê dat ek so 'n
drukking in my kop het
en sekerlik sinus het. Hy het my gestuur vir X-strale omdat
hy gedink het
dat dit depressie is en nie sinus nie. Daar het ons die
uitslag gekry dat
my sinusse niks makeer nie, en hy wou my op 'n reeks antidepressante
sit.
Ek wou nie daarop gaan nie en het daar uitgestap met die voorneme om my
denke
te probeer verander. Ek het positief probeer dink en ek het
sowaar begin
beter voel. Dit is egter nie altyd moontlik nie.
Depressie is 'n
vreeslike ding, mense wat dit nie kry nie, weet nie hoe gelukkig hulle
is
nie. 'n Mens sien werklik vir niks kans nie. Voorspoed met
u beroep. Vriendelike
groete. - Wena Beste
ST, Baie dankie vir
jou
briewe elke week. Ek is nie meer jonk in ouderdom nie, 52,
maar in gees
nog baie jonk. In 2004 het ek ‘n
ernstige hartaanval
gehad en het nou so 47% gebruik van my hart oor. Ek is aktief
in my werk
en geniet elke oomblik daarvan, Direkteur Menslike Hulpbronne van
Bokomo Foods,
en woonagtig in Malmesbury, en my kantoor is by N1 stad. Ek
skryf my
gevoelens en sienings oor baie lewenservarings nou al vanaf die laat 70’s.
In daardie tyd het ek dit nog getik. Na my
hartaanval, toe ek met die dood gekonfronteer was, en Sy genade my
daardeur
gehelp het, het ek 2 voornemens : (i) Ek wil al my geskrewe stukke laat
oortik
en die moontlikheid ondersoek om dit in boekvorm uit te gee en (ii)
geen
negatiewe sienings of kommentare oor die lewe nie, maar ek wil ook wil
ook
skryf oor allerdaagse dinge, veral die aanslag op die xtendom.
Ek het ‘n
2de kans gekry met ‘n
doel –
my taak is nog nie klaar
nie. Wat voorneme (i) betref, dit is klaar oorgetik en daar
is so ‘n
verskeidenheid van 73 verskillende “essays”
wat ek oor die 25
jaar geskryf het. Ek neem ook vanaf die begin van 2006 aktief
deel aan
die gesprekke op die Kerkbode se webwerf (www.kerkbode.co.za).
En watter ander wêreld
het ek nie ontdek nie. Die xtendom leef
!! Beste Dr
ST, Baie dankie vir
vandag se stukkie
aanmoediging; is baie waar. -
Ulanda More ST, Baie
dankie vir jou motivering elke keer as ek van jou hoor. Ek sal verseker
vir jou
skryf oor my lewe, so gou as ek kan. Wonderlike dag en naweek vir
jou… Groete.
- Riekie Miskien is
daar nog mense wat hierdie pad stap wat ek al vir jare stap. Ek is
dankbaar oor
my lewe, my gesondheid en die genade wat God aan my skenk MAAR ek het
'n seun
wat aan Obsessiewe Kompulsiewe Gedrag ly (dit is wat sielkundiges
voorgee). Dankie vir
hierdie boodskappie ST. Dit is soooo ‘n bevestiging
van iets wat ek in my
lewe ervaar. Ek kla
gedurig by die huis oor my werk. Ek is mal oor my werk, maar
dit het baie
frustrasies en as ek by die huis kom wil ek dit met my man
deel… “vent”.
‘n Paar keer al sien ek dat hy ‘n uitdrukkig op sy
gesig kry wanneer ek van
werk begin praat. Toe ek hom op ‘n geleentheid
daaroor uitvra, moet ek
hoor dat hy nie regtig belangstel om heeltyd werkgoed/klagtes te hoor
nie. Hy
voel ek is negatief ( ‘n vloekwoord in my woordeskat). Hy het
sy eie
frustrasies en probeer juis om dit nie huis toe te bring nie.
Aanvanklik
vervies ek my bloediglik. Wat is die doel dan van
‘n vennoot hê as jy nie
die goeie en slegte met hulle kan deel nie. Na bietjie dink
besef ek dat
dit juis is omdat hierdie een ding my lewe
”consume” dat ek so daaroor
reageer. Ek moet my fokus skuif. Ek besluit
toe om wyer te kyk, dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie en
grotendeels
om God toe te laat om hierdie frustrasies self uit te
sorteer. Ek kan nie
sê dat ek my glad nie meer vervies of gefrustreerd raak nie,
maar dis beslis
baie beter. Daar gaan soveel aan wat ek nooit raakgesien het
nie. Daar is
soveel nood en behoefte en soveel mense wat nodig het dat jy moet
luister. Wanneer jy so babbel en deur jou eie lewe ingetrek
word is dit
baie moeilik om na ander te luister. Jy raas te hard. En
wanneer jy die
behoefte buite jou beskermde kringetjie raaksien word jou lewe
‘n feëverhaal en
kan jy nie help as om ongelooflik dankbaar te wees nie. Groete en
dankie vir jou stukkies. - Ariana Hi, ST,
Aangeheg is `n ~ Letter to my Donor Family. Ek het die
Briefie geskryf namens my Skoonsussie. Jy weet toe ek gevra was om dit
te
skryf het ek nie `n Clue gehad van orgaan oorplantings nie.Ek
moes
eenvoudig `n paar dae saam met haar deurbring om die effek van die
sitausie aan
iemand anders oor te dra.Ek moes my inleef in haar sitausie. Dit is was
`n baie
hartseer storie.Elke keer as ek so kwaad is en iemand anders wil seer
maak met
woorde, dan gaan ek terug na die storie om my weer dankbaar te maak vir
alles
wat ek het. Dit is `n
nagmerrie om te dink so baie mense is so onverskillig om `n orgaan
skenker te
wees. Miskien is 1 van jou lesers dalk familie van die skenker wat nog
`n paar
jaar bygevoeg het by my skoonsussie se lewe.Nogmaals dankie vir die
geleentheid. Dankie vir u samewerking. - Mary I am 28
yrs old. My kidney problems started about 4 years ago. The
doctor’s discover
that I have enlarged polycystic kidneys. A few months later they
scheduled an
operation. After that I started to use the Peritoneal Dialysis Solution
– This
is a procedure for removing toxic substances and metabolites normally
excreted
by the kidneys, and for aiding in the regulation of fluid and
electrolyte
balance. Every day I have to do this procedure every 4 hourly. The
whole
procedure took about 30 minutes. The
changes and difficulties took a toll on my self esteem sometimes. Ever
since my
body resistance was low. I was in and out of hospital for the
slightness
infection and viruses. The medication - precise medicine was endless. I
felt
like a toxic waste bin. The over tiredness was killing my social life.
I
completely withdrew from any socially activities. I completely indulge
myself
in the effectiveness of dealing and coping with my health status. Remember
Memories are the Back stone of our Existence. Kept it Sacred and do
smile when
memory lane catch up with you – It makes the heart warm.The
missing and longing
easier.
Hi ST,
Dankie weereens vir jou stukkie pitkos - soos
gewoonlik in die
kol!!! Ek sal
graag vir jou 'n storietjie wil stuur. Iets wat ek al self
gedink het ek
graag op papier wil neersit. Ongelukkig is die stukkies asem wat ek op
die
oomblik skep, net genoeg om my te laat aanhou swem vir die volgende
paar
meter. Dit gaan woes, soos maar met almal deedsdae.
Ek is die Here
baie dankbaar dat dit so goed gaan met my praktyk, maar party dae, en
deesdae
al hoe meer, voel dit vir my of hierdie "debriefer" ernstig
"debriefing" nodig het. Miskien
sal die stukkie wat ek vir jou wil stuur, help om hierdie proses aan
die gang
te sit, en indien dit iemand anders ook kan help, deel ek dit graag.
Geniet jou
dag verder. Groete. - Elmari Hello...
baie dankie vir al die raad en wyshede wat jy kwyt raak, ek
het altyd
gevoel ek kan alles self oplos en dat alles "my way" moes
gaan, gou het ek egter agtergekom dit sal nie werk nie, ek
moes oopwees
vir verandering, en al doen ek nog nie te veel verandering in
my lewe
nie, is ek tog besig om daarby uit te kom bietjie vir bietjie, Hello ST,
dis nou net wat ek nodig het om te hoor. Ek is in 'n
skrikwekkende
oorgangs periode tog vind ek dit exciting want ek het myself nooit
toegelaat om
daar te kom of gaan nie. Lekker naweek en goed gaan.
- Shemane Hi ST,
vandag se stukkie pitkos is net vir my. Wens ek kan met jou
deel tot watter
groot mate, maar dit gaan meer tyd in beslag neem as wat ek nou tot my
beskikking het. Hoe dit ook al sy - jou
pitkos het my gehelp
om die cul de sac teken duidelik en vroegtydig raak te
sien. Ek het
verby gehou en is stewig op pad - nie in die cul de
sac in nie!!!
Op pad iewers heen, met 'n plan. Dankie. - Elmari Hallo Dr.
