|
Sukses Beginsels |
|
In elke mens se diepste binneste lê
verskuil die hunkering om suksesvol te wees. Die mens is geneties geprogrammeer
om vooruit te gaan en sukses te behaal. En hiermee is niks verkeerd nie. Immers hou ons nie van dieselfde kosse,
dieselfde vorms van ontspanning, dieselfde motors en les bes is ons keuse van
‘n lewensmaat ook verskillend. Daarom sal ons idee of definisie van sukses van
mekaar verskil. Een ding weet ek wel, en dit is dat alle – let wel ALLE mense – sukses
wil behaal. Dis ‘n inherente drif; dit sit in jou gene om suksesvol te wil
wees. Indien jy egter worstel met die probleem dat jy nie suksesvol is nie, is
vandag se nuusbriefie dalk net vir jou. Jy voel half soos ‘n mislukking. Jy
moes meer bereik het, maar die kaarte wat die lewe aan jou uitdeel is ‘n swak
hand. As jy maar net ander omstandighede had kon jy veel meer van jou doelwitte
vermag en van jou drome bereik het. Dis tyd dat jy die volgende waarheid leer, want dit maak ‘n groot
verskil aan jou persepsies in terme van die sukses wat jy graag wil bereik. Dis eintlik so ‘n eenvoudige en vanselfsprekende waarheid of beginsel, maar
dis slegs die minderheid mense wat die volle omvang en geweldige impak van
hierdie beginsel verstaan en in hul lewens toepas. Lees dus vandag se beginsel
met noukeurige aandag en begrip. Leer ook jou kinders die waarheid hiervan –
dit is een van die grootste geskenke om aan jou kind te gee. Die beginsel waarvan ek praat wanneer dit by sukses kom, is die
volgende: die universum respekteer nie mense nie, maar beginsels. En dis
nou nie iets wat ek uitgedink het nie, maar ‘n man met die naam van Vic Johnson
– en ek stem heelhartig met hom saam. Voor jy nou vir my terug skryf en sê ek praat nonsens, dink weer hieroor
na - die universum respekteer nie mense nie, maar beginsels. Kom ek gee jou ‘n voorbeeld – die beginsel van gravitasie. Twee mense
staan op ‘n krans en val af. Gravitasie respekteer nie mense nie, maar
beginsels. Ongeag wie of wat hierdie twee mense is, hulle is albei onderhewig
aan die beginsel van gravitasie. Albei gaan ewe vinnig val en met gravitasie al
vinniger val. En as jy nou een van die twee is en jy val vinniger ondertoe, is
dit nie omrede die lewe of iemand teen jou is nie – jy is bloot onderworpe aan
die beginsel van gravitasiekrag. Gravitasie gaan dus nie om die persoon nie,
maar is ‘n vaste beginsel vir alle mense. Dieselfde geld vir die sukses. Die heelal of universum respekteer nie
die mens nie, maar respekteer wel die beginsels van sukses. Dit gaan dus nie dat jy ‘n gebore ongeluksvoël is nie, of dat die natuur
teen jou is, of dat jy vooraf tot mislukking gedoem is nie. Nee, wat jy moet
doen om sukses te behaal, is om die beginsels van sukses te volg. Daar is
sekere prinsiepe vir sukses – en deur my nuusbriewe aan jou probeer ek gereeld
van hierdie beginsels aan jou oordra. Van nou af gaan jy nie meer kla dat die lewe onregverdig is en jy gedoem
is tot mislukking nie. Of dat jy nie goed genoeg is vir groot sukses nie. Kry
hierdie gedagtes uit jou kop en uit jou sisteem. Wil jy sukses behaal? - leer
ken dan die beginsels vir sukses en pas dit aktief toe in jou lewe. Dit is futiel om die blaam van mislukking by ander mense en ander dinge
te gaan soek. Die aktiewe doen van die beginsels vir sukses is in jouself
opgesluit. Hieronder volg die beginsels vir sukses op verskillende lewensterreine.
Hierdie beginsels is saamgestel uit die wenke, gedagtes en idees van lesers van
my nuusbriewe. Ek is baie dankbaar vir elkeen wat met my hierdie kosbare
lewensbeginsels deel, sodat ek dit hier vir jou kan weergee. 1. Geloofsvertroue 2. Goeie verhoudinge met jou geliefdes en
gesin 3. Handhaaf beginselvaste denke en optrede 4. Leef voluit, positief en met
entoesiastiese oorgawe 5. Prioritiseer – stel en doen belangrikste
dinge eerste 6. Stel vir jou visie en doelwitte op en
streef daarna 7. Handhaaf goeie menseverhoudinge 8. Glo in jouself en wat jy doen 9. Leef ‘n gesonde en gebalanseerde lewe 10. Goeie effektiewe tydsbestuur 11. Leef in dankbaarheid 12. Sit humor in elke dag 13. Moenie passief raak nie, leef voluit 14. Klim uit jou gemaksone, skuif jou grense 15. Vergewe ander mense en jouself vir foute 16. Leer die les uit elke fout 17. Oefen en leef gesond op fisiese, psigiese
en emosionele gebiede 1. Selfvertroue en vertroue in jou diens / produk 2. Weet wat jou doelwit is 3. Visualiseer
die bereiking daarvan 4. Vergader
kennis daaroor / navorsing 5. Kry 'n
mentor, praat met ander mense daaroor 6. Doen
deeglike beplanning 7. Bepaal
wat jy moet doen om dit te bereik 8. Vra
vrae waar jy nie weet nie 9. Pak jou
taak met entoesiame aan 10. Hardwerkendheid
en deursettingsvermoë 11. Bly
altyddeur gefokus, akkuraat en netjies in wat jy doen 12. Goeie
tydsbestuur, organisering en delegering 13. Prioritiseer
jou take 14. Erken
elke klein sukses wat jy behaal – dit dien as motivering 15. Gee
erkenning aan jou mede-werkers 16. Behou
beheer 17. Evalueer
jou vordering gereeld en maak aanpassing waar nodig Karakter-beginsels
vir Sukses 1. Self-dissipline 2. Geduld 3. Goeie maniere 4. Beginselsvastheid / handhaaf waardes 5. Volharding / Deursettingsvermoë 6. Hardwerkendheid 7. Toewyding 8. Eerbaarheid / Eerlikheid / Opregtheid 9. Respek vir ander mense 10. Selfaanvaarding / Selfrespek 11. Selfbeheersing 12. Wilskrag 13. Gesonde balans 14. Opregte lojaliteit 15. Begrip en empatie / omgee 16. Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen
wil hê 17. Vriendelikheid 18. Toekomsgerigtheid 19. Wees liefdevol 20. Moenie uitstel nie 21. Wys waardering / gee erkenning 22. Integriteit 23. Passie 24. Waagmoed 25. Wees betyds 26. Doelgerigtheid / beplanning 27. Vertroue in ander mense 28. Positiewe ingesteldheid 29. Betroubaarheid 30. Doen jou beste 31. Gesonde menseverhoudinge 32. Aanpasbaarheid / leer van nuwe dinge 33. Skenk vergifnis 34. Intelligente optrede 35. Fokus 36. Geloofsvertroue 37. Vrygewigheid / mededeelsaamheid Stuur briewe en korrespondensie vir my aandag na st@pitkos.co.za. |
| Copyright © 2005 All
rights
reserved.
Dr ST Potgieter email: st@pitkos.co.za |