'n Sprankie Wysheid

Elke week by die nuusbrief plaas ons ook ‘n sprankie wysheid. Dis gewoonlik aanvullend tot die onderwerp wat in die nuusbrief bespreek word. Hier kry jy nou sommer so losstaande van die sprankies wyshede wat al in ons nuusbriewe verskyn het. Dis lekker om hierdeur te lees en miskien ietsie wyser te word.


“Die hekke van uitnemendheid is geolie met sweet.” – Katherine Paterson



“Hulle sê die beste huwelik is tussen ‘n dowe man en ‘n blinde vrou.” – Michel de Montagne

 


“Vir twee teenstrydige waarhede is die heelal te klein en die ewigheid te kort.” CJ Langenhoven

 


“Dit is nie die lengte van lewe nie, maar die diepte van lewe.” - Ralph Waldo Emerson

 


“Don’t just make a living, design a life.” – Jom Rohn

 


“If you want to be a great speaker, you can. You must start by asking yourself how important it really is to you. Let me emphasise once again, it is the most important skill that anybody with responsibility over others should master and, like all skills, it can be learnt.” – Richard Denny

 


“Hoekom kry ek altyd my beste idees onder die stort?” – Albert Einstein

 


“God roep ons allereers tot getrouheid.” Albert Hubbard

 


Om af te breek is geen kuns nie. ‘n Klein babetjie kan ‘n blommetjie verniel wat dit ‘n God gekos het om te maak.”- CJ Langenhoven

 


“Alles wat die menslike verstand kan glo, kan die menslike verstand uitvoer.” - Napoleon Hill 


 “Onmoontlike dinge verdwyn wanneer ‘n man en sy God ‘n berg konfronteer.” - Robert Schuller 


 “Jy sien dinge en vra ‘Hoekom?’ Ek droom dinge wat nooit was nie en sê ‘Hoekom nie?’” - George Bernard Shaw 


Die toekoms het verskeie name. Vir die swakkeling is dit die onmoontlike. Vir die wankelmoedige is dit die onbekende. Vir die denker en dappere is dit die ideaal.” - Victor Hugo 


 “Meng oortuiging met ‘n man en iets gebeur.” - Adam Clayton Powell


“Dit is baie beter om magtige dinge te waag, om triomfantlik oorwinnings te behaal, al is dit geklad met mislukkings, as om in die geledere te verkeer van arme siele wie nooit veel gely en ook nie veel geniet het nie, omrede daardie arme siele lewe in die grys skemerte wie nie oorwinning of nederlaag ken nie.” - Theodore Roosevelt


“My lewensleuse is: ‘The more I practise, the luckier I get.’ Dit geld in die gholfwêreld, maar ook ten ospigte van ‘n mens se gesondheid, geloof en geluk. God het my ‘n vermoë gegee waarvoor ek sy Naam moet prys en waarmee ek my beste moet doen.” – Gary Player


“Ek het die lewe van beroemde mans en vroue bestudeer, en gevind dat dié mans en vroue wat die hoogste sport bereik, het elke opgelegde taak met al die energie en entoesiasme tot hulle beskikking uitgevoer.” – Harry S. Truman


“God dobbel nie.” – Albert Einstein


“’n Jongmens is meer as ‘n klein kompertjie wat geprogrammeer moet word. Die eerste ding wat ‘n mens in sy lewe moet leer, is om lief te hê. Want slegs deur die liefde kan ‘n mens Mens word. Liefde vir die natuur. Liefde vir mense. Liefde vir alles wat swak en kwesbaar is.” – Phil Bosmans.


Doen soveel goed as wat jy kan, Op soveel maniere as wat jy kan, Op al die plekke wat jy kan, Op al die tye wat jy kan, Aan al die mense wat jy kan, Solank as jy kan.        John Wesley


“Daar is maar een oorsaak vir menslike mislukking en dit is die mens se gebrek aan vertroue in sy ware self.” William James

 


“Jy is nie alleen in jou gevoelens van ‘n lae selfbeeld nie: byna elkeen ervaar dit een of ander tyd.” – Patricia Cleghorn


“Dit is altyd aan julle gesê dat werk ‘n vloek en arbeid ‘n ramp is. Maar ek sê vir julle dan wanneer julle werk, julle een van die aarde se grootste drome verwesenlik wat aan julle toegewys was toe daardie droom gebore is, en deur te arbei, bewys julle werklik dat julle die lewe liefhet, en om die lewe deur arbeid lief te hê, is om intiem kennis te dra van die lewe se diepste geheim.” – Kahlil Gibran


“Die moderne lewe is ‘n druk gewoel, kletspraatjies en veranderlikheid. Die lewe wat die mens tot sy oorsprong terugvoer, behels eensaamheid en stilte.” – Donald Cornelis


“Julle is nie in julle liggame opgesluit nie, nog deur julle huise of velde ingekamp. Julle innerlike wese woon bokant die berge en swerf met die wind.”Kahlil Gibran.


“Een lewensreël geld deur die eeue: as een deur vir jou toegaan, gaan daar iewers ‘n ander een oop.”André Gide



Copyright © 2005 All rights reserved. Dr ST Potgieter
email: st@pitkos.co.za