Potgieter, ek het in die eerste plek jou webpage besoek in die
hoop dat ek
miskien so 'n bietjie inspirasie of 'n hulplyn te
kry. Ek het dit
gevind, maar ek het ook 'n "challenge" gevind. Elke
keer wanneer
jy vir my 'n nuusbrief stuur dan maak jy my dink, maar al die
antwoorde so
ver is "inconclusive". Ek wil weet of ek vir jou my storie
mag
vertel, ek sal dit so kort as moontlik maak. Ek wil net weet
wat jy
daarvan dink, want natuurlik dink ons almal ons lewenstorie is uniek,
maar dalk
kan ek tog 'n antwoord by jou kry. Al is dit net inspirasie
om myself in
rat te kry en iets te doen. Ek sal dit waardeer. Baie
dankie vir jou gereelde briewe, ek sien nogal uit om my e-mail oop te
maak net
in geval daar iets van jou af is. -
Karen ST, ek
moet nou eers die storie vir jou vertel!!!!! Ek het
‘n
paar weke gelede ‘n stap geneem in die rigting wat ek dink
vir my finansiele
sowel as persoonlike geluk kan verskaf. Ek was baie
opgewonde!
Dinge het seep glad verloop. Ek het ‘n belegger
gekry wat vir my die
nodige kapitaal sou gee sowel as ‘n salaris tot en met ons
die eerste wins
gekry het! Dinge het dus fantasties gelyk. Ek gaan
doen wat ek wil
doen, sonder dat daar enige risiko vir my is – dit gebeur nie
sommer. So
ek was in die sewende hemel. Gister bel
my belegger my en se hy kan nie meer voort gaan met die projek nie,
want hy is
in ‘n finansiele krisis. Natuurlik het dit gevoel of my hele
wereld in mekaar
val!! Ek was
onseker of dit nie dalk die Here se wil was (om my te beskerm) dat dit
nie
suksesvol was nie. Ek praat toe gisteraand toe ek gaan slaap
met die
Here. En vra Hom toe dat Hy vir my ‘n dydelike teking moet
gee of ek moet voort
gaan of nie. (indien ek voort gaan is daar baie meer risiko
op my
skouers). Toe ek
vanoggend my rekenaar aan sit, en ek kyk in my
inbox – daar is die mail van jou wat soos volg begin
“…..Het jy vir ‘n saak
beplan en dinge het toe anders verloop as wat jy gedink het?” Ek lees dit
toe, en kry die gevoel van hier is my teken
van God!!! Ek moet voort gaan!!! En nie so bang wees om
‘n bietjie risiko
te neem nie!! Dit is vir my ‘n absolute wonderwerk.
‘n Duidelike teken
van my Vader in die hemel! ST wat dink jy
hiervan? - Chris So nodig
het ek dit nog nooit gehad nie, ek gaan nou binne 30 min. in
ñ vergadering om
verandering te inisieer!! Dankie.- Sandra More
ST Dankie vir dit
wat jy in mense bele, so versterk die
Here ons. Mooi dag vir jou! - Riekie Baie
dankie weereens vir hierdie mooi en tog baie toepaslike nuusbrief. Op
die
oomblik is ek besig om baie hard te werk aan die groot ding in my lewe.
Dit is
"temptation" versoeking. ja ek werk daaraan en lesse 26 tot 28 in die
boek "purpose driven life" het ek baie van die antwoorde gekry en
soos jy tereg hieronder gese' het is dit ek wat die keuse maak as ek
gaan
gehoor gee aan die versoeking, van watter aard ookal. En saam met
versoeking
gaan baie selfdissipline want jy moet jouself dissiplineer om nie
gehoor te gee
aan die versoeking nie. Baie dankie en n mooi dag.Baie dankie ook vir
die
duisende nuusbriewe wat jy uitstuur en soos wat ek dit kry stuur ek dit
weer
aan vir ander mense. - André Dr
Potgieter, baie dankie. Ek het nog nooit so daaraan gedink
nie. En
ja jy is reg daar is baie waarmee ek nie klaar gemaak het nie.Mooi dag
vir jou.
- Karen Dr ST, baie
dankie vir hierdie baie motiverende
briefie, dit is so wonderlike om altyd sulke positiewe nuus te kry,
‘n dag soos
vandag voel ek nogal lewensmoeg, dan kry ek sulke wonderlike leiding,
dan kan
ek weer aangaan. Baie dankie vir die wonderlike pitkos. Sterkte ook vir
jou met
jou lewe en toekoms!! Lekker dag en week vir jou! Groete. - Riekie Baie
dankie vir die artikels wat dr gestuur het dit kon nie op 'n beter tyd
gekom
het nie. Ek was van laas Woensdag tot Sondag in die Kaap na
'n vriendin
se 21st. Vandag was daai gevoel van eensaamheid
weer so oorweldigend
dat ek dit oorweeg het om my self weer seer te maak. Toe ek
my e mail oop
maak en die artikels kry het ek dit dadelik gelees, dit het my moed
gegee en ek
voel ek kan nou weer aan gaan. Baie dankie ek gaan defnetief
u raad
gebruik oor hoe om eensaamheid en depressie te oorkom, en beslis daai
noodnommers gebruik, een ding wat nog altyd gehelp het as ek
af voel is
om kerk toe te gaan en my bybel te lees. BAIE
DANKIE!!!!!!! - Rentia Hi, Ek
sukkel verskriklik om oor my ma se dood te kom, ons was verskriklik na
aan
mekaar en ek kan net eenvoudig nie aanvaar dat sy nie meer daar is nie.
Dit
voel vir my of sy net weg is met vakansie of nog in die hospitaal is of
iets.
Daar gaan dae verby wat ek omhuil omdat ek haar so mis en ander dae
voel dit of
sy net in die ander vertrek is. Ek weet nie hoe om dit te hanteer nie.
Lekker
daggie verder. - Charlene Dr.
ST, ja ‘n
mens voel soms so en ek het al
gevoel om sommer teen ‘n boom vas te jaag dan is die wat ook
alles tot ‘n
einde. Dalk tot
‘n einde vir my, maar
wat van die wat agterbly ? Maar
hoekom so voel ? Dit
maak ‘n mens soms
baie moedeloos om aan al die eise van die lewe en jou kinders te
voldoen en ‘n
mens kan net soveel op ‘n keer hanteer.
En dan kom die terugpraat ook nog – my
seuntjie is nou 6 en dogtertjie
2½, soms sê hulle mos goed wat hulle nie altyd
besef wat dit beteken nie (bv.
ma doen ook alles verkeerd), maar vir jou as ouer wat reeds baie stress
ens.
het, is dit dalk net die laaste strooi.
My man werk skofte en dit alleen is genoeg om te
moet hanteer en te
aanvaar. Maar meer
positief gesien: dankie
dat my man
gesond is, bereid is om te wil werk (nie altyd die nodige finansiële
erkenning kry nie – terwyl hy elke dag met menselewens werk)
en ja dankie vir
ons 2 kinders wat ons voor gevra het en wou hê, dankie dat
hulle normaal is,
dat ons in ‘n huis woon en ons eie voertuie het en so kan die
lys maar aangaan
en aangaan. Dalk moet ‘n mens net herfokus op die kleiner dingetjies en die Here dank daarvoor. ‘n Mens moet ook jou omstandighede aanvaar of ‘n plan maak indien jy anders of beter wil lewe – to keep up with the Jones werk nie – lewe soos dit jou of jou gesin pas en geniet dit. Groete. - Marietha Wat is die doel van my lewe? Ek het al soveel lysises gemaak soos die sielkundiges altyd voorstel en telkens kom ek by die erg negetatiewe kant uit. Ek sien net nie meer kans vir alles nie. Ekhet al so opreg gevra, so eerlik en opreg gebid - maar alles tevergeefs. My lewe bestaan net uit trane en selfverwyte een verwyte van andere. Hoe Kan en Wil Hy my dan nog tot hulp wees. Ek is leleik, krom, en boonop dom. My base vertel dit heeldag vir my, my ma, my suster en haar man, haar "geleerde kinders met hulle "aanhangsels" (Prokureurs, ingenieurs, en musiekdosente) My selfbeeld baie minder as min Bring vir die geringste op sonder dat ek wil. Ek het nooit 'n kinderlewe gehad nie want my sus baie ouer as ek en het reeds etlike jare skoolgehou toe ek gebore is. Haar kinders is skaars jonger as ek. As ek iets wil doen, moet ek almal se toestemming he, maar hulle reel net en ek moet inval. Vir langer as 9 maande het ek alleen terwyl ek gewerk het my ma versorg... ek betaal byna R400 per maand af aan my meenthuis en heffing water en ligte uitgesluit. Ek het nie plase of om te ontwikkel of diere om te verkoop nie. HERE GRYP IN- EK kan nie meer nie!! - Lenie (een van
'n tweeling) vertel te word 2 weke gelede, dat sy selfmoord oorweeg
het, omdat
alles vir haar te veel geword het. Dit aan die begin van 'n nuwe jaar
in gr 10
met minder vakke. Ek as haar ma, was nie net geskok nie, maar in myself
teleurgesteld dat ek nie die depressie in haar gemoed raak gesien het
nie. Ek
het wel agter gekom dat sy meer in haar kamer wou wees as normaal en
nie regtig
wou uitgaan saam met vriendinne nie, maar sy is die sprankelheid self
wanneer
sy soggens opstaan en
wil altyd weet hoe die res van die gesin geslaap het. Sy glimlag altyd,
alhoewel sy soms nukke en buierigheid het - wat ek natuurlik toe
geskryf het
aan tiener
stadiums. Dit blyk nou dat als begin het by die skool se swemgala
Januarie
waarvoor sy nie haar pad oopgesien het nie, omdat sy glo sy's oorgewig
en nie
mooi nie. Die res van die vriendinne het volgens haar almal
ouens wat in
hulle belangstel en sy nie. Tog, is sy
pragtig en noem ek dit nie net omdat sy my dogter is nie, maar sy is en
dit
maak nie saak hoeveel goeie selfbeeld insette ons vir haar probeer gee
nie - -
sy ervaar als negatief. Na 'n paar
sessies met 'n sielkundige, is vasgestel dat sy in die top 1% van
depressie en
angs gevalle val - dit is seker 'n verduideliking opsigself hoekom sy
dan als
negatief ervaar en vir die kleinste rede (wat vir ons dalk iets kleins
lyk) wil
tou opgooi. Tyd sal leer of sy haar selfvertroue sal terugwen! Groete.
