|
Drome – is
dit nie lekker om te kan
en mag droog nie ! – dit is tog immers gratis en ja jy leef baie keer op ‘n
ander planeet.
Ja, ek het
baie drome – ‘n ander bakkie, ‘n ander ruimer huis en ‘n ander motor vir my – 3
‘heavy’ dinge wat baie geld kos en om die keuse t maak watter 1 eerste is
nogal ‘n tameletjie want ons wil hê al 3 moet gelyk plaasvind – tipies mens
né!
Verder het
ek hierdie droom van iets met naaldwerk te doen. Ek is in die wolke as ek lap in my hande het
en agter my masjiene kan inskuif en ‘n klaar
produk kan
wys – veral kinderklere. Dus gebruik ek
my talent om saans vir my kinders en vir geskenke klere te maak – sodoende raak
ek van my frustrasie ontslae as my man moet skofte werk en hy saans en snags
weg is.
Ek dank
die Here vir hierdie talent, want anders sou ek seker al van my kop af gewees
het. Ek kan
nie dink hoe iemand net kan
sit en niksdoen nie – ek wil dan so baie doen en die tyd is altyd te min.
Dankie vir
die baie interessante artikels wat u stuur – ek geniet dit om dit te lees en
ook aan te stuur na ander. Groete. - Anon
Geagte
Dr.Potgieter, deur die genade van ons Hemelse Vader, is ek reeds besig om my
droom uit te leef en dit is om baie siele vir Jesus Christus te help wen.
Die Here
het my uitermate geseën met oorgenoeg stoflike dinge. Dit is lekker en
gerieflik, maar die grootste wonderwerk wat enigiemand kan beleef, is om te sien hoe 'n siel uit
die kake van die hel gered word en die EWIGE LEWE as geskenk ontvang.
Ek gee aan
God al die eer, dat Hy 'n verwerplike sondaar soos ekself in Sy diens gebruik.
Groete. - Fanie
Dr ST,
dankie vir die nuusbrief! Ja, alhoewel
ek en my man al oor die aftree-ouderdom is (Hy 65 en ek 61) is dit nog
steeds 'n droom (as ons die Lotto wen anders weet ek nie hoe nie!!) om
eendag 'n familie-onderneming te begin waarin ons drie seuns ook 'n aandeel sal
hê want ons is almal baie lief vir die buitelewe en kamp graag - ons sal dit
saam met die jongste seun en sy vrou bestuur (ja ons het al in dié rigting
gepraat!).
'n Ontspanningsoord met so 10 selfsorg
huisies (bungalows) en 50 karavaan/tent staanplekke (niks groter
nie!!) binne 'n radius van so 100 - 150 km buite Kaapstad oprig. Dit moet
net 'n lekker afstand vir 'n naweekuitstappie wees. Daar sal ten minste 2 groot
swembaddens moet wees een warm en een koud. Daar moet genoeg
ontspanningsgeriewe wees vir veral die kinders om hulle besig te hou
sodat ma en pa kan ontspan en ja, 'n plek waar pa met 'n bier in die hand
na 'n rugbywedstryd kan kyk (groterige saal met grootskerm TV ) en
dan spesiaal vir die ma's 'n bederfplekkie (massering, naels, voete, hare, 'n
spa-bad, ens.). Die saal kan
ook gebruik word vir dans of ander byeenkomste. Elke staanplek moet
sy eie stort, toilet en wasbak hê - ek weet die inisiële uitset sal duur
wees, maar dit sal maak dat die oord feitlik altyd volbespreek sal
wees. Die meerderheid mense hou nie van die gesamentlike gebruik van
ablusieblokke nie. Daar moet ook 'n klein winkeltjie op die terrein wees - net
vir die noodsaaklikste gebruiksitems. Die oord moet boomryk wees en ag,
die mense moet sommer met hul aankoms voel dat hulle hier wil bly en nie weer
teruggaan na die gejaagdheid van die stad of waar ookal nie.
Soe, hoe
ruk so 'n telefoon se gelui my nou uit my droomwêreld uit!!
