|
Ons
almal wil uit
die ashope van die lewe opstaan. Ons droom daarvan om seerkry en
ellende agter
ons te sit, vorentoe te kyk en ons potensiaal te ontgin. Die vrees vir
mislukking en kritiek weerhou egter soveel mense om voluit te lewe.
Mense leef
dikwels in die put van wanhoop en vernedering maar weet nie
hóé om daaruit te
ontsnap nie.
“Hierdie
boek
Staan op vir jouself is die beste geskenk wat jy vir iemand kan
gee.” – ‘n leseres van Gauteng.
In
hierdie boek Staan
op vir Jouself
vind jy ‘n praktiese gids met riglyne, asook hoop en
inspirasie, om weer jou verlore drome aan te gryp, en vir jouself op te
staan.
Jy sal leer hoe om oorwinning te behaal oor aspekte soos
teleurstelling,
probleme, spanning, krisistye, konflik, emosionele pyn, verslawing,
humeurige
mense, desperaatheid. Die boek is propvol wenke en riglyne vir
lewensvreugde,
drome en doelwitte, hoe om gelukkig te wees, ‘n positiewe
selfbeeld. Dit en
vele meer word in die 51 hoofstukke van die boek hanteer.
Dit
het tyd geword
om die juk van ‘n swak selfbeeld en verlore drome af te skud.
Moenie toelaat
dat jou eiewaarde verder in die stof vertrap word deur ander se
aanmerkings en
verwerping van jou idees nie. Die tyd het aangebreek vir die ontwaking
van jou
siel, liggaam en gees.
Staan
op vir
Jouself
– ‘n geskenk eerstens vir jouself. Maar ook vir
iemand vir wie jy
lief is en omgee, iemand wat dalk deur moeilike tye gaan,
finansiële probleme
ondervind, wat antwoorde soek op emosionele pyn, platgeslaan is deur
die lewe.
Staan
op vir
Jouself
het gegroei tot ‘n boek van 213 bladsye – dit is
dus ‘n lekker dik
boek – heelwat hoofstukke is bygewerk en gaan nou landwyd
versprei word in
boekwinkels. Die uitgewers is Naledi-uitgewers.
So gaan loer in by jou naaste boekwinkel en vra vir die boek. Indien
die
boekwinkel nie die boek het nie, vra dat hulle dit asseblief van Naledi-uitgewers
bestel. Meeste Exclusive
Boekwinkels het die boek op hul rakke en CNA het ook die boek vir hulle
takke
landswyd bestel. Indien ‘n winkel nie Staan
op vir Jouself op
die rak het
nie, kan
hulle dit van Naledi
bestel.
Die
Naledi-uitgewers
het ook die volgende inligting aan
my deurgegee:
Direkte verkope, vir onmiddellike en effektiewe uitvoer
van
bestellings van “Staan op vir
Jouself”, by On the
Dot: 0861 668 368
Of www.onthedot.co.za bestel by NALEDI
Prys van Staan op vir Jouself
: R139.00
( BTW ingsluit.)
As
spesiale vergunning vir Pitkos lesers kan
jy enige tyd vir
Johnny, die bemarkingsdirekteur van Naledi,
skakel by 071-850-8350.
Staan op vir Jouself omskryf die stappe na sukses, hoe om
weer te
begin, hoe om jou “comeback” te maak, weer jou
drome in die lewe te vind.
Staan op vir Jouself is ‘n wonderlike geskenk vir
iemand wat nie
meer hoop het op die lewe nie. Iemand wat moed opgegee het. Iemand wat
op
moedverloor se vlakte sit. Staan op vir Jouself is vir enige ouderdom
van jonk
tot ‘n honderd jaar. Ons kry fantastiese terugvoer van
matrikulante en studente
oor die boek. In hierdie boek is lewensvaardighede “life
skills” vervat wat as
kompas en handleiding vir die lewe dien. Indien jy vir ‘n
skoolverlater ‘n
geskenk wil gee, gee vir hom of haar Staan
op vir Jouself.
Het
jy op skool geleer hoe om ‘n krisis te
hanteer? Het jy geleer wat om te maak wanneer die storms van die lewe
oor jou
losbars en jy weet nie watter kant toe nie? In hierdie boek vind jy die
riglyne
hiervoor. Maar net vir krisisse nie, ook vir vrees, spanning, konflike,
emosionele pyn, probleme, depressie, verslawing, eensaamheid,
desperaatheid. Die
lewe gee nie vir jou ‘n handleiding hoe om dit te hanteer
nie. In Staan op vir Jouself
gaan jy
antwoorde vind.
Maar Staan
op vir Jouself
is veel wyer as dit. Hier gaan jy werklik leer wat is
dit om die ontwaking van my eie-ek te beleef, hoe om die pyn uit my
kinderjare
agter my te sit, en hoe om jou doelwitte en drome vir ‘n
vreugdevolle lewe te
formuleer en uit te leef. Jy sal leer van die doelwit-3-lyste, die
beginsels
van sukses, droombord, hoe om jou projek ‘n sukses te maak,
en nog baie meer.
Mense
sê dikwels vir jou dat jy positief moet
wees. Maar hulle kan
nie vir jou sê hóé doen ‘n
mens dit nie. In hierdie boek sal jy die sestien
stappe daartoe vind. Maar nog meer, advies vir ‘n gelukkige
menswees, tien
wenke vir ‘n beter lewe, hoe om jou dag vreugdevol te maak en
werklik nog baie
onderwerpe.
Daar
is een boek wat op jou boekrak tuishoort: Staan op vir
Jouself.
|