- Karin More Dr
Potgieter. Baie dankie vir jou geesvullende
briewe. Dit is baie waar, mense moenie toelaat dat die lewe hulle
onderkry nie
maar dis nie altyd moontlik nie. Ek het iets ‘n bietjie raad
nodig. Ek is goeie
vriendinne met ‘n meisie al meer as 13 jaar en het die naweek
onderonsie gehad.
Ek het vir haar email gestuur en presies gese hoe ek voel en wat my pla
in ons
vriendskap. Ek wil nou hoor of ek nie dalk die verkeerde ding gedoen
het nie
omdat sy nog nie weer vanaf Maandag laas met my gepraat het nie. Sy is
getroud
met ‘n 2 jarige dogtertjie waarvoor ek baie lief is en ek wil
nie graag ons vrienskap
verloor nie maar help en ly my asb omdat ek nie lekker weet hoe om die
situasie
te hanteer nie. Ek Bid hard oor die saak en vertrou dinge sal gou gou
regkom.
Ek moet net glo en weet niks is ontmoontlik nie. Lekker dag en nogmaals
dankie
vir al die “pitkos”! - Ronel Goeiedag.
Ek verneem graag na die 'breinprofiele'
wat ene Delaney van praat in die briewerubriek. Baie dankie. - FdH Hello
daar, dis baie waar wat jy sê. Ek ondervind dit myself... Dis
net moeilik om
jouself te kry om nie so "vinnig" te reageer nie, jy weet daai
woordjie wat "uitgekom" het wat nie moes nie en gesigs uitdrukkings
en en en... Ek sukkel ook met my humeur oor dit vir my moeilik is om
mense wat
ek weet my bedrieg en dit weer wil doen, net vir hulle te glimlag en
stil te
bly...my mond werk ongelukkig vinniger as my brein en daarna wil ek dan
skuldig
en hartseer voel. Ek ondervind ook dat ek ander mense onnodig seermaak
as ek
seer gekry het of seer het... Ek sal maar net moet bid dat Die Vader
vir my 'n
ogie oor my tong sal hou... Bid asb vir my ook. Baie dankie vir al jou
mooi
briewe, ek glo Die Vader sal jou seën want jy vredien dit!!
Baie groete. - Cindy Dok, jy
ken my nie, maar ek het vanoggend iets op my hart vir jou. Dit is nogal
verbasend hoe jou boodskap en tydsberekening daarvan elke keer
op die
regte oomblik in my adres beland. Ek weet jy doen baie moeite om dit
saam te
stel en wil hierdeur vir jou dankie se en verseker dat jy met jou
boodskappe in
hierdie mens se lewe ‘n verskil maak.
(Dis ‘n prestasie – glo my) Iets wat ek lank gevat het om te verstaan is onvoorwaardelike aanvaading van jouself en die mense in jou lewe is ‘n wilsbesluit wat jou ongelooflikke vrede gee. Jy is iemand baie besonders glo my. Groetnis, jou vriend. - Jacques Môre, baie dankie vir die mooi skrywe. Jy het lyk my die gawe om my brein te lees. Ek het die selfde ondervinding met familie en toe besef ek die eie ek in die mens, en dat niemand die spieël na hom toe draai en af vra wat het ek verkeerd gedoen nie, maar wil net altyd die ander mense die skuld gee maar nooit vir jou self nie. DANKIE
Groete. - Oelfie Baie baie
dankie. Hierdie is nie dalk in Engels beskikbaar nie? Groete. - Diane Goeie dag
Dr Potgieter, dankie vir die insiggewende epos... dit was 'n ware
ontbloting
van u eie siel, denke en gees. Die wonderlike besef is
natuurlik ook dat
ons almal skuldig kan pleit op hierdie "issue". Geniet die dag en
groete! - Karin Beste Dr
Potgieter, Nooit is daar waarder en of seerder woord gespreek
deur ‘n mens
nie !!! Vriendelike groete. - Wynand Beste ST, baie
dankie vir hierdie wonderlike brief,
gedagte, dit is absoluut waar, verseker beteken dit vir my baie. Jy weet presies wanneer om
wat vir my te
stuur, ek het dit altyd op daardie spesifieke tyd nodig. Ek waardeer jou!! Lekker
dag en week vir jou
ook!! - Riekie Hi dok,
dankie vir die reminder dat ons moet ophou om teen onsself te
baklei.
daars mos die gesegde' moenie skiet nie dis ons mense" ek
dink party
van ons lyk soos teesiffies, soos ons teiken skiet, op
onsself. great
nuusbrief, baie waardering vir die tyd en energie wat daarin gaan.
Soveel mense
se lewens word positief geïmpakteer deur die nuusbrief, en die
eksponensiële
waarde daarvan weer op ander is fenominaal. thanx
dok!! alle sukses
en seën. - Johan
Dr ST
Potgieter, ek is oorspronklik van die Paarl, maar het
onlangs verhuis na Pretoria. Ek lees nog gereeld die
Kaapse koerante
oor die internet en het so aan jou artikel oor " verstaan
depressie" afgekom. Ek is 23 en ly
al vir 'n paar jaar aan depressie.
Aloewel ek nie verstaan hoekom nie want eintlik het ek nie 'n te bad
lewe
nie. Ek was al in verskei klinieke, elke keer na 'n selfmoord
poging, maar dit het nie rerig gehelp nie.
Ek is ook 'n
"cutter" Ek is op medikasie, maar staak gereeld dit self. Ek
voel soos 'n pateet omdat ek pille moet drink om happy te
wees. As
ek net kan verstaan waar dit vandaan kom, die depressie en die behoefte
om my
self seer te maak, kan ek dit dalk aanvaar!! Is daar nie
dalk vorige nuusbriewe i.v.m die onderwerp wat
julle aan my kan stuur nie! Dis nice om te weet daar is mense soos jy
wat nog
omgee vir ander en 'n webwerf soos "pitkos"
het waarheen mens kan gan as jy motivering of leiding nodig het! -Rentia Ek werk
saam met M en is so bevoorreg om elke epos wat jy aan haar stuur te kan
lees.
Vandag is een van my minder goeie dae en vanoggend toe lees ek die
boodskap
i.v.m. die Brein, Ai ek weet al die dinge wat ‘n
mens moet doen en tog
sukkel ek nog steeds en raak so moedeloos. Soms voel dit asof
geloof nie
eens meer wil werk nie. Baie
dankie vir jou boodkappe wat jy uitstuur, dit kom beslis op die regte
tyd by
die regte persone uit. Groete. - Arina Hi dok,
dankie vir die great nuusbrief. baie waar oor die brein, daar
is mos 2
skole wat opniies het oor die sentrum/beheer van die mens se
wese. Een
groep sê dis die hart en die ander dis die brein.
ongelukkig (of gelukkig
vir party van ons) kan net die brein die besluit neem. dit
word egter
altyd deur die hart beïnvloed. Dus is dit seker
redelik belangrik dat die
hart en die brein in lyn met mekaar funksioneer, ek bedoel dat daar
balans is.
gelukkig het die liewe Here ons gemaak met die brein en die hart wat in
lyn is
(behoort te wees) met Hom. Ook daarin kan ons kies of ons dit
so wil doen
en aanvaar as die perfekte model. Blessings en alle sukses!! - Johan Dr. ST,
daie dankie vir hierdie baie interessante inligting.
Dit is absoluut ‘amazing’. Ek het u
raad gevolg en onlangs geld spandeer op ‘n dagboek met
‘n wysheid/Bybelversie
vir die dag, vir my (tot verlede jaar het ek maar sommer net enige
dagboek
gebruik) – en geniet ek nou die boekie!