Dankie dat
ek my droom met jou kon deel - ek hoop nie iemand anders steel ons idee
(droom) as jy dit op die webwerf plaas nie!! Mooi bly. Groete. - Lynette
Hi ST,
voor ek jou van my droom vertel, wil jy nie vir ons die "hooftrekke"
gee van daardie "I have a dream" toespraak nie - ek het dit so
lanklaas gehoor dat ek dink mens vergeet die detail....
Ja, ST,
elke mens het seker 'n droom, sommige ydel, sommige meer gepas. Jy weet
die aanvaarbare, nice ding om te se dat mense dink jy is edel en rein en van
groot inbors...
Ek dink
vir 'n lang tyd in my lewe het ek ook ydel drome gehad, waarvan ek sekeres
definitief verwesenlik het... soos om my buitekant mooi te "polish",
maar dit het my lank gevat om te besef dat ydel drome mens half doelloos laat
rondval.
Jy weet
eendag het iemand vir my gese: Wees versigtig waarvoor jy bid, want soms gee
die Here jou jou wens en dis nie noodwendig wat Hy vir jou sou kies
nie... Gelukkig het God nie altyd na my ydel gebede geluister nie!
Miskien was ek tog meer werd vir Hom en wou HY my as sy kind, teen myself
beskerm.
Om terug
te kom tot my drome... een was om die Argus te ry en ek het dit
voltooi... maar die belangrikste droom is om met dankbaarheid te kan leef! Om elke dag net te leef asof dit my laaste is! Om
elke dag as 'n gawe te sien... om liefde aan te gryp, om op my stoep te staan
en 'n mooi sonsondergang te waardeer, om te wens dat gekoopte blomme langs die
pad, meer soos die rose in my Ouma se tuin kon ruik ... Om soms as ek
moeg raak van alleen-ma wees, dankbaar te wees dat my kinders goed doen op
skool en gesond is.
Dis my
droom om voluit te leef uit dankbaarheid.... elke dag! Want elke dag wat
ek het, gaan ek nooit weer oor kan
he nie... Groete. - Gerda
Baie
dankie Dr Potgieter vir hierdie wonderlike brief. Ek droom al die afgelope jare
om ñ volwaardige christen te wees vandag voel ek, ek het een treetjie
voorentoe beweeg om die rede ons het weer ons huisgodsdiens vernuwe ek dit laat
voel mens tog so goed. Verder kan
ñ mens net voorbidding vra om daar te bly waar jy graag wil wees.
In die
tweede plek droom ek al die afgelope 10 jaar om te begin studeer maar soos
gewoonlik slaan die woordtjie geld my mos weer net mooi terug waar ek gewees
het. Hoekom draai alles in hierdie lewe om geld!!! Nogtans is ek
positief dat ek my droom sal bewaarheid.
In die
derde plek droom ek van ñ gemaklike lewe nie te veel geld nie maar net genoeg
om gemaklik te kan
lewe. Ons werk ons in hierdie lewe half dood maar kom nêrens nie, maar ek
glo dat hierdie droom van my waar sal word.
Baie
dankie vir hierdie geleentheid vir die eerste keer kon ek sê hoe ek voel. - Simone
My Droom
is:
1. Om my God voluit te dien met my hele hart
en siel elke dag (God het my
siel gered maar het nog baie foute)
2. Om my Finasies reg te stel dat ek eerstens vir GOD meer kan gee.
3. Dan n mooi afdak of lapa vir my man met mooi braaier,en natuulik vir
hom ‘n bakkie,maar dankie vir dit wat ek het.
4. Dat my kind genees sal word van sy desleksie ek glo God sal dit vir
hom doen.
5.Dat my man se kinders wat verwerp is deur hulle ma in hulle harte van
bitterheid kan
genees,en veral die dogter nie so rebels sal wees nie.
6.My ou Moeder wat op haar hoe ouderdom nog so hart werk nie meer hoef
te werk nie,en Jesus haar en Oupa sal aanraak.
7.My peetkind Pieter dat hy sal terug kom na die Here toe,en nie so erg
rebels sal wees nie.
8.En my laaste droom is HOOP LIEFDE EN VERTROUE EN DAT EK WEET GOD SAL DIT,DAAI
DROOME VAN MY WAAR MAAK. DANKIE VIR JOU SKRYWES. - Christina
My
droom? Eenvoudig vir sommiges en dalk nie eers 'n lewensdroom nie, vir my
nie eenvoudig nie - glad nie. Om 'n
sielsgenoot en lewensmaat vir ALTYD te hê...