Ek wil ook sommer net aan iemand sê dat
die Here besig is om te werk in
my – dit is so asof ek ‘n anderste soort rustigheid
kry oor baie dinge – bloot
omdat ek so in my stil-oomblike vra dat Hy in wat ook al op die oomblik
by my
opkom, die leiding moet neem. Ek glo
hierdie jaar gaan ‘n wonderlike,
‘amazing’ jaar wees – my broekspype bewe
sommer as ek daaraan dink – ek weet nie wat die Here alles
beplan nie, maar ja,
laat ons dit maar in Sy hande laat. Lekker dag en groete. - Marietha Beste
Dr ST Potgieter, baie
dankie vir dit wat u vir ons gee en ek geniet dit nogal baie.Ek het net
een
vraag wat ek graag vir u wil vra as dit moontlik is. Wat is die kans dat u saam met elke gedagte
wat u stuur net ‘n teks wil by sit ,ek sal dit baie waardeer?
Byvoorbaat baie
dankie. - Garth ST, baie
dankie vir jou pragtige inspirerende nuusbrief wat ek gereeld onvang. Kan jy help asb.! Ek het ‘n 18
jarige dogter wat vir ons baie
probleme gee… As
jy dalk vir ons kan
help wat ons van ons kant af kan probeer sal ek dit waardeer. Ons het ‘n
gesonder gesinslewe en gee baie
aandag aan haar. Ek
is nou besig om ‘n
kursus in pastorale beradingte doen met die hoop dat ek vir haar kan
help. Maar is op
die oomblik nog ‘n tweede jaar en
nog nie die kundigheid om vir haar te kan help nie. Baie
dankie vir u tyd en aandag. Groete. - Jackie Goeiemiddag,
Verstaan ek reg dat ek ook van u pitkos nuusblaadjies per e-pos kan
verwag. As
dit wel so is, wil ek asseblief soooooooo graag ook hieraan behoort.
Baie
dankie. - Rynie Geagte Dr
Potgieter, hoe
verfrissend was dit nie
om iemand positief oor “Nuwejaarsvoornemens” te
hoor praat nie! Ek het aan u
lippe gehang! Kan egter nie die uitsaaidatum onthou sodat ek die
praatjie by
die SAUK kan koop nie. Ek skryf
elke jaar my nuwejaarsvoornemens neer (deesdae volgens Steven Covey se
“7 Goeie
Gewoontes” en hier by Julie-maand, naby my verjaarsdag, kyk
ek intensief
daarna. Gewoonlik is nog net die goores oor en dan weet ek: nou moet ek
hulle
takel! En natuurlik nie tepraat van die wonderlike bevredigende gevoel
as ek
aan die einde of begin van die volgende jaar daarna kyk nie. Kan net
weer sê: dit was so goed om na u te luister, veral na die
talle omroepers wat
so sterk gesê het: “nuwejaarsvoornemens is
nonsies”. Ek sal nog
dikwels hier by Pitkos kuier, ook in die boekwinkel,
met u nuusbrief, en al die ander pittige
leesgoed. Bly om u te ontmoet – ook gisteraand se praatjie
met die voornemende
studente geniet. - Heila Praatjie op
RSG - Baie dankie Dr
ST, insiggewend,
my klein dogtertjie is ook nou vir die eerste keer hoërskool
toe, beslis goeie
raad !!! - Juanita Beste dr
Potgieter, baie dankie ek sal beslis probeer om daarna te luister,
nogmaals
baie dankie vir die hulp met Melanie, sy het seker drie maal vir my
dankie gesê
oppad huistoe, Dinsdag, omdat ek haar na u toe gebring het. Sy het
beslis baat
gevind met die besoek. Sy voel regtig meer tevrede en meer seker oor
wat sy
volgende jaar moet doen. Mooi
dag en
seën in die beroep. - Patricia Baie, Baie
dankie Dr Ek is so bly ek het ingeskryf op jou Webwerf, hierdie
positiewe beriggies,
maak regtig ‘n baie groot verskil in my omgekrapte lewe. Ek
bid ook vir jou en
jou span (as daar nog is!!) Groetenis. - André Gister was
my eerste dag terug by die werk na 'n maandlange vakansie, en die
gedagtes wat
jy in jou nuusbriefie deel, is net wat ek nodig gehad het. Mag jy ook
'n
wonderlike 2006 hê. 'n Jaar vol opwinding en
heerlike verrassings!!! Ons
gesels weer. Groete. - Elmari Dr
Potgieter, dankie vir hierdie inspirerende woorde. Dit is eintlik dinge
wat
almal weet, maar min toepas, sommige wel doen sonder om te besef die
impak wat
dit op hulself asook ander mense het. Groete. - Rashieda Is jy weet wat
se belangrike werk jy doen, sal jy nie
slaap vannaand nie. - Francois Beste Dr
Potgieter, baie dankie vir u bemoedigende briewe,
dit laat met so goed voel. Ek wil graag met u
gesels, soms voel ek
verlore en voel net of die Here my nie kan hoor en nie my
behoeftes
beantwoord nie. Ek is positief vir 2006 en is net of
ek nie weet hoe
om te voel om die Here in my lewe te he nie. Ek is 'n
Christen en wil dit
vol leef elke dag van my lewe, elke sekonde, ek wil Sy teenwoordigheid
aanvoel
en weet dat HY daar is in my lewe.
More Dr.
Potgieter, dit was vir my inspirerend om u nuus brief aan Ilse te lees.
Dit is
waar dat ons 'n mens 'n doelwit in die lewe moet hê. Dit is
iets wat ek in my
lewe ondervind het en is nou baie kalmer en weet wat ek wil
hê. By Eksderde
kampe nie word manne, vroue, jeug en huweliks kampe gehou reg deur die
jaar.
Die resultate is bo verwagting God geinspireerd en almal kom weer
terug. Die
kampe word maandeliks gehou en is net 'n seën. Groete. - Charlotte ST
–
ek het vandag oor RSG die
webadres gekry. Hoe LEKKER is dit nie om in afrikaans ‘n
e-pos te stuur nie. Ek bly in Malmesbury, die mooiste plek in die
Wes-Kaap, maar vrek warm. Ek skryf kort artikels, meer spottende tipe “Liewe
Ma –
van Bart”
Bart is ‘n
denkbeeldige persoon wat so bietjie die draak steek met die gemeente
dinge en almal geniet dit. Nogal lekker op die oog en kort. Groetnis.
- Rico Ek is baie bevoorreg om ook aan die geselsbrief deel te neem.Ongelukkig het ek nie internet nie en kan dus nie aan al die interessante dinge deelneem nie, maar ek is baie lief vir skryf en gesels baie graag deur middel van die e-pos… Ek wens u en u gesin ook ‘n baie geseende Kersfees toe en is baie bevoorreg om deel te wees van u span. Groete. - Cesarah Jy is baie gelukkig om so by die strand te kan bly. Ek gaan maar werkies en dink aan julle wat lekker holiday hou. Nee jong new jears revelisie is nie vir my nie - ek hou nooit ooit daarby nie. Alhoewel ek meer vriendeliker, behulpsaam en meet met God in aanraking wil kom - yip - ek dink dis wat my toekoms planne is. Yip, ek gaan 'n Koffiekroeg oopmaak vir Jeug Kerkers en dan begin ek met Jeugkerk volgende jaar - die aanbieder kan jy jou dit voorstel, wel ek moet nog my goedjies uitwerk...sjoe. Dankie vir al jou mooi briefies deur die jaar. So 'n mond kort jam!! En ek hoop regtig jy't 'n stunning Kersfees gevul met seëninge en God se liefde. - Cindy Baie dankie vir die e-pos. Aan u en u gesin ook ‘n baie geseënde Kersfees en mag 2006 vir ons almal ‘n wonderlike jaar wees. Rus lekker, geniet die vakansie, see en sonskyn en kom veilig terug. Tot 2006 ! - Marietha ST, baie dankie weereens vir die nuusbrief. Mag jy ook ‘n geseënde Kerstyd saam met jou familie en vriende ervaar. Geniet die mooie Kaap. Groete. - Gerda Baie dankie
vir die lekker nuusbrief. Dit is regtig
inspirerend en laat my sommer lus voel vir die komende
Feestyd. Die
nuusbrief is 'n ligpunt vir my. Ek vind dit baie leersaam,
wees verseker
dat ek dit regtig waardeer. Vriendelike groete. - Wena Dankie
vir
my nuusbriefie elke week ek geniet dit. Mag jy ‘n
gesëënde
kersfees hê. - Avril Beste
ST - Baie dankie vir die goeie
wense. Mag die Kerstyd en die Nuwe Jaar net soveel
seën en vreugde dra,
mag die Here elke dag met jou wees en alles seën wat jy doen.
Mag volgende jaar
net so vreugdevol wees en mag ons Genade ontvang om elke dag voluit te
lewe.
Geniet die rus sien volgende jaar. Groete. - Caren My
gits! Slaan my om met 'n veer. Wat 'n groot
verrassing toe ek op
die webwerf afkom en dit net omdat ek verveeld geraak het van al die
Engels in ST &
Lesers. ST
–
ek het vandag oor RSG die
webadres gekry. Hoe LEKKER is dit nie om in afrikaans ‘n
e-pos te stuur nie. Ek bly in Malmesbury, die mooiste plek in die
Wes-Kaap, maar vrek warm. Ek skryf kort artikels, meer spottende tipe “Liewe
Ma –
van Bart”
Bart is ‘n
denkbeeldige persoon wat so bietjie die draak steek met die gemeente
dinge en almal geniet dit. Nogal lekker op die oog en kort. -
Rico Ek wil
ook net vir jou se baie dankie vir jou artikels en e-posse ek geniet
dit altyd
baie en deel dit graag met my gesin, vriendinne en
kliënte. Ons gaan
Drakensberge toe en wil net stap en niks doen om
die kop mooi oop en skoon te kry en ja mens voel altyd ook nader
aan ons
Skepper wanneer jy na Sy handewerk kyk. Ek hoop dat
dit ook ‘n baie geseende tyd vir jou en jou
familie sal wees en dat julle ‘n ware Christus fees sal
ervaar. Mag die
nuwe jaar vir julle net die beste inhou en mag Jesus
julle toevou en
omring met sy liefde en genade. Tot jou volgende e-pos. Groete. - Louise Ek is baie
bevoorreg om ook aan die geselsbrief deel te
neem.Ongelukkig het ek nie internet nie en Jy
is baie gelukkig om so by die
strand te Baie dankie vir die e-pos. Aan u en u gesin ook ‘n baie geseënde Kersfees en mag 2006 vir ons almal ‘n wonderlike jaar wees. Rus lekker, geniet die vakansie, see en sonskyn en kom veilig terug. Tot 2006 ! - Marietha ST, baie
dankie weereens vir die nuusbrief. Mag jy
ook ‘n geseënde Kerstyd saam met jou familie en
vriende ervaar. Geniet
die mooie Kaap. Groete. - Gerda Baie dankie
vir die lekker nuusbrief. Dit is regtig
inspirerend en laat my sommer lus voel vir die komende
Feestyd. Die
nuusbrief is 'n ligpunt vir my. Ek vind dit baie leersaam,
wees verseker
dat ek dit regtig waardeer. Vriendelike groete. - Wena Dankie
vir
my nuusbriefie elke week ek geniet dit. Mag jy ‘n
gesëënde
kersfees hê. - Avril Beste
ST - Baie dankie vir die goeie
wense. Mag die Kerstyd en die Nuwe Jaar net soveel
seën en vreugde dra,
mag die Here elke dag met jou wees en alles seën wat jy doen.
Mag volgende jaar
net so vreugdevol wees en mag ons Genade ontvang om elke dag voluit te
lewe.
Geniet die rus sien volgende jaar. Groete. - Caren Dankie vir die
interessante weeklikse nuusbrief -- een nuusbrief waarna
ek altyd uitsien. Ek wonder of u enige nuusbrief het wat gerig is op
tieners
(oor dieselfde onderwerp.. misluk jy omdat jy so glo). Ek wens u 'n
goeie dag
en week! Groete. - Karin Goeiemore
ST,
aangesien die Namakwaland my grootgemaak het, wil ek nou op hul manier
reageer
op hierdie brief/uitnodiging van jou: "So 'n bek moet mos heuning
kry!!!" Wat 'n vreugde en inspirasie om jou positiewe
ingesteldheid
op my nugtermaag in te neem, beter voedsel as die beste ontbyt! Ja,
ons brose
mense is geneig om onsself gering te skat en sodoende nooit ons volle
potensiaal te ontgin en/of te bereik nie. Ek glo egter dat
jou
uitnodiging vir vele tot aansporing sal dien en dus sal jy 'n
waardevolle
bydrae maak in baie se lewens: 'n groot voorreg. Mag jou paaie
Geseënd wees...
Groete - Hallo
ST, dis so
vreeslik waar. Baie dankie vir die opregte goeie gedagtes wat
jy so
gereeld, aanstuur aan mense. Dit is nou ‘dek die veld van jou
beroep’ verder as
wat nodig… die ekstra myl…… Ek stuur
dit ook aan. Groete. - Elna Just
thought I
would drop you a line to say what a wonderful surprise it was to see
your
newsletters online while searching for south african bits and bobs... I
was born an
Afrikaner but immigrated to Though....
as good
as it was I must admit it has made me terribly homesick but I shall in
future,
eagerly anticipate the receipt of your newsletter.... I may even
surprise my
Afrikaans family by quoting some of those hilarious jokes I read on
your
website.... Keep it up you brightened up my day. Many thanks. - Nicolette Liewe
Dr
Potgieter, eerstens wil ek dankie sê vir die heerlike
positiewe dinge wat ek
ontvang, al is ek nog net ‘n tydjie deel daarvan. Ek Baie
dankie - dit
is so waar en waar van my ook!!! Dit is wonderlik om hierdie
snippets te
kry en is 'n ware inspirasie. Mag die Here jou seën in hierdie
dag. Groete - Diane Hi
Daar ST, Baie
dankie weereens vir jou weeklikse briefie wat ek ontvang. Hierdie brief
was
spesiaal vir my, want ek twyfel so baie in myself en is soos jy
sê baie bang om
nuwe dinge aan te pak, omdat ek bang is vir mislukking… ek
weer dis nie die
regte ‘attitude’ nie, en ek weet ek is God se kind
en dit maak van my ‘n
oorwinnaar, maar ek weet ook dat die vyand my aanval en wysmaak dat ek
nie
hierdie ding sal kan doen nie. Baie dankie dat ek my hart kon uitpraat.
- Elna ST,
Baie Dankie
vir daardie briefie, ek waardeer dit uit die diepste punt van my hart,
dis nou
die dag as ek my hart Eerstens
wil ek vir jou baie dankie sê dat ek die voorreg kon
hê om Donderdagaand 23
Junie na jou praatjie by ons Vrouediens by NG Gemeente Vrijzee te kon
luister. Dit was
rêrig 'n besondere
ervaring. Jy
het ook 'n uitnodiging gerig om e-pos adresse te verskaf sodat ons
Woensdae
jou nuusbrief kan ontvang. Groot
was my
verbasing Vrydagoggend toe ek my e-pos oopmaak en jou nuusbrief reeds
daar
sien. Baie dankie,
om dit te lees was
amper soos om jou praatjie weer te herleef.
Dit is regtig bemoedigend om deel te kan wees van 'n
groter 'familie' wat
jou nuusbrief ontvang. Mag ons Koning Jesus jou en jou span
seën met al jul
bedrywighede.Vriendelike groete. – Engela Ek
wil ook graag
my woorde by die baie ander voeg en baie dankie sê vir die
interessante en
opvoedkundige nuusbriewe, dit is regtig van waarde en waardevol.
Groetnis.
- David Baie
dankie vir
die insiggewende inligting wat ek hier gekry het! Wil net van my kant laat weet dat
ek eers op die
"jeugdige" ouderdom van 43 vir die eerste keer getroud is, nie omdat
ek darem nie voorheen gevra is nie, maar bloot omdat ek so versigtig
was na
jare van onvervulde en werklike seerkry
verhoudings. Die huwelik was wonderlik, maar my man
is ongelukkig binne
5 maande na ons huwelik oorlede. Na baie smart en erge verlange (nou
nog), weet
ek een ding seker: Dis 'n GROOT fout om die mansgeslag ernstig op te
neem, mens
moet hulle net geniet vir wat hulle is - vriende en NIE konings (soos
wat baie
van hulle glo jul is nie), dan sal julle dit MAAK, girls, glo my vry!
– Adrie Eerstens
wil ek
dankie sê vir die heerlike nuusbrief wat ek so getrou
ontvang. Baie dankie, ek
dink nie jy besef watter inspirasie ek daaruit haal nie. Glo my almal
in ons
kantoor kyk weekliks met verwagting uit na die volgende nuusbrief want
soos jy
maar alte goed weet het ons wat in hierdie omgewing werk elke greintjie
motivering nodig om jouself positief en entoesiasties te hou. - Francois Hoe
genadig is die
Groot Voorsienigheid nie! Ek was op die rand om maar op te gee en God's
water
oor God's akker te laat loop en toe ontdek ek u rubriek! Ek is vanmore
in die
argiewe in en het in slegs 5 minute (al wat tot my beskikking was!)
soveel moed
en krag ontvang! Baie dankie nogmaals, ek besef nou ek het net iemand
nodig
gehad om vir my die dinge, wat ek eintlik geweet het, te
sè!! Bless You, nou
kan ek weer andere bemoedig. - M.E Dit
was 'n
onverwagse lekkerte om u opbouende nuusbrief in my e-posbus te
ontdek. Deur die wonderlike genade van die Here Jesus is ek
bevoorreg om
een van sy diensknegte in Japan te kan wees. 'n Heerlike
avontuur, maar
ook met unieke probleme en uitdagings. Jesus Christus is die SIN van my
bestaan. Sy liefde motiveer my en sy bemoeienis met my gee
aan my
doodgewone bestaan vlerke! Mag ons Hemelse Vader u kragtig onderskraag
en u
bediening tot sy eer gebruik. In Jesus se liefde. - El-Marie Japansending,
Ikoma Baie dankie
vir die e-pos. Dit is baie
interressant. Nadat ek dit gelees het, het ek weereens besef
hoe
fantasties, wonderlik die mens geskape is. Groete. - Gerda Ek moet jou
gelukwens met jou praatjie gisteraand by ons
kerk - dit is altyd lekker om iemand anders se perspektief oor 'n
onderwerp te
hoor. Die "stories" veral het my laat besef hoe mens en menslik ons
eintlik almal is en dat die grootste verleenthede in ons lewe dikwels
ook ons
hoogtepunte is. Ek geniet ook jou website en volg graag die inskrywings
daarop.