En na 2
gebroke huwelike en 'n seuntjie wat ek alleen grootmaak, het ek die droom half
onder die bed ingeskuif en aanvaar : dit gaan nie gebeur nie... Maar jy kan met jou brein
besluit om jou droom te laat vaar, maar in jou hart en wese bly dit altyd
daar...
Vir die
wêreld daar buite is jy 'n "droomvrou"... maar in die hoekies van my
hart onder die mooi buitelaag, skuil daar vrees en seer en ongelukkigheid wat
ek met die lawwe giggels en elke dag grappies met onderlaag toesmeer.
Hoekom
twee gebroke huwelike? Dalk omdat ek gedink het dis my droom, en dit
nagejaag het, net om te besef dat dit nie is nie en om van koers te verander,
of die res van jou lewe met 'n onvervulde droom te sit...
En dan
eendag kom jou droom in jou lewe ingestap, terwyl jy dit nie nagejaag het nie,
nie gesoek het nie, hy het net gekom. Hy het weer die droom onder my bed
uitgehaal en dit afgestof in my hart... my droom het weer begin LEWE en daarmee
saam weer hoop gebring, dat ek dalk tog in hierdie lewe die een ding sal kry
waarvan ek nog altyd droom...my hartsbegeerte - om 'n gesin te wees en 'n
lewensmaat te hê, regtig tot die dood ons skei...
Maar die
stukkende skerwe van die vorige gebroke drome lê nog oral in my lewe rond...
kort-kort trap ek op 'n skerf en bloei. Soms sny ek my maat met die
skerwe... die stukkend is besig om my droom weer af te breek... die huiwering
en die twyfel is besig om die groen droom-plantjie wat opgespruit het stadig
maar seker dood te brand... As mens genoeg stukkend is, word jy naderhand
blind vir die skade van jou optrede. Dis eers as jy die onvervuldheid van
nog 'n droom wat wegglip ervaar, dat jy besef jy jaag nie jou drome NA nie, jy
VERjaag dit.
Verander
en skud dit af - DIS nou 'n droom wat ek wil najaag!! Om
my los te maak en vir een keer in my lewe die vrede van oorbegin, nuutbegin te
smaak... Jy probeer elke dag, en sommige dae gaan dit goed, ander dae
gaan dit sleg. Maar droom, droom jy... droom van die dag wat jy kan
berus en weet, dis net myne, vir altyd, dis MY droom. Waar die knoop in
jou maag plek maak vir die liefde in jou hart om uit te vloei. Waar jy
gee en gee want jy het so baie om te gee, sonder om alles so gekompliseerd te
maak. En waar ek en my seuntjie veilig en gebonde sal voel - 'n gesin....
soos wat ek nog altyd vir ons gedroom het... - Tanja
Hallo
ST,
ek dink daar is seker geen een van ons wat nie werklik ‘n droom
het nie. Die
verskil is dat sommige mense glo in hul drome terwyl ander aanvaar dat
dit net ‘n droom is. Een van my drome vir die afgelope drie
jaar was om op ‘n boot reis te gaan wat nou einde van die
jaar gaan gebeur. Ook
het ek ‘n droom om die woord te verkondig regoor die wereld wat
al gedeeltelik plaasgevind het, maar ek is opgewonde omdat ek weet dat
dit nie net ‘n droom is nie maar ook my passie vir wat ek in die
lewe wil doen. Dit het nie net op my skoot geval nie maar het baie
trane en opoffering gekos,maar alles was en is nog steeds die moeite
werd want op die einde van die dag het ek net sterker daardeur
gekom.Vir my is die lewe ‘n leerskool wat ons elke dag lesse gee
om ons te help om die moeilike dae te oorkom. Ek glo dat ‘n mens
‘n droom moet ernstig opneem en werk maak daarvan maar die heel
belangrikste glo daarin, doen alles wat jy kan om dit te bewaarheid.
‘n Mens se droom is deel van ‘n groot legkaart en soos dit
waar word, word elke stuk op sy plekgesit, en stadig maar seker word ons deel van die groter prentjie. Vriendelike
Groete. - Jeff
Stuur
briewe en korrespondensie vir my aandag na st@pitkos.co.za.
|