Groete – Denise Dit was
excellent kan jy meer gee. Dink, God het een
breinsel gemaak gelyk aan ‘n gebou. Awesome. – Burger Baie dankie
vir jou wonderlike Nuusbriewe. Ek geniet
dit werklik. Die artikel oor die brein en spesifiek die
breinsel is
verstommend. – Wena
Baie dankie -
ek sal die inligting Sodag met, ek glo,
groot vrug kan gebruik in my sondagskoolklas (grd 7) Groete. - Swanie vanuit
n’ pragtige Mosselbaai
(Ons beleef hier alreeds so ‘n stukkie van die Paradys)
Baie dankie
vir jou interessante skrywe van die brein. Ek
gaan dit save en Ek wil net
dankie sê vir al die wonderlike en opbouende
leesstof. Ek sien werklik uit daarna, al regeer ek nie op al
die e-pos
boodskappe nie. Geniet die dag. Groete. - Ina Dankie vir die
nuusbriewe ek vind dit baie stimulerend en
motiverend . Ek stem saam dit is baie belangrik om doelwitte te stel en
jou
brein ook daarvoor in te stel. Ek beoog om vlg jaar vir my
Meestersgraad in te
skryf . Weereens baie dankie. - Sonja ST my vrind,
ek luister so oor die draadloos en voor hulle
nog jou naam sê toe sê ek vir my vrou dis jy wat
daar praat. Sy glo my
maar want sy ken jou mos nie, maar toe hulle later jou naam noem, to
glo sy my
nog beter. Toe hoor ek van pitkos en vannaand lees ek toe daar
rond. Mooi
man. Ek is trots op my HK-lid vanouds. - Pieter Dankie,
ST. Dit gaan met my baie goed – sal lekker
wees om jou weer ‘n slag te sien en die agterstallige nuus in
te haal!
Dalk moet jy, ek en van die ander bekendes iewers tyd maak vir
‘n koffietjie? -
Marina Elke week is
uitstekend. Jy is werklik ‘n positiewe mens.
Dankie vir die uitstekende Dagstukkies. - Hanlie Ek het u
praatjie op 2 Nov. baie leersaam en interessant
gevind tydens die graad 1 ope aand by Laerskool Brackenfell. Ek sal graag u nuusblad
wil ontvang. - Marietha Jong, ek
geniet jou e-posse so. Wou al lankal van my
laat hoor, maar dit gaan maar baie besig en meeste e-posse word net so
vinnig
deur gescan. Ek vind die stukkies wat jy gereeld stuur egter
baie
inspirerend en snaaks hoedat die stukkie wat jy elke keer stuur, vir my
voel of
dit op daardie spesifieke dag net vir my bedoel is. Wat my doelwitte
aan
betref. Ek wil graag met my M-graad begin. Sou
graag Januarie 2006
wou begin, maar het (vir die soveelste keer) besluit om eers 2007 te
begin. Bereiking van my doelwit: Einde
2009. Klink dit 'n
bietjie te langtermyn-agtig? Sien uit daarna om weer te
gesêls. Mag jy ook 'n
lorrie vol geluk kry hierdie week. Groete. - Elmari My doelwit sal
wees om my kinders en kleinkind bietjie
opsy te stoot en meer aandag aan my man te gee. Ek het hom die afgelope
tyd
afgeskeep omdat my 2 dogters en kleindogter so baie van my tyd in
beslag geneem
het. Ek kan nie 'n datum gee nie omdat ek voel dat ek so gou
as moontlik
werk daarvan moet maak. Dit is gladnie dat hy kla nie, maar
ek voel
skuldig. Groete en lekker dag. - Karen Ontsettend
baie dankie vir die besondere epos boodskap --
mens verloor soms 'n mens se doelwit sonder 'n mens eens agter kom..
die lewe
is mos soms soos 'n hamster op 'n treadmill.... eers wanneer mens 'n
""speed wobble" kry .. besef mens dit. Lekker dag! - Karin My doel is om
elke dag kragtig en gesond te lewe. As
ek my dag reg begin, sien ek kans vir die dag se uitdagings en ja, dan
kan ek
volhou tot vanaand wanneer ek weer rustig my nagrus kan geniet.
Dis maar
soos dit gaan elke dag. Pitkos hier en krag en ondersteuning
padlangs -
dis mos nie elke dag maanskyn en rose nie! Groete en baie dankie vir
die
kragtige stukkies elke week. Ons waardeer dit. - Magda Soos ek jou
nuusbrief lees, sien ek die leemtes in my eie
lewe.............. nie asof ek nie lank reeds daarvan bewus is nie en
ek kla
myself weer hewig aan vir die "lamte in my" wat my weerhou daarvan om
dit wat ek met soveel oortuiging GLO, uit te
leef!!!…… wel, die dag begin in
volle vaart hier in die kantoor. Baie dankie vir jou
nuusbrief, dit
kikker my dag op en motiveer my ook tot beter. Groetnis. - Lorraine Dankie ek dink
persoonlik sonder doelwitte.voel iets net
nie reg nie,ek het n klomp doelwitte maar almal opgedeel in klomp
kleintjies.Almal saam het een doel om my en my gesin so gelukkig as
moontlik te
hou.Praat weer later. – Johan Stuur asseblief vir my julle nuusbrief aan. Ons bly vêr in die wêreld. Nou al vir 7 en 'n 1/2 jaar. Maar dit gaan baie goed hier naby "Winterpeg" soos die mense van Winnipeg die stad vernoem het! Dit is nou Herfs en ons gemiddelde dagtemperatuur is so om en by +6ºC. Nagtemperatuur bietjie laer. Geen sneeu sover nie, behalwe 'n fratsie op 5 Oktober. ns het heelwat Suid-Afrikaanse vriende wat ook hier in Winnipeg woon en werk en ons het gereeld kerkdienste in Afrikaans gehou deur Ds. Lukas Scheepers van Brandon. Julle moes ook al gehoor het van die jaarlikse Kanasie-fees wat in Canmore, Alberta gehou word met SA kunstenaars wat oorgenooi word. Ek spot altyd en sê ek vang elke jaar op met my Afrikaanse musiek by Kanasie en hoef dus nie meer te verlang na KKNK nie!! - Nita Ek lees graag jou e-posse maar kry nie altyd tyd om te reageer maar vandag se e-pos het my laat terug dink aan so ongeveer twee jaar gelede…. ek dink die twyfel wat sulke mense in jou gemoed saai oor jouself en die geestelike aftakeling is net so erg soos fisiese aanranding. Al wat ek kan se is dat met die genade van Bo ek by die wonderlikste vrou begin werk het en dat dit my presies twee mande geneem het om weer my selfvertroue en entoesiasme terug te kry. Al die punte wat jy genoem het is so waar en kan ek net beaam dat mens lelike en afbrekende kritiek moet verwerp met die verwerping wat dit verdien. Die Here het ons almal verskillende talente gegee en ons moet ruimte maak vir ander se swakker eienskappe en eers die hand in eie boesem steek voordat ons mense verpletter met die tong. Groete. - Louise Dankie vir hierdie brief. Dit het vandag ontsettend baie vir my beteken. Ek was gister die slagoffer van baie fel kritiek van iemand baie na aan my en voel vandag asof ek geen selfbeeld oor het nie. Hierdie brief het vir my weer terug op die pad!!! Dit was asof die Here hierdie woorde vir my gestuur het, want ek het gisteraand baie gebid. Groete. - Susan UITSTEKEND!!Hierdie nuusbrief het tot diep binne-in my mens wees my so gemotiveer,voel of ek berge kan versit,baie dankie.Die nuusbrief het ek nodig gehad en baie dankie vir die raad. Ek kan nie MEER saam met jou stem oor ons BLOU BUL span nie!!Hulle het probeer,maar nie hard genoeg nie.Jy is reg,hulle het ons gekwes,GROOOOOOT FOUT,GROOT EEN!!!Jou opregte ondersteuners staan by jou BLOU BULLE,ons gaan terug keer,meer verwoed en met meer PASSIE!!!!En ek daar wees met elke oorwinning!!! Dankie, ST die brief het baie vir my beteken. - Maryna Jou benadering
tot hantering van kritiek in die algemeen,
ondersteun ek 100%, tog wil ek ietsie byvoeg: Alhoewel
kritiek nie altyd spesifiek in woorde oorgedra
word nie, maar selfs in mense se hovaardige en
afbrekende houding, het ek
lankal geleer dat ons menswaarde (Dank Vader), nie afhang van wat
andere van
ons dink en sê nie: Ons menswaarde is lank reeds deur ons
Liefdevolle Vader
bepaal: Ons is elkeen uitnemend kosbaar vir Hom!
Met die volle besef
daarvan as basis, kan kritiek net tot 'n punt 'n negatiewe invloed op
ons hê ;
die ou ou wysheid dus weereens: Net jyself bepaal tot hoeverre enige
negatiwiteit jou gaan beinvloed. Stem ek ook volkome saam met jou: dit is gewoonlik die mense wie die meeste vir ons omgee, wat die vrymoedigheid sal hê om eerlik en openlik teenoor ons kritiek te lewer - dit beskou ek as waardevol en beslis werd om te bedink/bepeins. Die voorbarige mense wat opinies en/of kritiek rondslinger sonder dat hulle enige of beperkte agtergrondskennis het, moet ons werklik nie te ernstig opneem nie: luister selektief! Daarmee dan my bydrae en baie dankie weereens vir jou insiggewende "besprekings". Groete en mooiste dag. - Lorraine Baie geluk met
'n uitstekende webwerf met inspirerende
inhoud.Sterkte met die uitbouing daarvan. Ek teken graag in op jou
nuusbrief. - Ian Baie dankie vir jou brief oor die hantering van bekommernisse wat ek gister ontvang het. Dit was letterlik ‘n bestiering dat ek dit ontvang het…. Jou briefie het vir my ‘n mate van berusting begin gee. Dankie! Groete. - Marianne Jou webwerf is
'n groot verrassing. Baie geluk daarmee. - Mariëtte Baie dankie vir die baie interessante en leersame nuusbriewe wat u elke keer so getrou stuur. Ek lees hulle elkeen en het al verskeie lewenslesse daaruit geleer. Al reageer ek nie altyd op elkeen nie, wees verseker dat ek hulle almal deeglik deurlees. Vriendelike groete. - Corlia Dankie vir
hierdie raad. U het seker geweet dat ek hierdie
raad nodig het of dit was net toevallig. Baie dankie. - Oelfie Baie dankie
vir hierdie woema vir die dag en week wat
voorlê! - Magda Dit is ongelooflik. Die Here het my so geseen deur mense na my te stuur (een groot stuk genade) - ek het hulle nie eens gaan soek nie, die Here het hulle basies in my skoot kom neersit. Ek vind ongelooflik baie baat by hierdie brokkies inligting en baie dankie hiervoor. Mag die Here u seën. - Diane Baie dankie
vir al jou wonderlike nuusbriefies. Ek
het jou "Sukses geheime" en "Begin jou dag" baie geniet en
vandag se boodskappie oor "Slaap" is veral
kosbaar.
Groete. - Elize Thank you for the tips,we will definately try it,I am married to a very busy buisnessman that always have problems sleeping. - Ethel Baie dankie weereens vir 'n insiggewende nuusbrief. Ek kan definitief identifiseer met 'n slegte nagrus as gevolg van bekommernis. Die mens se gedagtes en verstand is darem 'n magtige en komplekse meganisme. Baie dankie vir die 6 maklike stappe wat jy voorgestel het wat ek kan toepas. Baie geluk ook met die webwerf. - Marianna Dit gaan regtig dol by die werk. Het nou net ingegaan op jou webwerf. Heel beïndruk! Dis nogals oulik. Heel volledig met inligting, lees lekker.. en pitkos natuurlik. Lekker dag vir jou en sterkte met jou webblad. Groete. - Alethea Jou webblad is stunning. - Maggie Ek is baie opgewonde, want ek geniet jou artikels baie. Ek was op jou webwerf en ek hou baie daarvan. Sterkte met alles en ek praat weer met jou. Vriendelike groete. - Bernadette Very impressive and I had to read very slowly, I shall have to get used to Afrikaans again (last done at school 100years ago.................I'm feeling old today. It helps to sleep and rest and relax a bit. Have the best day and laugh a big laugh today. - Jacki Hiermee 'n "Formele : Aangename Kennis". Dit is verblywend en inspirerend om andere se positiewe houding te ervaar. Met verloop van tyd sal ek beslis verdere ondersoek instel na jou webblad, dit blyk presies die tipe "geselskap" te wees wat 'n mens se voete vas op die aarde sal hou, maar tog ook persepsies vanuit alle oogpunte aanraak, Interessant! Mooiste dag en ja, ek stem saam met jou "Opstaan-punte" vir elke dag. Alhoewel ek nie gereeld almal toepas nie, las ek een by: Soos ons Kaapse weer deesdae met ons rondspeel, is SABC 2 se weervoorspelling om 07h00 'n onlosmaakbare deel van my oggend! Groete. - Lorraine Baie dankie
vir hierdie stukkies wysheid wat ons van jou
ontvang dit beteken regtig baie vir my. - Elna Ek het nou net gewonner wat het van jou gereelde nuusbrief geword. Dit is my altyd interesant dat ons so gou gewoond raak aan iets. Maar ek moet vir jou se dit is regtig net lekker om te lees en dit uit te druk en vir my ma te gee om te lees. Ek sien regtig uit om jou web tuiste te besoek en ook om gereeld van jou te hoor. Jy weet baie keer wil jy net graag met iemand praat wat jou verstaan en wat jou met goeie raad kan bedien en ek dink baie mense vind jou artikels inspiring. Ek wou net van my laat hoor en se ek waardeur dit wat jy aan ons stuur. - Barry-John Ek het nou net na st se pitkos gaan kyk en ek is heel beindruk ( ek weet nie hoe om die .. op die i te sit nie?) Dis eenvoudig en maklik om te lees en die navigasie is goed en die bladsye maak vinnig oop. Sielkundiges het mos sulke interessante speletjies, as jy van hulle kan opsit sal die webwerf dalk meer interaktief wees. Ek kan regtig nie op jou webwerf verbeter nie, wel gedaan! Mooi loop. - Peter Het
ek nou
vanoggend hierdie brief geniet. Soms kan ek nie sulke lang relase lees
nie,
maar my oog het hierdie een gevang. Ekself is vir meer as 20jaar 'n
enkel ouer
(gelukkig is die kinders nou uit die huis) - waar sit ek nou - siestog
vir my
ook. Uit
ervaring en
kopstamp het ek ook geleer en ja skrywer is reg:'Luister en stel belang, dan kry
jy gewoonlik wat jy wil hê'. Maar ek debateer hier want dis
ook 'n bietjie
onwaar. Mans hou daarvan as jy luister, maar is nog terugtrekkend - wat
wil 'n
vrou hê? dat die man tog besef 'n vrou luister wel en stel
wel belang maar hy dink
jy gesels of te veel of luister te veel! Vrouens kla? My genade mans kan
net so hard kla: die kinders, die ex, geld verloor, eiendom verloor en
boonop
in ons ouderdomsgroep het hy een of ander mediese siekte. Toemaar ek
klink net
kras maar spot bietjie hier. Ja hy's reg mans is die jagter
maar as jy as vrou hom nie kontak nie, hoor jy nooit weer van hom nie. Mans trou met vrouens
oor:Geselskap, klere, make up en seks. Mans wil nie meer trou in ons
ouderdomsgroep nie, en tog is weer 'n huwelik iets waaraan ons vrouens
oor
droom! Veral vir 'n tweede keer. En buitendien bly die jongmense vandag
net
bymekaar wat my gruwelik afsit. My seun is een van hulle. Huweliksaanbiedinge: ja dit kry
jy langs die pad maar uit pure hardnekkigheid en kinders weier 'n vrou
dit soms
en latere jare sit sy op die rak. Waar is nog romantiese (seks ingesluit), eerlike, christelike, manlike mans? - Tillie Baie dankie
dat ek deel van u span vir die ontvang van u
kettingbriewe kan wees. Nog nooit het sulke insiggewende inligting my
pad gekom
nie. Dis asof dinge wat ons weet en nie weet nie ontmasker word in my
lewe.Ek
"likes" vir Tienka maar daaroor se ek maar niks. Kyk ek kry altyd die
mans wat van my verwag en glo my ek raak so oneindig lief vir die
soort, of die
ander wat glad nie wil "commit" of lief he nie...so dis maar moeilik.
Ek wag nou angstig op die Here vir n maat...want my keuse is maar
beroerd. Soms
dink ek is te goed vir die teenoorgestelde geslag. Moenie ophou om u briewe vir my aan te stuur nie. Mag ons hemelse Vader u ryklik seën omdat u n regte saaier is in sy koningkryk. Dankie. - Mers Kan jy GROOT
asb ook vir my op jou posadres sit vir jou
nuusbrief. Ek lees
elke week jou
artikels in die Tygerburger en vind dit baie interessant. Baie dankie.
- Scharia Ek dink daar is groot misverstand tussen manne en vroue en omdat ons mekaar se behoeftes nie weet nie, en dink ons weet dit, skiet ons baie wysheid en insig te kort. Ek is besig om die boek te lees van Barbara De Angelis- what women want men to know. Die ander weergawe What men want women to know is ook beskikbaar by die biblioteke. Ek moet noem dat die boek die moeite werd is om te lees omdat jy as vrou jou beterder verstaan en ook sien waar jou tekortkominge is. Die boek is ook bedoel vir mans om te lees en dit is rerig waar 'n "eyeopener". - JC Ek geniet jou briewe vreeslik en het al baie vir my beteken, veral as die regte brief op die regte tyd kom. - Susan Net vir interessantheid sal ek graag vir "Corrie" wil vra of hy weet dat hy nie kan bedank uit die vryemesselaars nie, en dat daar 33 vlakke is. Ek het die naweek op 'n gesinskamp met 'n ou van Pietersburg gepraat wat ook al 'n indiepte studie gedoen het oor vryemesselaars, en hy het bevestig wat ons al op afgekom het. Ek wil nie eens in 'n heftige debat ingaan oor die saak nie, gaan kyk maar flieks soos "The Skulls" - van die universiteit "fraternities" en ook "National Treasure" - die bedekthede van vryemesselary is besig om uitgelek en oopgevlek te word, en daai manne hou nie daarvan dat dit gebeur nie!!! Groetnis. – Marius Ek is gaande oor jou idee met die nuusbriefies en ek sal graag vorentoe 'n bydrae wil lewer. Jy kan gerus oor so 3 weke van nou af by ons nuwe kantore in Langebaan kom inloer, en laat gerus weet as ek vir jou 'n samekoms kan reël vir 'n bietjie pitkos.” – Deirdre Dié
nuusbrief IS inderdaad spesiaal vir my.... ons staan
nou op die drempel om 'n nuwe fase van ons lewens in te gaan en het
reeds van
die 'vasbeslote planne' afstand gedoen omdat ons navorsing gedoen het
en besef
het dis 'n wenresep na mislukking!
Moes net na jou gaan luister! Ek het baie geleer hoor. Ek dink die ouers was baie beindruk met jou presentation. Briljant! Ek en jy moet eendag koffie gaan drink...as jy tyd het. O ja, amper vergeet ek om eerlik met jou te wees. Dis nou ernstig hoor. Ek wil baie by jou nog leer. Dis nou as jy bereid is om my te leer. Ag daar is so baie dinge wat ek dink ek nog met jou wil deel. Nie as sielkundige en klient nie, sommer as pelle. So, ons moet daai koffie saam drink.” – Arthur Ek het toe die knoop in my oor gemaak en die artikel van Roberto gelees. Jou inset was skitterend. Wens net ek was nader aan die beskawing om van jou praatjies te kon bywoon. Hou vol met jou goeie werk.” – Ilse “Mooi bly en lekker werk aan al die interessante leesstof waarvoor ek wag! Jy moes 'n skrywer gewees het, waar het jy uitgeval met sielkundige? Ek hou van jou "style". Piet Pompies was 'n wenner! Goed genoeg om die beste prys te kry wat so 'n skrywe kan, hou aan!!!! Een van die dae skryf ek 'n lekker brief vir jou nuusbrief.” - Hanneke Baie dankie vir jou weeklikse nuusbriewe, dit voel vir my soos 'n "lucky packet" wat ek oopmaak. Ek praat van die ou "lucky pacekts" wat in 'n veelkleurige kartonboks voorgekom het en die bonus daarin was die lekkergoed en 'n speelding of twee. Die geheim was natuurlik dat jy nie vooraf geweet het wat die inhoud was nie. Net so weet ek ook nie wat die inhoud van jou nuusbrief is nie, maar het 'n verwagting dat dit iets 'lekkers' gaan wees en dit was nog elke keer so. Ek stuur hiermee ook iets wat jy moontlik in jou nuusbriewe kan gebruik. – Engela Baie dankie vir die nuusbrief en ook die gedig van die "Roostuin". Hoe waar is dit nie, dat wanneer daar aan ons gesnoei en geskaaf word is ons so geneig om vir ons Hemelse Vader te vra om pleisters op te sit, want ons wil nie so seer kry nie, maar ons hoe gaan ons dan mooi blomme word as daar nooit aan ons gesny word nie. Ek wil ook net hierdie wonderlike seëning met julle deel wat oor ons uitgegiet is. My man wat vir die SAPS werk is na 10 jaar bevorder en glo my dit kom absoluut uit die Vader se hand. Dit het ons net weer gewys dat die Vader se tyd nie ons tyd is nie en omgekeerd. Groete julle almal. - Elna Dankie vir die
nuusbriewe
sover. Sal jy asseblief so gaaf wees om weer vir my DIE
ROOSTUIN te
stuur.” - Susan Ek het die
nuusbrief baie geniet.
Ek sal dit waardeer indien u meer van hierdie nuusbriewe aangaande
verhoudings
kan plaas. - JC Ek moet net keer of dit gaan beter! Is lekker aan die gang met al ons kampe wat nog gehou word tot Desember. Van die probleme is uitgesorteer. Die ander werk ons nog aan. Dit gaan stadig, maar ons vorder.(Ek is darem amper permanent van die krukke af)” – Ilse Ja, die debat aangaande die verskille tussen mans en vroue is seker een wat nog lank sal voortduur. So het ek nou onlangs die gewilde Tim Plewman’s “Defending the Caveman” by Theatre on the Bay gaan kyk. Dit is ‘n humoriste kykie (uit ‘n man se oogpunt) op die verskille tussen mans en vroue. Ek dink nie iemand sou verkeerd wees om te sê dat mans en vroue van verskillende planete is nie. Biologies en psigiologies is ons heeltemal verskillend aanmekaar gesit, maar dit is tog juis hierdie verskille wat die twee geslagte aantrek na mekaar? Ek sien die man en vrou as twee unieke, verskillende skakels wat bymekaar inpas en dan ‘n eenheid vorm. Elke geslag moet besluit waarop verander, verbeter en oor ‘n kompromie bereik kan word - waarmee hy of sy kan saamleef. Soos in enige verhouding hetsy vriendskaplik of romanties sal dit goed wees as ons almal kan streef om die beste in mekaar uit te bring en natuurlike die ander party met wedersydse respek te behandel. Kortom is ‘n man vir my ‘n wonderlike spesie wat alle emosies en passies in my wakker maak en sal ek my nie ‘n lewe sonder die “adam-geslag” kan voorstel nie! Vriendelike Groete. – Marianna |
“Net
om baie dankie te sê vir gister se
nuusbrief. Dit het vir my gevoel asof daar net met my gesels word en of
hier
iemand by my is. Dit is wonderlik om u nuusbriewe te ontvang. Gaan
gerus so
voort. Groete uit die Jakarandastad” - Veronica Veronica, dis vir my
‘n groot voorreg om jou
as ‘n leser van die nuusbrief te hê. Skryf
asseblief weer. En jy moet lekker
bly in Petoorsdorp. Groete hier uit die skadu van Tafelberg. - ST Ek
vind die nuusbriewe nogal van waarde hier
in die vreemde, veral weens die feit dat dit in Afrikaans is en hier
waar ek is
hoor ‘n mens dit nogal nie so gereeld. Ek is die afgelope 5
jaar 8 maande in
Kosovo, verbonde aan die VN se missie Driaan, lekker om van jou te
hoor so ver in
die wêreld!! Sjoe – Kosovo is aan die anderkant van
die aardbol. Ja, ek het
groot geword in Tsumeb – watter jare was jy daar? –
ST “ “Baie dankie vir die nuusbrief. Net
een
ding, ek het gewonder wat al die blokkies tussen die woorde is. Wat ek
wel
agter gekom het is dat die blokkies veroorsaak word deur snaakse
karakters soos
byvoorbeeld ê, ë, ÿ, ò
ens. Dit gebeur ook as mens die karakters op ‘n
“chat” web page soos iAfrica gebruik.”
– Chris
Beste
Anneke – dis vir my ‘n groot eer en voorreg. Baie
sterkte en
seën met julle werk. – ST “Jammer
dat ek
so stil was. Was intussen vir voet en been operasie. Dankie vir 'n
raakvat
nuusbrief. Dit is partymaal goed om te sien waar 'n mens WAS en waar jy
nou IS.
Van Piet Pompies Sindroom tot KONINGSKIND! Die intekenare “Ek
wil ook
graag elke dag hierdie dagstukkies ontvang.
My vriendin het vir my die Piet Pompies
sindroom dagstukkie gee-mail en
dit het my ook sommer 'n ander siening oor my selfbeeld
gegee.” – Elna Welkom Elna by
ons nuusbrief en ek hoop jy geniet dit. - ST “Net
gou ‘n dankie! Die nuusbrief het rerig ‘n donker
dag opgehelder!!!!” - Judy Plesier
Judy - keep it up daar in Johies en laat weet hoe dit gaan. –
ST
Dankie Aletta vir jou briefie en baie geluk met die groot stap wat jy geneem het. Alles van die beste vir jou en hou my asseblief op hoogte wat verder in jou lewe gebeur. En ja ek stem saam met jou, die Here verrig steeds wonderwerke – ons moet net ons oë oophou om dit elke dag raak te sien.” - ST Stuur briewe en korrespondensie vir my aandag na st@pitkos.co.za. |
Copyright © 2005 All
rights
reserved.
Dr ST Potgieter email: st@pitkos.co.za |